Thursday, August 11, 2011

Wet op Arbeidsverhoudinge Deel 2

'n party se nie-nakoming van dié tydsvereiste kondoneer ná aanvoering van gegronde redes, en 'n versoek om arbitrasie wat deur die party nà verstryking van die 90-daetydperk ingedien is, toelaat.

[Par. (b) vervang by a. 9 (a) van Wet 127 van 1998.]

(2) 'n Kommissaris wat ingevolge subartikel (1) aangestel is, kan dieselfde kommissaris wees wat gepoog het om die geskil deur versoening te besleg.

(3) 'n Party by die geskil wat beswaar wil maak daarteen dat die arbitrasie ook gedoen word deur die kommissaris wat probeer het om die geskil deur versoening te besleg, kan dit doen deur 'n beswaar in dié verband by die Kommissie in te dien binne sewe dae ná die datum waarop die kommissaris se sertifikaat uitgereik is, en moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die beswaar beteken is aan al die ander partye by die geskil.

[Sub-a. (3) vervang by a. 9 (b) van Wet 127 van 1998.]

(4) Wanneer die Kommissie 'n beswaar ontvang, moet hy 'n ander kommissaris aanstel om die geskil deur arbitrasie te besleg.

(5) (a) Die partye by 'n geskil kan die Kommissie versoek om, by die aanstelling van 'n kommissaris ingevolge subartikel (1) of (4), hulle vermelde voorkeur in ag te neem in die mate wat dit onder al die omstandighede redelikerwys uitvoerbaar is.

(b) Die vermelde voorkeur beoog in paragraaf (a) moet-

(i) skriftelik wees;

(ii) nie meer as vyf kommissarisse lys nie;

(iii) verklaar dat die versoek gerig word met die instemming van al die partye by die geskil; en

(iv) voorgelê word binne 48 uur na die datum van die sertifikaat bedoel in subartikel (1) (a).

(6) Indien die omstandighede beoog in subartikel (1) bestaan en die partye by die geskil met 'n noodsaaklike diens gemoeid is, is die bepalings van artikel 135 (6), saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, van toepassing op die aanstelling van 'n kommissaris om die geskil deur arbitrasie te besleg.

[w66j1995a137]137 Aanstelling van senior kommissaris om geskil deur arbitrasie te besleg

(1) Enige party by 'n geskil kan, onder die omstandighede beoog in artikel 136 (1) by die direkteur aansoek doen om 'n senior kommissaris aan te stel om te poog om die geskil deur arbitrasie te besleg.

(2) By oorweging of die geskil na 'n senior kommissaris verwys moet word, moet die direkteur die party wat die aansoek doen, enige ander party by die geskil en die kommissaris wat gepoog het om die geskil te versoen, aanhoor.

(3) Die direkteur kan 'n senior kommissaris aanstel om die geskil deur arbitrasie te besleg, na oorweging-

(a) van die aard van die regsvrae wat uit die geskil na vore kom;

(b) van die ingewikkeldheid van die geskil;

(c) of daar botsende arbitrasietoekennings is wat ter sake is by die geskil; en

(d) van die openbare belang.

(4) Die direkteur moet die partye by die geskil van die besluit in kennis stel, en-

(a) indien die aansoek toegestaan is, 'n senior kommissaris aanstel om die geskil te arbitreer; of

(b) indien die aansoek geweier is, die aanstelling van die kommissaris wat aanvanklik aangestel is, bekragtig, behoudens artikel 136 (4).

[Par. (b) vervang by a. 37 van Wet 42 van 1996.]

(5) Die direkteur se besluit is finaal en bindend.

(6) Niemand mag by enige geregshof om die hersiening van die direkteur se besluit aansoek doen alvorens die geskil gearbitreer is nie.

[w66j1995a138]138 Algemene bepalings by arbitrasieverrigtinge

(1) Die kommissaris doen die arbitrasie op 'n wyse wat die kommissaris gepas beskou ten einde die geskil billik en spoedig te beslis, en moet die wesenlike meriete van die geskil met die mins moontlike regsformaliteite hanteer.

(2) Onderworpe aan die diskresie van die kommissaris wat betref die gepaste vorm vir die verrigtinge, kan 'n party by die geskil self getuienis aflê, getuies oproep om te getuig, die getuies van enige ander party ondervra, en afsluitingsbetoë aan die kommissaris rig.

(3) Indien al die partye daartoe instem, kan die kommissaris die arbitrasieverrigtinge opskort en poog om die geskil deur versoening te besleg.

(4) By enige arbitrasieverrigtinge kan 'n party by die geskil persoonlik verskyn of verteenwoordig word slegs deur-

(a) 'n regspraktisyn;

(b) 'n direkteur of werknemer van die party; of

(c) enige lid, ampsdraer of beampte van daardie party se geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie.

[Sub-a. (4) vervang by a.10 van Wet 127 van 1998.]

(5) Indien 'n party by die geskil in gebreke bly om óf persoonlik óf deur 'n verteenwoordiger by die arbitrasieverrigtinge teenwoordig te wees, en daardie party-

(a) die geskil na die Kommissie verwys het, kan die kommissaris die aangeleentheid afwys; of

(b) nie die geskil na die Kommissie verwys het nie, kan die kommissaris-

(i) voortgaan met die arbitrasieverrigtinge in die afwesigheid van die betrokke party; of

(ii) die arbitrasieverrigtinge tot 'n latere datum verdaag.

(6) Die kommissaris moet enige goeie praktykskode wat deur NEOAR uitgereik is of riglyne wat deur die Kommissie ooreenkomstig die bepalings van hierdie Wet gepubliseer is en wat tersaaklik is by 'n aangeleentheid wat in die arbitrasieverrigtinge oorweeg word, in aanmerking neem.

(7) Binne 14 dae na die afloop van die arbitrasieverrigtinge-

(a) moet die kommissaris 'n arbitrasietoekenning met bondige redes, wat deur daardie kommissaris onderteken is, uitreik;

(b) moet die Kommissie 'n afskrif van daardie toekenning beteken aan elke party by die geskil of die persoon wat 'n party by die arbitrasieverrigtinge verteenwoordig het; en

(c) moet die Kommissie die oorspronklike van daardie toekenning by die griffier van die Arbeidshof indien.

(8) Die direkteur kan die tydperk waarin die arbitrasietoekenning en redes beteken en ingedien moet word, na aanvoering van gegronde redes verleng.

(9) Die kommissaris kan enige gepaste arbitrasietoekenning ingevolge hierdie Wet maak, wat insluit, maar nie beperk is nie tot, 'n toekenning-

(a) wat aan enige kollektiewe ooreenkoms uitvoering gee;

(b) wat aan die bepalings en hoofoogmerke van hierdie Wet uitvoering gee;

(c) wat 'n verklarende bevel insluit of in die vorm daarvan is.

(10) Die kommissaris mag nie 'n kostebevel in die arbitrasietoekenning insluit nie tensy 'n party, of die persoon wat die party in die abitrasieverrigtinge verteenwoordig het, op beuselagtige of kwelsugtige wyse opgetree het-

(a) deur die geskil by die arbitrasieverrigtinge voort te sit of te verdedig; of

(b) deur die betrokkene se gedrag tydens die arbitrasieverrigtinge.

[w66j1995a139]139 Spesiale bepalings vir arbitrasie van geskille by noodsaaklike dienste

(1) Indien 'n geskil oor 'n aangeleentheid van onderlinge belang tot arbitrasie vorder en enige party met 'n noodsaaklike diens gemoeid is-

(a) moet die kommissaris, binne 30 dae vanaf datum van die sertifikaat bedoel in artikel 136 (1) (a), of binne die langer tydperk waarop die partye by die geskil onderling ooreengekom het, die arbitrasie afhandel en 'n arbitrasietoekenning met bondige redes, wat deur daardie kommissaris onderteken is, uitreik;

(b) moet die Kommissie 'n afskrif van daardie toekenning laat beteken aan elke party by die geskil of die persoon wat 'n party by die arbitrasieverrigtinge verteenwoordig het; en

(c) moet die Kommissie die oorspronklike van daardie toekenning by die griffier van die Arbeidshof liasseer.

(2) Die kommissaris mag nie 'n kostebevel by die arbitrasietoekenning insluit nie, tensy 'n party, of die persoon wat die party by die arbitrasieverrigtinge verteenwoordig het, deur die betrokkene se gedrag tydens die arbitrasieverrigtinge, op 'n beuselagtige of kwelsugtige wyse opgetree het.

[w66j1995a140]140 Spesiale bepalings vir arbitrasies oor ontslag weens redes in verband met gedrag, geskiktheid of bekwaamheid

(1) Indien 'n geskil wat gearbitreer word, verband hou met die billikheid van 'n ontslag en 'n party beweer het dat die rede vir die ontslag verband hou met die werknemer se gedrag of geskiktheid of bekwaamheid, is die partye, ondanks artikel 138 (4), nie geregtig om by die arbitrasieverrigtinge deur 'n regspraktisyn verteenwoordig te word nie, tensy-

(a) die kommissaris en al die ander partye instem; of

(b) die kommissaris tot die slotsom raak dat dit onredelik is om van 'n party te verwag om sonder regsverteenwoordiging met die geskil te handel, na inagneming van-

(i) die aard van die regsvrae wat uit die geskil na vore kom;

(ii) die ingewikkeldheid van die geskil;

(iii) die openbare belang; en

(iv) die vergelykende vermoëns van die opponerende partye of hulle verteenwoordigers om die arbitrasie van die geskil te hanteer.

(2) Indien die kommissaris, ingevolge artikel 194 (1), bevind dat die ontslag prosedureel onbillik was, kan die kommissaris van die werkgewer 'n arbitrasiegeld vorder.

[w66j1995a141]141 Beslegting van geskille indien partye instem tot arbitrasie onder beskerming van Kommissie

(1) Indien 'n geskil na versoening steeds onbesleg is, moet die Kommissie die geskil arbitreer indien 'n party by die geskil andersins daarop geregtig sou wees om die geskil vir beregting na die Arbeidshof te verwys, en al die partye, in plaas daarvan, ooreenkom op arbitrasie onder beskerming van die Kommissie.

(2) Die arbitrasieverrigtinge geskied ooreenkomstig die bepalings van artikels 136, 137 en 138, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is.

(3) Die arbitrasie-ooreenkoms in subartikel (1) beoog, mag slegs met die instemming van al die partye by daardie ooreenkoms beëindig word tensy die ooreenkoms self anders bepaal.

(4) 'n Party by die arbitrasie-ooreenkoms kan te eniger tyd by die Arbeidshof aansoek doen om daardie ooreenkoms te wysig of tersyde te stel, wat die Hof na aanvoering van gegronde redes kan doen.

(5) (a) Indien 'n party by 'n arbitrasie-ooreenkoms verrigtinge in die Arbeidshof aanhangig maak teen enige ander party by daardie ooreenkoms oor 'n aangeleentheid wat die partye ooreengekom het om na arbitrasie te verwys, kan enige party by daardie verrigtinge die Hof versoek-

(i) om daardie verrigtinge op te skort en die geskil na arbitrasie te verwys; of

(ii) met die instemming van die partye en mits dit doenlik is, om met die verrigtinge voort te gaan met die Hof wat as arbiter optree, in welke geval die Hof net 'n bevel mag maak wat ooreenstem met die toekenning wat die arbiter sou kon gemaak het.

(b) Indien die Hof oortuig is dat daar voldoende rede is om die geskil ooreenkomstig die arbitrasie-ooreenkoms na arbitrasie te verwys, kan die Hof daardie verrigtinge op enige voorwaardes opskort.

(6) Indien die bepalings van subartikel (1) van toepassing is, kan die kommissaris 'n toekenning maak wat die Arbeidshof sou kon gemaak het.

[Sub-a. (6) gewysig by a. 39 van Wet 42 van 1996.]

[w66j1995a142]142 Bevoegdhede van kommissaris wanneer gepoog word om geskille te besleg

(1) 'n Kommissaris wat aangestel is om te poog om 'n geskil te besleg, kan-

(a) iemand vir ondervraging dagvaar wat in staat mag wees om inligting te verskaf of wie se teenwoordigheid by die versoenings- of arbitrasieverrigtinge kan meewerk om die geskil te besleg;

(b) iemand dagvaar wat na vermoede in besit is van of beheer het oor enige boek, dokument of voorwerp wat vir die beslegting van die geskil ter sake is, om voor die kommissaris te verskyn om ondervra te word of daardie boek, dokument of voorwerp oor te lê;

(c) 'n deskundige oproep en, indien nodig, dagvaar, om voor die kommissaris te verskyn om getuienis af te lê wat vir die beslegting van die geskil ter sake is;

(d) iemand wat by die versoenings- of arbitrasieverrigtinge teenwoordig is of wat gedagvaar is of gedagvaar sou kon word vir enige doel in hierdie artikel uiteengesit, oproep om ondervra te word oor 'n aangeleentheid wat by die geskil ter sake is;

(e) 'n eed oplê aan of 'n bevestiging afneem van 'n persoon wat opgeroep is om getuienis af te lê of ondervra te word;

(f) te eniger redelike tyd, maar slegs na verkryging van die nodige skriftelike magtiging-

(i) enige perseel waarin of waarop 'n boek, dokument of voorwerp wat ter sake is by die beslegting van die geskil, te vinde is of op redelike gronde vermoed word te vinde te wees, binnegaan of betree en inspekteer; en

(ii) enige boek, dokument of voorwerp wat op of in daardie perseel is en wat ter sake is by die beslegting van die geskil, ondersoek, of vereis dat dit oorgelê word en daarop beslag lê; en

(iii) 'n verklaring ten opsigte van enige aangeleentheid wat by die beslegting van die geskil ter sake is, afneem van enigiemand op die perseel wat bereid is om 'n verklaring af te lê; en

[Sub-par. (iii) bygevoeg by a. 40 van Wet 42 van 1996.]

(g) enige van die boeke, dokumente of voorwerpe wat oorgelê is aan, of in beslag geneem is deur, die Kommissie, ondersoek en dit vir 'n redelike tydperk behou.

(2) 'n Dagvaarding wat vir enige doel ingevolge subartikel (1) uitgereik word, moet deur die direkteur onderteken word en moet-

(a) die persoon daarin genoem spesifiek aansê om voor die kommissaris te verskyn;

(b) die boek, dokument of voorwerp wat oorgelê moet word, voldoende identifiseer; en

(c) die datum en tyd waarop en die plek waar daardie persoon moet verskyn, vermeld.

(3) Die skriftelike magtiging bedoel in subartikel (1) (f)-

(a) indien dit op 'n woonperseel betrekking het, mag net deur 'n regter van die Arbeidshof, met behoorlike inagneming van artikel 13 van die Grondwet, gegee word en dan net op aansoek van die kommissaris waarin onder eed of bevestiging die volgende inligting uiteengesit word-

(i) die aard van die geskil;

(ii) die tersaaklikheid van enige boek, dokument of voorwerp vir die beslegting van die geskil;

(iii) die aanwesigheid van enige boek, dokument of voorwerp op of in daardie perseel; en

(iv) die nodigheid vir die betreding, en om die boek, dokument of voorwerp te ondersoek of daarop beslag te lê; en

(b) kan, in alle ander gevalle, deur die direkteur gegee word.

(4) Die eienaar of bewoner van enige perseel wat 'n kommissaris gemagtig is om te betree en te inspekteer, en elke persoon in diens van daardie eienaar of bewoner, moet enige geriewe verskaf wat 'n kommissaris benodig om die perseel te betree en om 'n inspeksie of beslaglegging uit te voer.

(5) Die kommissaris moet 'n kwitansie uitreik vir enige boek, dokument of voorwerp waarop ingevolge subartikel (4) beslag gelê is.

(6) Die reg met betrekking tot privilegie soos van toepassing op 'n getuie wat gedagvaar is om voor 'n geregshof getuienis af te lê of 'n boek, dokument of voorwerp oor te lê, is eweseer van toepassing op die ondervraging van 'n persoon of die oorlê van, of beslaglegging op 'n boek, dokument of voorwerp ingevolge hierdie artikel.

(7) Die Kommissie moet die voorgeskrewe getuiegelde aan elke persoon betaal wat voor 'n kommissaris verskyn ter voldoening aan 'n getuiedagvaarding deur die kommissaris uitgereik.

(8) 'n Persoon pleeg minagting van die Kommissie-

(a) indien, nadat die persoon gedagvaar is om voor die kommissaris te verskyn, die persoon sonder gegronde redes nie teenwoordig is op die tyd en plek in die dagvaarding vermeld nie;

(b) indien 'n persoon, na verskyning ter voldoening aan 'n getuiedagvaarding, in gebreke bly om teenwoordig te bly totdat die persoon deur die kommissaris verskoon word;

(c) deur te weier om die eed af te lê of om 'n bevestiging as getuie te doen wanneer 'n kommissaris dit vereis;

(d) deur te weier om enige vraag volledig en na daardie persoon se beste kennis en wete te beantwoord, behoudens subartikel (6);

(e) indien die persoon, sonder goeie rede, in gebreke bly om 'n boek, dokument of voorwerp wat in die getuiedagvaarding vermeld is, aan 'n kommissaris oor te lê;

(f) indien die persoon 'n kommissaris opsetlik verhinder om enige werksaamheid te verrig wat by of ingevolge hierdie Wet verleen of opgelê word;

(g) indien die persoon 'n kommissaris beledig, neerhaal of kleineer, of die verrigtinge benadeel of op onbehoorlike wyse beïnvloed of onbehoorlikerwys die kommissaris se toekenning vooruitloop;

(h) deur opsetlik die versoenings- of arbitrasieverrigtinge te ontwrig of deur enige ander wangedrag tydens daardie verrigtinge te pleeg;

(i) deur enigiets anders met betrekking tot die Kommissie te doen wat, indien dit met betrekking tot 'n geregshof gedoen was, minagting van die hof sou uitgemaak het.

(9) Die Kommissie kan enige minagtingsaangeleentheid na die Arbeidshof verwys vir 'n gepaste bevel.

[w66j1995a143]143 Uitwerking van arbitrasietoekennings

(1) 'n Arbitrasietoekenning deur 'n kommissaris gemaak en uitgereik, is finaal en bindend en kan ingevolge artikel 158 (1) (c) 'n bevel van die Arbeidshof gemaak word, tensy dit 'n adviserende arbitrasietoekenning is.

(2) Indien 'n arbitrasietoekenning 'n party gelas om 'n som geld te betaal, verdien die bedrag rente vanaf die datum van die toekenning en teen dieselfde koers as die koers wat van tyd tot tyd ingevolge artikel 2 van die Wet op die Voorgeskrewe Rentekoers, 1975 (Wet 55 van 1975), ten opsigte van 'n vonnisskuld voorgeskryf word, tensy die toekenning anders bepaal.

[w66j1995a144]144 Wysiging en opheffing van arbitrasietoekennings

(1) 'n Kommissaris wat 'n arbitrasietoekenning uitgereik het, kan op eie inisiatief of op aansoek van enige geaffekteerde party, 'n arbitrasietoekenning verander of ophef-

(a) wat verkeerdelik aangevra of verkeerdelik gemaak is in die afwesigheid van enige party wat deur daardie toekenning geraak word;

(b) waarin daar 'n dubbelsinnigheid of 'n klaarblyklike fout of weglating is, maar net in die mate van dié dubbelsinnigheid, fout of weglating; of

(c) wat gemaak is as gevolg van 'n mistasting gemeen aan al die partye by die verrigtinge.

[w66j1995a145]145 Hersiening van arbitrasietoekennings

(1) 'n Party by 'n geskil wat beweer dat daar 'n gebrek is in enige arbitrasieverrigtinge onder beskerming van die Kommissie, kan by die Arbeidshof aansoek doen om 'n bevel wat die arbitrasietoekenning tersyde stel-

(a) binne ses weke na die datum waarop die toekenning aan die aansoeker beteken is, tensy korrupsie by die vermeende gebrek betrokke is; of

(b) indien korrupsie by die vermeende gebrek betrokke is, binne ses weke na die datum waarop die aansoeker die korrupsie ontdek.

(2) 'n Gebrek soos in subartikel (1) bedoel, beteken-

(a) dat-

(i) die kommissaris wangedrag gepleeg het met betrekking tot die pligte van die kommissaris as arbiter;

(ii) die kommissaris 'n growwe onreëlmatigheid begaan het by die voer van die arbitrasieverrigtinge; of

(iii) die kommissaris se bevoegdhede gedurende die arbitrasie oorskry is; of

(b) dat 'n toekenning onbehoorlik verkry is.

(3) Die Arbeidshof kan die afdwinging van die toekenning hangende sy beslissing, opskort.

(4) Indien die toekenning tersyde gestel word, kan die Arbeidshof-

(a) die geskil beslis op die wyse wat hy gepas ag; of

(b) enige bevel uitreik wat hy gepas ag oor die prosedure wat gevolg moet word ten einde die geskil te besleg.

[w66j1995a146]146 Uitsluiting van Wet op Arbitrasie

Die Wet op Arbitrasie, 1965 (Wet 42 van 1965), is nie op enige arbitrasie onder beskerming van die Kommissie van toepassing nie.

[w66j1995a147]147 Verrigting van geskilbeslegtingswerksaamhede deur Kommissie in buitengewone omstandighede

(1) (a) Indien dit in enige stadium nadat 'n geskil na die Kommissie verwys is, blyk dat die geskil oor die interpretasie of toepassing van 'n kollektiewe ooreenkoms handel, kan die Kommissie-

(i) die geskil verwys vir beslegting ooreenkomstig die prosedures waarvoor in daardie kollektiewe ooreenkoms voorsiening gemaak word; of

(ii) 'n kommissaris aanstel of, indien een alreeds aangestel is, die aanstelling van die kommissaris bekragtig, om die geskil ingevolge hierdie Wet te besleg.

(b) Die Kommissie kan van die partye by 'n kollektiewe ooreenkoms 'n geld vorder vir die verrigting van geskilbeslegtingswerksaamhede indien-

(i) hul kollektiewe ooreenkoms nie 'n prosedure bepaal soos in artikel 24 (1)* vereis nie; of

(ii) die prosedure in die kollektiewe ooreenkoms bepaal, nie in werking is nie.

(c) Die Kommissie kan van 'n party by 'n kollektiewe ooreenkoms 'n geld vorder indien daardie party die beslegting van die geskil gedwarsboom het.

(2) (a) Indien dit in enige stadium nadat 'n geskil na die Kommissie verwys is, blyk dat die partye by die geskil partye is by 'n raad, kan die Kommissie-

(i) die geskil na die raad vir beslegting verwys; of

(ii) 'n kommissaris aanstel of, indien een alreeds aangestel is, die aanstelling van die kommissaris bekragtig, om die geskil ingevolge hierdie Wet te besleg.

(b) Die Kommissie kan van die partye by 'n raad 'n geld vorder vir die verrigting van die geskilbeslegtingswerksaamhede indien die raad se geskilbeslegtingsprosedure nie in werking is nie.

(3) (a) Indien dit in enige stadium nadat 'n geskil na die Kommissie verwys is, blyk dat die partye by die geskil binne die geregistreerde bestek van 'n raad val en dat een of meer van die partye by die geskil nie partye by die raad is nie, kan die Kommissie-

(i) die geskil na die raad vir beslegting verwys; of

(ii) 'n kommissaris aanstel of, indien een alreeds aangestel is, die aanstelling van die kommissaris bekragtig, om daardie geskil ingevolge hierdie Wet te besleg.

(b) Die Kommissie kan van die partye by 'n raad 'n geld vorder vir die verrigting van die geskilbeslegtingswerksaamhede indien die raad se geskilbeslegtingsprosedure nie in werking is nie.

(4) (a) Indien 'n geskil na die Kommissie verwys is en nie al die partye by die geskil binne die geregistreerde bestek van 'n raad of binne die geregistreerde bestek van twee of meer rade val nie, moet die Kommissie die geskil ingevolge hierdie Wet besleg.

(b) Die Kommissie het, in die omstandighede in paragraaf (a) beoog, uitsluitende bevoegdheid om daardie geskil te besleg.

(5) (a) Indien dit in enige stadium nadat 'n geskil na die Kommissie verwys is, blyk dat die geskil na 'n geakkrediteerde agentskap verwys moes gewees het, kan die Kommissie-

(i) die geskil na die geakkrediteerde agentskap vir beslegting verwys; of

(ii) 'n kommissaris aanstel om die geskil ingevolge hierdie Wet te besleg.

[Par. (a) gewysig by a. 41 (a) van Wet 42 van 1996.]

(b) Die Kommissie kan-

(i) van die geakkrediteerde agentskap 'n geld vorder vir die verrigting van die geskilbeslegtingswerksaamhede indien die geakkrediteerde agentskap se geskilbeslegtingsprosedures nie in werking is nie; en

(ii) die voortgesette akkreditering van daardie agentskap in hersiening neem.

(6) Indien dit in enige stadium nadat 'n geskil na die Kommissie verwys is, blyk dat die geskil, ingevolge 'n private ooreenkoms tussen die partye by die geskil, besleg moes word deur private geskilbeslegting, kan die Kommissie-

(a) die geskil na die toepaslike persoon of liggaam vir beslegting deur private geskilbeslegtingsprosedures verwys; of

(b) 'n kommissaris aanstel om daardie geskil ingevolge hierdie Wet te besleg.

[Sub-a. (6) vervang by a. 41 (b) van Wet 42 van 1996.]

(7) Waar die Kommissie ingevolge hierdie artikel 'n geskil na 'n ander persoon of liggaam as 'n 'n kommissaris verwys, word die datum van die Kommissie se aanvanklike ontvangs van die geskil geag die datum te wees waarop die Kommissie die geskil elders verwys het.

(8) Die Kommissie kan enige van die geskilbeslegtingswerksaamhede van 'n raad of 'n geakkrediteerde agentskap wat deur die raad aangestel is, verrig indien die raad of geakkrediteerde agentskap nalaat om sy geskilbeslegtingswerksaamhede te verrig in omstandighede waar daar regtens 'n verpligting bestaan om dit te verrig.

[Sub-a. (8) bygevoeg by a. 41 (c) van Wet 42 van 1996.]

(9) By die toepassing van subartikels (2) en (3) beteken 'n party by 'n raad ook die lede van 'n geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie wat 'n party by die raad is.

[Sub-a. (9) bygevoeg by a. 41 (c) van Wet 42 van 1996.]

[w66j1995a148]148 Kommissie kan advies verskaf

(1) Die Kommissie kan, indien daarom gevra, enige party by 'n geskil adviseer oor die prosedure wat gevolg moet word vir die beslegting van daardie geskil ingevolge hierdie Wet.

(2) Die Kommissie kan, in reaksie op 'n versoek om advies, die advies gee wat hy gepas ag.

[w66j1995a149]149 Kommissie kan bystand lewer

(1) Indien daarom gevra, kan die Kommissie 'n werknemer of werkgewer wat 'n party by 'n geskil is, bystaan-

(a) om, saam met die Regshulpraad*, te reël vir die advies of bystand van 'n regspraktisyn;

(b) om, saam met die Regshulpraad, te reël dat 'n regspraktisyn-

(i) poog om die instelling van enige verrigtinge teen 'n werknemer of werkgewer ingevolge hierdie Wet, te vermy;

(ii) poog om enige verrigtinge wat ingevolge hierdie Wet teen die werknemer of werkgewer ingestel is, te skik;

(iii) namens die werknemer of werkgewer enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet instel;

(iv) namens die werknemer of werkgewer enige verrigtinge wat ingevolge hierdie Wet teen die werknemer of die werkgewer ingestel is, verdedig of teenstaan; of

(c) deur enige ander vorm van bystand te verleen wat die Kommissie gepas ag.

(2) Die Kommissie kan die bystand bedoel in subartikel (1) verleen na oorweging-

(a) van die aard van die regsvrae wat uit die geskil na vore kom;

(b) van die ingewikkeldheid van die geskil;

(c) of daar botsende arbitrasietoekennings is wat ter sake is by die geskil; en

(d) van die openbare belang.

(3) So gou doenlik na ontvangs van 'n versoek ingevolge subartikel (1), maar nie later as 30 dae na die datum waarop die Kommissie die versoek ontvang het nie, moet die Kommissie die aansoeker skriftelik inlig of hy die aansoeker sal bystaan, al dan nie, en, indien wel, watter vorm die bystand sal aanneem.

[w66j1995a150]150 Kommissie kan aanbied om geskil deur versoening te besleg

(1) Indien die Kommissie bewus is van 'n geskil wat nie na hom verwys is nie, en indien die beslegting van die geskil in die openbare belang sou wees, kan die Kommissie aanbied om 'n kommissaris aan te stel om te poog om die geskil deur versoening te besleg.

(2) Die Kommissie kan 'n kommissaris slegs aanstel indien al die partye by die geskil daartoe instem.

DEEL D
ARBEIDSHOF (aa 151-166)

[w66j1995a151]151 Instelling en status van Arbeidshof

(1) Die Arbeidshof word hierby ingestel as 'n geregshof en 'n hof van ekwiteit.

[Sub-a. (1) gewysig by a. 11 van Wet 127 van 1998.]

(2) Die Arbeidshof is 'n hoërhof wat, met betrekking tot die aangeleenthede onder sy jurisdiksie, beskik oor gesag, inherente bevoegdhede en status wat gelykwaardig is aan dié waaroor 'n hof van 'n provinsiale afdeling van die Hooggeregshof met betrekking tot die aangeleenthede onder sy jurisdiksie, beskik.

(3) Die Arbeidshof is 'n hof van rekord.

[w66j1995a152]152 Samestelling van Arbeidshof

(1) Die Arbeidshof bestaan uit-

(a) 'n Regter-president;

(b) 'n Adjunk-regter-president; en

(c) soveel regters as wat die President, handelende op advies van NEOAR en in oorleg met die Minister van Justisie en die Regter-president van die Arbeidshof, nodig ag.

(2) Die Arbeidshof word gekonstitueer voor 'n enkele regter.

(3) Die Arbeidshof kan in soveel afsonderlike howe sit as waarvoor daar regters beskikbaar is.

[w66j1995a153]153 Aanstelling van regters van Arbeidshof

(1) (a) Die President, handelende op advies van NEOAR en die Regterlike Dienskommissie waarvoor in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996), voorsiening gemaak word (in hierdie Deel en Deel E die Regterlike Dienskommissie genoem), en na oorlegpleging met die Minister van Justisie, moet die Regter-president van die Arbeidshof aanstel.

[Par. (a) vervang by a. 12 (a) (i) van Wet 127 van 1998.]

(b) Die President, handelende op advies van NEOAR en die Regterlike Dienskommissie, en na oorleg met die Minister van Justisie en die Regter-president van die Arbeidshof, moet die Adjunk-regter-president van die Arbeidshof aanstel.

[Par. (b) gewysig by a. 12 (a) (ii) van Wet 127 van 1998.]

(2) Die Regter-president en die Adjunk-regter-president van die Arbeidshof-

(a) moet regters van die Hooggeregshof wees; en

(b) moet kundig, ervare en bedrewe wees in arbeidsreg.

(3) Die Adjunk-regter-president moet as Regter-president van die Arbeidshof optree indien die Regter-president om enige rede nie in staat is om dit te doen nie.

(4) Die President, handelende op advies van NEOAR en die Regterlike Dienskommissie, en na oorleg met die Minister van Justisie en die Regter-president van die Arbeidshof, kan een of meer persone wat aan die vereistes van subartikel (6) voldoen, aanstel as regters van die Arbeidshof.

[Sub-a. (4) gewysig by a. 12 (b) van Wet 127 van 1998.]

(5) Die Minister van Justisie, na oorleg met die Regter-president van die Arbeidshof, kan een of meer persone wat aan die vereistes van subartikel (6) voldoen, aanstel as waarnemende regters van die Arbeidshof vir die tydperk wat die Minister van Justisie in elke geval bepaal.

[Sub-a. (5) vervang by a. 42 (a) van Wet 42 van 1996.]

(6) 'n Regter van die Arbeidshof-

(a) (i) moet 'n regter van die Hoë Hof wees; of

[Sub-par. (i) gewysig by a. 12 (c) van Wet 127 van 1998.]

(ii) moet 'n persoon wees wat 'n regspraktisyn is; en

[Sub-par. (ii) vervang by a. 42 (b) van Wet 42 van 1996.]

(b) moet kundig, ervare en bedrewe wees in arbeidsreg.

[Datum van inwerkingtreding van a. 153: 1 Januarie 1996.]

[w66j1995a154]154 Ampsbekleding, besoldiging en aanstellingsbedinge en -voorwaardes van regters van Arbeidshof

(1) 'n Regter van die Arbeidshof word aangestel vir 'n tydperk wat deur die President ten tyde van aanstelling bepaal word.

(2) 'n Regter van die Arbeidshof kan bedank deur skriftelik kennis aan die President te gee.

(3) (a) Die amp van 'n regter van die Arbeidshof wat ook 'n regter van die Hoë Hof is, raak vakant-

(i) wanneer die regter se ampstermyn in die Arbeidshof verstryk;

(ii) wanneer die regter se bedanking van krag word;

(iii) wanneer die regter van die amp onthef word;

(iv) wanneer die regter ophou om 'n regter van die Hoë Hof te wees; of

(v) wanneer die regter te sterwe kom.

(b) Die amp van 'n ander regter van die Arbeidshof raak vakant-

(i) wanneer die regter se ampstermyn verstryk;

(ii) wanneer die regter se bedanking van krag word;

(iii) wanneer die regter van die amp onthef word; of

(iv) wanneer die regter te sterwe kom.

[Sub-a. (3) gewysig by a. 13 van Wet 127 van 1998.]

(4) Die ampsbekleding en die besoldiging en aanstellingsbedinge en -voorwaardes wat ten opsigte van 'n regter van die Hoë Hof van toepassing is ingevolge die Wet op Besoldiging en Diensvoorwaardes van Regters, 1989 (Wet 88 van 1989), word nie geraak deur daardie regter se aanstelling en gelyktydige ampsbekleding as 'n regter van die Arbeidshof nie.

[Sub-a. (4) gewysig by a. 13 van Wet 127 van 1998.]

(5) (a) Die besoldiging betaalbaar aan 'n regter van die Arbeidshof wat 'n persoon is soos bedoel in artikel 153 (6) (a) (ii), is dieselfde as dié wat aan 'n regter van die Hoë Hof betaalbaar is.

[Par. (a) vervang by a. 43 (a) van Wet 42 van 1996.]

(b) Die aanstellingsbedinge en -voorwaardes van 'n regter van die Arbeidshof in paragraaf (a) bedoel, is dieselfde as dié van 'n regter van die Hoë Hof.

[Sub-a. (5) gewysig by a. 13 van Wet 127 van 1998.]

(6) Iemand wat as 'n regter van die Arbeidshof aangestel is en wat nie ook 'n regter van die Hoë Hof is nie, kan die werksaamhede van 'n regter van die Arbeidshof verrig slegs na aflegging van 'n eed of plegtige verklaring in die voorgeskrewe vorm voor die Regter-president van die Arbeidshof.

[Sub-a. (6) gewysig by a. 13 van Wet 127 van 1998.]

(7) (a) 'n Regter van die Arbeidshof wat ook 'n regter van die Hoë Hof is-

(i) kan uit die amp van regter van die Arbeidshof onthef word slegs indien daardie persoon eers uit die amp van regter van die Hoë Hof onthef is; en

(ii) moet, na ontheffing uit die amp van regter van die Hoë Hof uit die amp van regter van die Arbeidshof onthef word.

(b) Die President, handelende op advies van NEOAR, en in oorleg met die Minister van Justisie en die Regter-president van die Arbeidshof, kan enige ander regter van die Arbeidshof van sy amp onthef weens onbehoorlike gedrag, ongeskiktheid of onbekwaamheid.

[Sub-a. (7) gewysig by a. 13 van Wet 127 van 1998.]

(8) Ondanks die verstryking van die tydperk waarvoor 'n persoon as 'n regter van die Arbeidshof aangestel is, kan dié persoon voortgaan om die werksaamhede van 'n regter van daardie Hof te verrig en in alle opsigte as sodanig gereken te word, slegs-

(a) vir doeleindes van die afhandeling van enige verrigtinge waarin daardie persoon as 'n regter van daardie Hof deelgeneem het en wat by die verstryking van daardie persoon se aanstelling steeds hangende is of wat, nadat dit óf voor óf na die verstryking van daardie persoon se aanstelling aldus afgehandel is, heropen is; en

(b) vir so lank as wat daardie persoon noodsaaklikerwys betrokke sal wees in verband met die afhandeling van die verrigtinge wat aldus hangende of heropen is.

[Sub-a. (8) bygevoeg by a. 43 (b) van Wet 42 van 1996.]

(9) Die bepalings van subartikels (2) tot (8), saamgelees met die veranderings wat in die konteks nodig is, is van toepassing op waarnemende regters ingevolge artikel 153 (5) aangestel.

[Sub-a. (9) bygevoeg by a. 43 (b) van Wet 42 van 1996.]
[Datum van inwerkingtreding van a. 154: 1 Januarie 1996.]

[w66j1995a155]155 Beamptes van Arbeidshof

(1) Die Minister van Justisie stel, behoudens die wette ter reëling van die staatsdiens, die volgende beamptes van die Arbeidshof aan-

(a) iemand met ondervinding en bedrewenheid in arbeidsreg en administrasie, as die griffier van die Arbeidshof; en

(b) een of meer adjunkgriffiers en soveel ander beamptes van die Arbeidshof as wat die regsadministrasie vereis.

(2) (a) Die beamptes van die Arbeidshof moet, onder toesig en beheer van die griffier van daardie Hof, die administratiewe werksaamhede van die Arbeidshof verrig.

(b) 'n Adjunkgriffier van die Arbeidshof kan enige van die werksaamhede van die griffier van daardie Hof verrig wat in die algemeen of spesifiek aan die adjunkgriffier gedelegeer is.

(3) Die adjunkgriffier van die Arbeidshof of, indien daar meer as een is, die mees senior van hulle, neem as griffier van die Arbeidshof waar wanneer ook al-

(a) die griffier uit die Republiek of van diens afwesig is of om enige rede tydelik nie in staat is om die werksaamhede van griffier te verrig nie; of

(b) die amp van griffier vakant is.

(4) Die beamptes van die Arbeidshof moet sekretariële en administratiewe bystand aan die Reëlsraad vir Arbeidshowe verleen.

[Datum van inwerkingtreding van a. 155: 1 Januarie 1996.]

[w66j1995a156]156 Regsgebied en setel van Arbeidshof

(1) Die Arbeidshof het jurisdiksie in al die provinsies van die Republiek.

(2) Die Minister van Justisie, handelende op advies van NEOAR, bepaal die setel van die Arbeidshof.

(3) Die werksaamhede van die Arbeidshof kan op enige plek in die Republiek verrig word.

[Datum van inwerkingtreding van a. 156: 1 Januarie 1996.]

[w66j1995a157]157 Jurisdiksie van Arbeidshof

(1) Behoudens die Grondwet en artikel 173, en behalwe waar hierdie Wet anders bepaal, het die Arbeidshof uitsluitende jurisdiksie ten opsigte van alle aangeleenthede wat elders ingevolge hierdie Wet of ingevolge enige ander wet deur die Arbeidshof beslis moet word.

(2) Die Arbeidshof het konkurrente jurisdiksie met die Hoë Hof ten opsigte van 'n beweerde of dreigende skending van enige fundamentele reg in Hoofstuk 2 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, verskans wat voortspruit uit-

(a) indienshouding of indiensneming, en uit arbeidsverhoudinge;

(b) 'n geskil oor die grondwetlikheid van enige uitvoerende of administratiewe handeling of optrede, of enige dreigende uitvoerende of administratiewe handeling of optrede, deur die Staat in sy hoedanigheid as 'n werkgewer; en

(c) die toepassing van enige wet vir die uitvoering waarvan die Minister verantwoordelik is.

[Sub-a. (2) vervang by a. 14 van Wet 127 van 1998.]

(3) Enige verwysing in die Wet op Arbitrasie, 1965 (Wet 42 van 1965), na die hof moet geïnterpreteer word as verwysende na die Arbeidshof wanneer 'n arbitrasie ingevolge daardie Wet gevoer word ten opsigte van enige geskil wat ingevolge hierdie Wet na arbitrasie verwys word.

(4) (a) Die Arbeidshof kan weier om enige geskil voor hom, behalwe op appèl of hersiening, te beslis indien die Hof nie oortuig is dat 'n poging aangewend is om die geskil deur versoening te besleg nie.

(b) 'n Sertifikaat uitgereik deur 'n kommissaris of 'n raad waarin verklaar word dat 'n geskil steeds onbesleg is, is voldoende bewys dat 'n poging aangewend is om daardie geskil deur versoening te besleg.

(5) Behalwe soos in artikel 158 (2) bepaal, het die Arbeidshof nie jurisdiksie om 'n onbeslegte geskil te bereg indien hierdie Wet vereis dat die geskil deur arbitrasie besleg moet word nie.

[w66j1995a158]158 Bevoegdhede van Arbeidshof

(1) Die Arbeidshof kan-

(a) enige gepaste bevel uitreik, insluitende-

(i) die toestaan van dringende tussentydse regshulp;

(ii) 'n interdik;

(iii) 'n bevel wat gelas dat 'n bepaalde handeling verrig word, welke bevel, wanneer dit uitgevoer word, 'n onreg sal herstel en uitvoering aan die hoofoogmerke van hierdie Wet sal gee;

(iv) 'n verklarende bevel;

(v) 'n toekenning van vergoeding in enige omstandighede in hierdie Wet beoog;

(vi) 'n toekenning van skadevergoeding in enige omstandighede in hierdie Wet beoog; en

(vii) 'n kostebevel;

(b) nakoming van enige bepaling van hierdie Wet gelas;

(c) enige arbitrasietoekenning of enige skikkingsooreenkoms, behalwe 'n kollektiewe ooreenkoms, 'n bevel van die Hof maak;

(d) die Kommissie versoek om 'n ondersoek in te stel ten einde die Hof by te staan, en om 'n verslag aan die Hof voor te lê;

(e) 'n geskil beslis tussen 'n geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie, en enigeen van die lede of aansoekers om lidmaatskap daarvan, oor 'n beweerde nie-nakoming van-

(i) die konstitusie van daardie vakbond of werkgewersorganisasie (na gelang van die geval); of

(ii) artikel 26 (5) (b);

[Par. (e) vervang by a. 44 van Wet 42 van 1996.]

(f) behoudens die bepalings van hierdie Wet, die laat-liassering van 'n dokument by, of die laat-verwysing van 'n geskil na, die Hof kondoneer;

(g) ondanks artikel 145, die verrigting of beweerde verrigting van enige werksaamheid waarvoor in hierdie Wet voorsiening gemaak word, of enige handeling of versuim van enige persoon of liggaam ingevolge hierdie Wet, in hersiening neem op enige gronde wat regtens geoorloof is;

(h) enige besluit geneem of handeling verrig deur die Staat in sy hoedanigheid as werkgewer, in hersiening neem op enige gronde wat regtens geoorloof is;

(i) 'n appèl ingevolge artikel 35 van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993), aanhoor en beslis; en

(j) met alle aangeleenthede handel wat noodsaaklik is vir of bykomstig is tot die verrigting van sy werksaamhede ingevolge hierdie Wet of enige ander wet.

(2) Indien in enige stadium nadat 'n geskil na die Arbeidshof verwys is, dit aan die Hof blyk dat die geskil na arbitrasie verwys moes gewees het, kan die Hof-

(a) die verrigtinge opskort en die geskil na arbitrasie verwys; of

(b) met die instemming van die partye en indien dit dienstig is om dit te doen, voortgaan met die verrigtinge met die Hof wat as arbiter sit, in welke geval die Hof net 'n bevel kan uitreik wat 'n kommissaris of arbiter sou kon gemaak het.

(3) Die verwysing na "arbitrasie" in subartikel (2) word so uitgelê dat dit ook arbitrasie insluit-

(a) onder beskerming van die Kommissie;

(b) onder beskerming van 'n geakkrediteerde raad;

(c) deur 'n geakkrediteerde agentskap;

(d) ooreenkomstig 'n private geskilbeslegtingsprosedure; of

(e) waar die geskil handel oor die interpretasie of toepassing van 'n kollektiewe ooreenkoms.

(4) (a) Die Arbeidshof kan, op eie inisiatief of op versoek van 'n party by die verrigtinge voor hom, 'n regsvraag wat in daardie verrigtinge na vore kom, voorbehou vir die beslissing van die Arbeidsappèlhof.

(b) 'n Vraag kan voorbehou word slegs indien dit van deurslaggewende belang is vir die behoorlike beregting van die geskil.

(c) Die Arbeidshof kan, hangende die beslissing van die Arbeidsappèlhof oor 'n regsvraag wat ingevolge paragraaf (a) voorbehou is, enige tussentydse bevel uitreik.

[w66j1995a159]159 Reëlsraad vir Arbeidshowe en reëls vir Arbeidshof

(1) Die Reëlsraad vir Arbeidshowe word hierby ingestel.

(2) Die Raad bestaan uit-

(a) die Regter-president van die Arbeidshof, wat die voorsitter is;

(b) die Adjunk-regter-president van die Arbeidshof; en

(c) die volgende persone, wat vir 'n tydperk van drie jaar deur die Minister van Justisie handelende op advies van NEOAR, aangestel word-

(i) 'n praktiserende advokaat met kennis, ondervinding en kundigheid in arbeidsreg;

(ii) 'n praktiserende prokureur met kennis, ondervinding en kundigheid in arbeidsreg;

(iii) iemand wat die belange van werknemers verteenwoordig;

(iv) iemand wat die belange van werkgewers verteenwoordig; en

(v) iemand wat die belange van die Staat verteenwoordig.

(3) Die Raad kan reëls maak om die voer van verrigtinge in die Arbeidshof te reël, wat insluit, maar nie beperk is nie tot, reëls betreffende-

(a) die prosesstukke waardeur verrigtinge voor die Hof aanhangig gemaak word en die vorm en inhoud van prosesstukke;

(b) die tydperk, en die proses wat gevolg moet word, vir die aanteken van appèlle;

(c) die taksasie van kosterekeninge;

(d) na oorlegpleging met die Minister van Finansies, die gelde betaalbaar en die koste en uitgawes toelaatbaar, ten opsigte van die betekening of uitvoering van enige prosesstukke van die Arbeidshof, en die tarief van koste en uitgawes wat toegelaat kan word ten opsigte van daardie betekening of uitvoering; en

(e) alle ander aangeleenthede wat in verband staan met die verrigting van die werksaamhede van die Hof, met inbegrip van enige aangeleenthede wat nie uitdruklik in hierdie subartikel vermeld word nie, en wat soortgelyk is aan aangeleenthede waaroor die Reëlsraad vir Geregshowe ingevolge artikel 6 van die Wet op die Reëlsraad vir Geregshowe, 1985 (Wet 107 van 1985), reëls kan maak.

[Par. (e) gewysig by a. 45 (a) van Wet 42 van 1996.]

(4) Die Raad kan 'n reël wat hy gemaak het, herroep of wysig.

(5) Vyf lede van die Raad maak 'n kworum by 'n vergadering van die Raad uit.

(6) Die Raad moet enige reëls wat hy maak, wysig of herroep, in die Staatskoerant publiseer.

(7) (a) Aan 'n lid van die Raad wat 'n regter van die Hoë Hof is, kan ten opsigte van die verrigting van die werksaamhede van 'n lid van die Raad 'n toelae betaal word soos ingevolge subartikel (9) bepaal.

(b) Ondanks enige wetsbepaling tot die teendeel, is die betaling, ingevolge paragraaf (a), van 'n toelae aan 'n lid van die Raad wat 'n regter van die Hoë Hof is, bykomstig tot enige salaris of toelaes, met inbegrip van toelaes vir die vergoeding van reis- en verblyfuitgawes, wat aan daardie persoon in die hoedanigheid van 'n regter van die Hoë Hof betaal word.

[Sub-a. (7) bygevoeg by a. 45 (b) van Wet 42 van 1996 en gewysig by a. 15 van Wet 127 van 1998.]

(8) 'n Lid van die Raad wat nie 'n regter van die Hoë Hof is nie en ook nie aan die Staatsdienswet, 1994, onderhewig is nie, is geregtig op die besoldiging, toelaes (met inbegrip van toelaes ter vergoeding van reis- en verblyfuitgawes), voordele en voorregte wat ingevolge subartikel (9) bepaal word.

[Sub-a. (8) bygevoeg by a. 45 (b) van Wet 42 van 1996 en gewysig by a. 15 van Wet 127 van 1998.]

(9) Die besoldiging, toelaes, voordele en voorregte van die lede van die Raad-

(a) word deur die Minister van Justisie met die instemming van die Minister van Finansies bepaal;

(b) kan verskil na gelang van rang, die werksaamhede wat verrig staan te word en of die amp in 'n voltydse of deeltydse hoedanigheid beklee word; en

(c) kan deur die Minister van Justisie kragtens enige wet ten opsigte van enige persoon of kategorie persone gewysig word.

[Sub-a. (9) bygevoeg by a. 45 (b) van Wet 42 van 1996.]

(10) (a) Hangende publikasie in die Staatskoerant van reëls deur die Raad gemaak, word daar met aangeleenthede voor die Hof gehandel ooreenkomstig die algemene voorskrifte wat die Regter-president van die Arbeidshof of enige ander regter of regters van daardie Hof vir dié doel deur die Regter-president aangewys, gepas ag en skriftelik uitreik;

(b) Daardie voorskrifte hou op om van krag te wees op die datum van publikasie van die Raad se reëls in die Staatskoerant, behalwe met betrekking tot verrigtinge wat reeds voor daardie datum ingestel is. Ten aansien van daardie verrigtinge, bly daardie voorskrifte van krag tensy die Regter-president van die Arbeidshof dit skriftelik intrek.

[Sub-a. (10) bygevoeg by a. 45 (b) van Wet 42 van 1996.]
[Datum van inwerkingtreding van a. 159: 1 Januarie 1996.]

[w66j1995a160]160 Verrigtinge van Arbeidshof moet in ope hof plaasvind

(1) Die verrigtinge van die Arbeidshof word in die ope hof gevoer.

(2) Ondanks subartikel (1) kan die Arbeidshof die lede van die algemene publiek, of spesifieke persone of kategorieë persone, van die verrigtinge uitsluit in enige geval waar 'n hof van 'n provinsiale afdeling van die Hooggeregshof dit sou kon doen.

[w66j1995a161]161 Verteenwoordiging voor Arbeidshof

By enige verrigtinge voor die Arbeidshof kan 'n party by die verrigtinge persoonlik verskyn of verteenwoordig word slegs deur-

(a) 'n regspraktisyn;

(b) 'n direkteur of werknemer van die party;

(c) enige lid, ampsdraer of beampte van daardie party se geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie;

(d) 'n aangewese agent van 'n raad; of

(e) 'n beampte van die Departement van Arbeid.

[A. 161 vervang by a. 16 van Wet 127 van 1998.]

[w66j1995a162]162 Koste

(1) Die Arbeidshof kan 'n bevel vir die betaling van koste maak ooreenkomstig regsvereistes en billikheid.

(2) By die besluit of die betaling van koste gelas moet word, al dan nie, kan die Arbeidshof in ag neem-

(a) of die aangeleentheid wat na die Hof verwys is, ingevolge hierdie Wet na arbitrasie verwys behoort te gewees het en, indien wel, die ekstra koste wat deur verwysing van die aangeleentheid na die Hof aangegaan is; en

(b) die gedrag van die partye-

(i) deur die aangeleentheid voor die Hof voort te sit of te verdedig; en

(ii) tydens die verrigtinge voor die Hof.

(3) Die Arbeidshof kan 'n kostebevel maak teen 'n party by die geskil of teen iemand wat daardie party in daardie verrigtinge voor die Hof verteenwoordig het.

[w66j1995a163]163 Betekening en afdwinging van bevele van Arbeidshof

'n Beslissing, vonnis of bevel van die Arbeidshof word beteken en ten uitvoer gelê asof dit 'n beslissing, vonnis of bevel van die Hoë Hof was.

[A. 163 gewysig by a. 17 van Wet 127 van 1998.]

[w66j1995a164]164 Seël van Arbeidshof

(1) Die Arbeidshof het 'n amptelike seël met 'n ontwerp deur die President by proklamasie in die Staatskoerant voorgeskryf, vir gebruik na vereiste van die omstandighede.

(2) Die amptelike seël van die Arbeidshof word in bewaring van die griffier van daardie Hof gehou.

[w66j1995a165]165 Wysiging en opheffing van bevele van Arbeidshof

Die Arbeidshof kan, op eie inisiatief of op aansoek van enige geaffekteerde party, 'n beslissing, vonnis of bevel verander of ophef-

(a) wat verkeerdelik aangevra of verkeerdelik toegestaan is in die afwesigheid van enige party wat deur daardie vonnis of bevel geraak word;

(b) waarin daar 'n dubbelsinnigheid of 'n klaarblyklike fout of weglating is, maar net in die mate van daardie dubbelsinnigheid, fout of weglating; of

(c) wat toegestaan is as gevolg van 'n mistasting gemeen aan al die partye by die verrigtinge.

[w66j1995a166]166 Appèlle teen vonnis of bevel van Arbeidshof

(1) 'n Party by enige verrigtinge voor die Arbeidshof kan by die Arbeidshof aansoek doen om verlof om na die Arbeidsappèlhof te appelleer teen 'n finale vonnis of finale bevel van die Arbeidshof.

(2) Indien die aansoek om verlof om te appelleer afgewys word, kan die aansoeker die Arbeidsappèlhof petisioneer om verlof om te appelleer.

(3) Verlof om te appelleer kan toegestaan word onderworpe aan enige voorwaardes wat die betrokke Hof mag bepaal.

(4) Behoudens die Grondwet en ondanks enige ander wet kan 'n appèl teen 'n finale uitspraak of finale bevel van die Arbeidshof in enige aangeleentheid ten opsigte waarvan die Arbeidshof uitsluitlike jurisdiksie het, slegs by die Arbeidsappèlhof aanhangig gemaak word.

DEEL E
ARBEIDSAPPÈLHOF (aa 167-183)

[w66j1995a167]167 Instelling en status van Arbeidsappèlhof

(1) Die Arbeidsappèlhof word hierby ingestel as 'n geregshof en 'n hof van ekwiteit.

(2) Die Arbeidsappèlhof is die hoogste hof van appèl ten opsigte van alle vonnisse en bevele gegee of gemaak deur die Arbeidshof ten opsigte van die aangeleenthede binne sy uitsluitende jurisdiksie.

(3) Die Arbeidsappèlhof is 'n hoër hof wat, met betrekking tot aangeleenthede onder sy jurisdiksie, beskik oor gesag, inherente jurisdiksie en status wat gelykwaardig is aan dié waaroor die Hoogste Hof van Appèl met betrekking tot die aangeleenthede onder sy jurisdiksie beskik.

[Sub-a. (3) gewysig by a. 18 van Wet 127 van 1998.]

(4) Die Arbeidsappèlhof is 'n hof van rekord.

[w66j1995a168]168 Samestelling van Arbeidsappèlhof

(1) Die Arbeidsappèlhof bestaan uit-

(a) die Regter-president van die Arbeidshof, wat uit hoofde van daardie amp Regter-president van die Arbeidsappèlhof is;

(b) die Adjunk-regter-president van die Arbeidshof, wat uit hoofde van daardie amp Adjunk-regter-president van die Arbeidsappèlhof is; en

(c) so 'n getal ander regters, wat regters van die Hoë Hof is, as wat nodig mag wees vir die doeltreffende funksionering van die Arbeidsappèlhof.

[Par. (c) vervang by a. 46 van Wet 42 van 1996 en gewysig by a. 19 van Wet 127 van 1998.]

(2) Die Arbeidsappèlhof word gekonstitueer voor enige drie regters wat die Regter-president aanwys uit die paneel van regters beoog in subartikel (1).

(3) Geen regter van die Arbeidsappèlhof sit voor by die aanhoor van 'n appèl teen 'n vonnis of 'n bevel wat gegee is in 'n saak wat voor daardie regter verhoor is nie.

[w66j1995a169]169 Aanstelling van ander regters van Arbeidsappèlhof

(1) Die President, handelende op advies van NEOAR en die Regterlike Dienskommissie, en na oorlegpleging met die Minister van Justisie en die Regter-president van die Arbeidsappèlhof, moet die regters van die Arbeidappèlhof in artikel 168 (1) (c) bedoel, aanstel.

[Sub-a. (1) gewysig by a. 20 (a) van Wet 127 van 1998.]

(2) Na oorlegpleging met die Regter-president van die Arbeidsappèlhof, kan die Minister van Justisie een of meer regters van die Hoë Hof aanstel om as waarnemende regters van die Arbeidsappèlhof te dien.

[Sub-a. (2) gewysig by a. 20 (b) van Wet 127 van 1998.]
[A. 169 vervang by a. 47 van Wet 42 van 1996.]
[Datum van inwerkingtreding van a. 169: 1 Januarie 1996.]

[w66j1995a170]170 Ampsbekleding, besoldiging en aanstellingsbedinge en -voorwaardes van Arbeidsappèlhofregters

(1) 'n Regter van die Arbeidsappèlhof word aangestel vir 'n vaste termyn wat deur die President ten syde van die aanstelling bepaal word.

(2) 'n Regter van die Arbeidsappèlhof kan bedank deur skriftelik kennis aan die President te gee.

(3) (a) Die amp van 'n regter van die Arbeidsappèlhof raak vakant wanneer-

(i) die regter se ampstermyn in die Arbeidsappèlhof verstryk;

(ii) die regter se bedanking van krag word;

(iii) die regter van die amp onthef word;

(iv) die regter ophou om 'n regter van die Hoë Hof te wees; of

(v) die regter te sterwe kom.

(b) Die regter-president en die Adjunk-regter-president van die Arbeidsappèlhof beklee hul ampte vir solank as wat hulle hul onderskeie ampte van Regter-president en Adjunk-regter-president van die Arbeidshof beklee.

[Sub-a. (3) gewysig by a. 21 van Wet 127 van 1998.]

(4) Die ampsbekleding en die besoldiging en aanstellingsbedinge en -voorwaardes wat ten opsigte van 'n regter van die Hoë Hof van toepassing is ingevolge die Wet op Besoldiging en Diensvoorwaardes van Regters, 1989 (Wet 88 van 1989), word nie geraak deur daardie regter se aanstelling en gelyktydige ampsbekleding as 'n regter van die Arbeidsappèlhof nie.

[Sub-a. (4) gewysig by a. 21 van Wet 127 van 1998.]

(5) 'n Regter van die Arbeidsappèlhof-

(a) kan van die amp van regter van die Arbeidsappèlhof onthef word slegs indien daardie persoon eers van die amp van regter van die Hoë Hof onthef is; en

(b) moet, na ontheffing van die amp van regter van die Hoë Hof, van die amp van regter van die Arbeidsappèlhof onthef word.

[Sub-a. (5) gewysig by a. 21 van Wet 127 van 1998.]

(6) Ondanks die verstryking van die tydperk waarvoor 'n persoon as 'n regter van die Arbeidsappèlhof aangestel is, kan dié persoon voortgaan om die werksaamhede van 'n regter van daardie Hof te verrig en in alle opsigte as sodanig gereken te word, slegs-

(a) vir doeleindes van die afhandeling van enige verrigtinge waarin daardie persoon as 'n regter van daardie Hof deelgeneem het en wat by die verstryking van daardie persoon se aanstelling steeds hangende is of wat, nadat dit óf voor óf na die verstryking van daardie persoon se aanstelling aldus afgehandel is, heropen is; en

(b) vir so lank as wat daardie persoon noodsaaklikerwys betrokke sal wees in verband met die afhandeling van die verrigtinge wat aldus hangende of heropen is.

[Sub-a. (6) bygevoeg by a. 48 van Wet 42 van 1996.]

(7) Die bepalings van subartikels (2) tot (6), saamgelees met die veranderings wat in die konteks nodig is, is van toepassing op waarnemende regters ingevolge artikel 169 (2) aangestel.

[Sub-a. (7) bygevoeg by a. 48 van Wet 42 van 1996.]

[w66j1995a171]171 Beamptes van die Arbeidsappèlhof

(1) Die griffier van die Arbeidshof is ook die griffier van die Arbeidsappèlhof.

(2) Elk van die adjunkgriffiers en ander beamptes van die Arbeidshof beklee ook die ooreenstemmende amp met betrekking tot die Arbeidsappèlhof.

(3) (a) Die beamptes van die Arbeidsappèlhof verrig, onder toesig en beheer van die griffier van daardie Hof, die administratiewe werksaamhede van die Arbeidsappèlhof.

(b) 'n Adjunkgriffier van die Arbeidsappèlhof kan enige van die werksaamhede van die griffier van daardie Hof verrig wat in die algemeen of spesifiek aan die adjunkgriffier gedelegeer is.

(4) Die adjunkgriffier van die Arbeidsappèlhof of, indien daar meer as een is, die mees senior van hulle, neem as griffier van die Arbeidsappèlhof waar, wanneer ook al-

(a) die griffier uit die Republiek of van diens afwesig is of om enige rede tydelik nie in staat is om die werksaamhede van griffier te verrig nie; of

(b) die amp van griffier vakant is.

[Datum van inwerkingtreding van a. 171: 1 Januarie 1996.]

[w66j1995a172]172 Regsgebied en setel van Arbeidsappèlhof

(1) Die Arbeidsappèlhof het jurisdiksie in al die provinsies van die Republiek.

(2) Die setel van die Arbeidshof is ook die setel van die Arbeidsappèlhof.

(3) Die werksaamhede van die Arbeidsappèlhof kan op enige plek in die Republiek verrig word.

[Datum van inwerkingtreding van a. 172: 1 Januarie 1996.]

[w66j1995a173]173 Jurisdiksie van Arbeidsappèlhof

(1) Behoudens die Grondwet en ondanks enige ander wet het die Arbeidsappèlhof uitsluitende jurisdiksie-

(a) om alle appèlle teen die finale vonnisse en die finale bevele van die Arbeidshof aan te hoor en te beslis; en

(b) om enige regsvraag wat ingevolge artikel 158 (4) voorbehou is, te beslis.

(2) ......

[Sub-a. (2) geskrap by a. 22 (a) van Wet 127 van 1998.]

(3) 'n Appèl na die Arbeidsappèlhof moet aangeteken en gevoer word asof dit 'n appèl na die Hoogste Hof van Appèl in siviele verrigtinge was, behalwe dat die appèl aangeteken moet word binne 21 dae na die datum waarop verlof tot appèl toegestaan is.

[Sub-a. (3) gewysig by a. 22 (b) van Wet 127 van 1998.]

(4) 'n Beslissing waarmee enige twee regters van die Arbeidsappèlhof instem, is die beslissing van dié Hof.

[w66j1995a174]174 Bevoegdhede van Arbeidsappèlhof by verhoor van appèlle

Die Arbeidsappèlhof het die bevoegdheid-

(a) om, by die verhoor van 'n appèl, verdere getuienis aan te hoor, hetsy mondelings of deur 'n beëdigde verklaring afgelê voor 'n persoon deur die Arbeidsappèlhof aangestel, of om die saak na die Arbeidshof terug te verwys vir verdere verhoor, met die opdragte betreffende die afneem van verdere getuienis of andersins wat die Arbeidsappèlhof nodig ag; en

(b) om die vonnis of bevel wat die onderwerp van die appèl is, te bekragtig, te wysig of tersyde te stel, en om enige uitspraak of vonnis te gee of enige bevel te maak wat die omstandighede vereis.

[w66j1995a175]175 Arbeidsappèlhof kan as hof van eerste instansie sit

Ondanks die bepalings van hierdie Deel, kan die Regter-president gelas dat enige aangeleentheid voor die Arbeidshof, verhoor moet word deur die Arbeidsappèlhof wat sit as 'n hof van eerste instansie, in welke geval die Arbeidsappèlhof geregtig is om enige bevel te maak wat die Arbeidshof geregtig sou gewees het om te maak.

[w66j1995a176]176 Reëls vir Arbeidsappèlhof

(1) Die Reëlsraad vir Arbeidshowe ingestel by artikel 159 kan reëls maak om die voer van verrigtinge in die Arbeidsappèlhof te reël.

(2) Die Raad het al die bevoegdhede in artikel 159 bedoel wanneer hy reëls vir die Arbeidsappèlhof maak.

(3) Die Raad moet enige reëls wat hy maak, wysig of herroep, in die Staatskoerant publiseer.

[Datum van inwerkingtreding van a. 176: 1 Januarie 1996.]

[w66j1995a177]177 Verrigtinge van Arbeidsappèlhof moet in ope hof plaasvind

(1) Die verrigtinge van die Arbeidsappèlhof word in ope hof gevoer.

(2) Ondanks subartikel (1) kan die Arbeidsappèlhof die lede van die algemene publiek, of spesifieke persone of kategorieë persone, van die verrigtinge uitsluit in enige geval waar 'n Hoë Hof dit sou kon doen.

[Sub-a. (2) gewysig by a. 23 van Wet 127 van 1998.]

[w66j1995a178]178 Verteenwoordiging voor Arbeidsappèlhof

Enigiemand wat ingevolge artikel 161 voor die Arbeidshof mag verskyn, het die reg om voor die Arbeidsappèlhof te verskyn.

[w66j1995a179]179 Koste

(1) Die Arbeidsappèlhof kan 'n bevel vir die betaling van koste maak ooreenkomstig regsvereistes en billikheid.

(2) By die besluit of die betaling van koste gelas moet word, al dan nie, kan die Arbeidsappèlhof in ag neem-

(a) of die aangeleentheid wat na die Hof verwys is, ingevolge hierdie Wet na arbitrasie verwys behoort te gewees het en, indien wel, die ekstra koste wat deur verwysing van die aangeleentheid na die Hof aangegaan is; en

(b) die gedrag van die partye-

(i) deur die aangeleentheid voor die Hof voort te sit of te verdedig; en

(ii) tydens die verrigtinge voor die Hof.

(3) Die Arbeidsappèlhof kan 'n kostebevel maak teen 'n party by die geskil of teen iemand wat daardie party in daardie verrigtinge voor die Hof verteenwoordig het.

[w66j1995a180]180 Betekening en afdwinging van bevele

'n Beslissing, vonnis of bevel van die Arbeidsappèlhof word beteken en ten uitvoer gelê asof dit 'n beslissing, vonnis of bevel van die Hoë Hof was.

[A. 180 gewysig by a. 24 van Wet 127 van 1998.]

[w66j1995a181]181 Seël van Arbeidsappèlhof

(1) Die Arbeidsappèlhof het 'n amptelike seël met 'n ontwerp deur die President by proklamasie in die Staatskoerant voorgeskryf, vir gebruik na vereiste van die omstandighede.

(2) Die amptelike seël van die Arbeidsappèlhof word in die bewaring van die griffier van die Arbeidsappèlhof gehou.

[w66j1995a182]182 Uitspraak van Arbeidsappèlhof bindend op Arbeidshof

'n Uitspraak van die Arbeidsappèlhof is bindend op die Arbeidshof.

[w66j1995a183]183 Arbeidsappèlhof is finale hof van appèl

Behoudens die Grondwet en ondanks enige ander wet is daar geen appèl teen enige beslissing of vonnis wat gegee, of bevel wat gemaak is, deur die Arbeidsappèlhof ten opsigte van-

(a) 'n appèl ingevolge artikel 173 (1) (a) nie;

(b) sy beslissing van 'n regsvraag ingevolge artikel 173 (1) (b) nie; of

(c) enige vonnis gegee of bevel gemaak ingevolge artikel 175 nie.

DEEL F
ALGEMENE BEPALINGS VAN TOEPASSING OP HOWE INGESTEL BY HIERDIE WET (aa 184-214)

[w66j1995a184]184 Algemene bepalings van toepassing op howe ingestel by hierdie Wet

Artikels 5*, 18*, 25*, 30*, 31*, 39*, 40* en 42* van die Wet op die Hooggeregshof, 1959 (Wet 59 van 1959), saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, is van toepassing ten opsigte van die Arbeidshof, of die Arbeidsappèlhof, of albei, in soverre daardie bepalings nie met hierdie Wet onbestaanbaar is nie.

HOOFSTUK VIII
ONBILLIKE ONTSLAG (aa 185-197)

[w66j1995a185]185 Reg om nie onbillik ontslaan te word nie

Elke werknemer het die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

[w66j1995a186]186 Betekenis van ontslag

"Ontslag" beteken dat-

(a) 'n werkgewer 'n dienskontrak met of sonder kennisgewing beëindig het;

(b) 'n werknemer redelikerwys van die werkgewer verwag het om 'n vastetermyndienskontrak op dieselfde of soortgelyke voorwaardes te hernieu, terwyl die werkgewer aangebied het om dit op minder gunstige voorwaardes te hernieu, of dit nie hernieu het nie;

(c) 'n werkgewer geweier het om 'n werknemer toe te laat om werk te hervat nadat sy-

(i) kraamverlof geneem het ingevolge 'n wet, of kollektiewe ooreenkoms of haar dienskontrak; of

(ii) ......

[Sub-par. (ii) herroep by a. 95 (4) van Wet 75 van 1997.]

(d) 'n werkgewer wat 'n aantal werknemers weens dieselfde of soortgelyke redes ontslaan het, aangebied het om sommige van hulle weer in diens te neem maar geweier het om ander weer in diens te neem; of

(e) 'n werknemer 'n dienskontrak met of sonder kennisgewing beëindig het omdat die werkgewer voortgesette diens vir die werknemer ondraaglik gemaak het.

[w66j1995a187]187 Outomaties onbillike ontslag

(1) Ontslag is outomaties onbillik indien die werkgewer by die ontslag van die werknemer strydig met artikel 5* optree, of indien die rede vir die ontslag is-

(a) dat die werknemer aan 'n staking of protesoptrede wat aan die bepalings van Hoofstuk IV* voldoen, deelgeneem het of dit gesteun het of 'n voorneme te kenne gegee het om daaraan deel te neem of dit te steun;

(b) dat die werknemer geweier het of 'n voorneme te kenne gegee het om te weier, om enige werk te doen wat gewoonlik gedoen word deur 'n werknemer wat op die betrokke tydstip deelgeneem het aan 'n staking wat aan die bepalings van Hoofstuk IV voldoen, of wat uitgesluit was, tensy daardie werk noodsaaklik is ten einde te voorkom dat die lewe, persoonlike veiligheid of gesondheid werklik in gevaar gestel word;

(c) om die werknemer te verplig om 'n eis ten opsigte van enige aangeleentheid van onderlinge belang tussen die werkgewer en die werknemer, te aanvaar;

(d) dat die werknemer stappe gedoen het, of 'n voorneme te kenne gegee het om stappe te doen teen die werkgewer deur-

(i) enige reg uit te oefen wat by hierdie Wet verleen word; of

(ii) deel te neem aan enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet;

(e) die werknemer se swangerskap, of voorgenome swangerskap of enige rede wat met haar swangerskap verband hou;

(f) dat die werkgewer onbillik gediskrimineer het teen 'n werknemer, regstreeks of onregstreeks, op enige arbitrêre grond, wat insluit, maar nie beperk is nie, tot ras, geslagtelikheid, geslag, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, geloof, politieke mening, kultuur, taal, huwelikstaat of gesinsverantwoordelikheid.

(2) Ondanks subartikel (1) (f)-

(a) kan 'n ontslag billik wees indien die rede vir die ontslag gegrond is op 'n inherente vereiste van die bepaalde werk;

(b) is 'n ontslag gegrond op ouderdom billik indien die werknemer die gewone of ooreengekome aftree-ouderdom vir persone wat in daardie hoedanigheid in diens is, bereik het.

[w66j1995a188]188 Ander gevalle van onbillike ontslag

(1) 'n Ontslag wat nie outomaties onbillik is nie, is onbillik indien die werkgewer in gebreke bly om te bewys-

(a) dat die rede vir ontslag 'n billike rede is-

(i) wat verband hou met die werknemer se gedrag, geskiktheid of bekwaamheid; of

(ii) wat gegrond is op die werkgewer se bedryfsvereistes; en

(b) dat die ontslag gedoen is ooreenkomstig 'n billike prosedure.

(2) Iemand wat oorweeg of die rede vir ontslag billik is en of die ontslag ooreenkomstig 'n billike prosedure gedoen is, moet enige tersaaklike goeie praktykskode wat ingevolge hierdie Wet uitgereik is, in aanmerking neem.*

[w66j1995a189]189 Ontslag gegrond op bedryfsvereistes

(1) Wanneer 'n werkgewer beoog om een of meer werknemers te ontslaan weens redes gegrond op die werkgewer se bedryfsvereistes, moet die werkgewer oorleg pleeg-

(a) met iemand met wie die werkgewer volgens voorskrif van 'n kollektiewe ooreenkoms oorleg moet pleeg;

(b) indien daar nie 'n kollektiewe ooreenkoms is wat oorlegpleging vereis nie, met 'n werkplekforum, indien die werknemers wat waarskynlik deur die beoogde ontslag geraak sal word, in diens is in 'n werkplek ten opsigte waarvan daar 'n werkplekforum is;

(c) indien daar nie 'n werkplekforum is in die werkplek waarin die werknemers wat waarskynlik deur die beoogde ontslag geraak sal word, in diens is nie, met enige geregistreerde vakbond wie se lede waarskynlik deur die beoogde ontslag geraak sal word;

(d) indien daar nie so 'n vakbond is nie, met die werknemers wat waarskynlik deur die beoogde ontslag geraak sal word of met hulle verteenwoordigers wat vir daardie doel benoem is.

(2) Die oorlegplegende partye moet poog om eenstemmigheid te bereik oor-

(a) geskikte maatreëls-

(i) om die ontslag te vermy;

(ii) om die getal persone wat ontslaan word, tot die minimum te beperk;

(iii) om die tydsberekening van die ontslag te verander; en

(iv) om die nadelige gevolge van die ontslag te versag;

(b) die metode vir die selektering van die werknemers wat ontslaan sal word; en

(c) uittreeloon vir die ontslane werknemers.

(3) Die werkgewer moet aan die ander oorlegplegende party skriftelik alle tersaaklike inligting verstrek wat insluit, maar nie beperk is nie tot-

(a) die redes vir die beoogde ontslag;

(b) die alternatiewe wat die werkgewer oorweeg het voordat hy ontslag voorgestel het, en die redes waarom elk van daardie alternatiewe verwerp is;

(c) die getal werknemers wat waarskynlik geraak gaan word en die werkkategorieë waarin hulle in diens is;

(d) die voorgestelde metode vir die selektering van welke werknemers ontslaan moet word;

(e) die tydstip wanneer, of die tydperk waartydens, ontslag waarskynlik sal van krag word;

(f) die voorgestelde uittreeloon;

(g) enige bystand wat die werkgewer beoog om die werknemers wat waarskynlik ontslaan gaan word, aan te bied; en

(h) die moontlikheid van die toekomstige herindiensneming van die werknemers wat ontslaan word.

(4) Die bepalings van artikel 16, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, is van toepassing op die openbaarmaking van inligting ingevolge subartikel (3).

(5) Die werkgewer moet gedurende die oorlegpleging die ander oorlegplegende party 'n geleentheid bied om vertoë te rig oor enige aangeleentheid waaroor oorleg gepleeg word.

(6) Die werkgewer moet die vertoë wat deur die ander oorlegplegende party gerig is, oorweeg en daarop reageer, en indien die werkgewer nie daarmee eens is nie, moet die werkgewer redes daarvoor verstrek.

(7) Die werkgewer moet die werknemers wat ontslaan staan te word, selekteer volgens selekteringsmaatstawwe-

(a) waaroor die oorlegplegende partye ooreengekom het; of

(b) wat, indien daar nie oor maatstawwe ooreengekom is nie, billik en objektief is.

[w66j1995a190]190 Datum van ontslag

(1) Die datum van ontslag is die vroegste van-

(a) die datum waarop die dienskontrak ten einde geloop het; of

(b) die datum waarop die werknemer die diens van die werkgewer verlaat het.

(2) Ondanks subartikel (1)-

(a) indien 'n werkgewer aangebied het om 'n vastetermyndienskontrak op minder gunstige voorwaardes te hernieu of in gebreke gebly het om dit te hernieu, is die datum van ontslag die datum waarop die werkgewer die minder gunstige voorwaardes aangebied het of die datum waarop die werkgewer die werknemer in kennis gestel het van die voorneme om nie die kontrak nie te hernieu nie;

(b) indien die werkgewer geweier het om 'n werknemer toe te laat om werk te hervat, is die datum van ontslag die datum waarop die werkgewer eerste geweier het om toe te laat dat die werknemer werk hervat;

(c) indien die werkgewer geweier het om die werknemer in diens te herstel of weer in diens te neem, is die datum van ontslag die datum waarop die werkgewer eerste geweier het om daardie werknemer in diens te herstel of weer in diens te neem.

[w66j1995a191]191 Geskille oor onbillike ontslag*

(1) Indien daar 'n geskil oor die billikheid van 'n ontslag bestaan, kan die ontslane werknemer die geskil binne 30 dae van die datum van ontslag skriftelik verwys na-

(a) 'n raad, indien die partye by die geskil binne die geregistreerde bestek van die raad val; of

(b) die Kommissie, indien daar nie 'n raad is wat jurisdiksie het nie.

(2) Indien die werknemer te eniger tyd gegronde redes aanvoer, kan die raad of die Kommissie die werknemer toelaat om die geskil te verwys nadat die 30-dae tydsbeperking verstryk het.

(3) Die werknemer moet die raad of die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan die werkgewer beteken is.

(4) Die raad of die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg.

(5) Indien 'n raad of 'n kommissaris gesertifiseer het dat die geskil steeds onbesleg is, of indien 30 dae verloop het sedert die raad of die Kommissie die verwysing ontvang het en die geskil steeds onbesleg is-

(a) moet die raad of die Kommissie die geskil op versoek van die werknemer arbitreer indien-

(i) die werknemer beweer het dat die rede vir ontslag verband hou met die werknemer se gedrag, geskiktheid of bekwaamheid, tensy paragraaf (b) (iii) van toepassing is;

(ii) die werknemer beweer het dat die rede vir ontslag daarin lê dat die werkgewer voortgesette diens ondraaglik gemaak het; of

(iii) die werknemer nie weet wat die rede vir ontslag is nie; of

(b) kan die werkgewer die geskil na die Arbeidshof vir beregting verwys indien die werknemer beweer het dat die rede vir ontslag-

(i) outomaties onbillik is;

(ii) gegrond is op die werkgewer se bedryfsvereistes;

(iii) die werknemer se deelname is aan 'n staking wat nie aan die bepalings van Hoofstuk IV voldoen nie; of

(iv) is dat die werknemer geweier het om aan te sluit by 'n vakbond wat party is by 'n geslotegeledere-ooreenkoms, of lidmaatskap daarvan geweier is of as lid daarvan uitgesit is.

(6) Ondanks subartikel (5) (a) moet die direkteur die geskil na die Arbeidshof verwys indien die direkteur, op aansoek van enige party by die geskil beslis dat dit gepas is na oorweging-

(a) van die rede vir ontslag;

(b) of daar regsvrae is wat uit die geskil na vore kom;

(c) van die ingewikkeldheid van die geskil;

(d) of daar botsende arbitrasietoekennings is wat opgelos moet word;

(e) van die openbare belang.

(7) By oorweging of die geskil na die Arbeidshof verwys moet word, moet die direkteur aan die partye by die geskil en die kommissaris wat gepoog het om die geskil te versoen, 'n geleentheid bied om vertoë te rig.

(8) Die direkteur moet die partye van die besluit in kennis stel en moet die geskil-

(a) na die Kommissie vir arbitrasie verwys; of

(b) na die Arbeidshof vir beregting verwys.

(9) Die direkteur se besluit is finaal en bindend.

(10) Niemand mag by enige geregshof om hersiening van die direkteur se besluit aansoek doen alvorens die geskil gearbitreer of bereg is nie (na gelang van die geval).

(11) (a) Die verwysing van 'n geskil ingevolge subartikel (5) (b) na die Arbeidshof vir beregting, moet gedoen word binne 90 dae nadat die raad of (na gelang van die geval) die kommissaris gesertifiseer het dat die geskil steeds onbesleg is.

(b) Die Arbeidshof kan egter, na aanvoering van gegronde redes, enige nie-nakoming van daardie tydperk kondoneer.

[Sub-a. (11) bygevoeg by a. 25 van Wet 127 van 1998.]

[w66j1995a192]192 Bewyslas by geskille oor ontslag

(1) By enige verrigtinge rakende 'n ontslag moet die werknemer bewys dat die ontslag plaasgevind het.

(2) Indien die ontslag bewys is, moet die werkgewer bewys dat die ontslag billik is.

[w66j1995a193]193 Regsmiddele by onbillike ontslag

(1) Indien die Arbeidshof of 'n arbiter aangestel ingevolge hierdie Wet bevind dat 'n ontslag onbillik is, kan die Hof of die arbiter-

(a) die werkgewer gelas om die werknemer in diens te herstel met ingang van 'n datum wat nie vroeër as die datum van ontslag is nie;

(b) die werkgewer gelas om die werknemer weer in diens te neem, óf in die werk waarin die werknemer voor die ontslag in diens was, óf in 'n ander redelikerwys-geskikte werk, op enige voorwaardes en met ingang vanaf enige datum wat nie vroeër as die datum van ontslag is nie; of

(c) die werkgewer gelas om vergoeding aan die werknemer te betaal.

(2) Die Arbeidshof of die arbiter moet van die werkgewer vereis om die werknemer in diens te herstel of weer in diens te neem tensy-

(a) die werknemer nie in diens herstel of weer in diens geneem wil word nie;

(b) die omstandighede rondom die ontslag sodanig is dat 'n voortgesette diensverhouding onduldbaar sou wees;

(c) dit nie redelikerwys doenlik is vir die werkgewer om die werknemer in diens te herstel of weer in diens te neem nie; of

(d) die ontslag onbillik is bloot omdat die werkgewer nie 'n billike prosedure gevolg het nie.

(3) Indien 'n ontslag outomaties onbillik is, of indien 'n ontslag wat gegrond is op die werkgewer se bedryfvereistes gevind word onbillik te wees, kan die Arbeidshof daarbenewens enige ander bevel maak wat hy in die omstandighede gepas ag.*

[w66j1995a194]194 Perke op vergoeding

(1) Indien 'n ontslag onbillik is bloot omdat die werkgewer nie 'n billike prosedure gevolg het nie, moet vergoeding gelyk wees aan die besoldiging wat aan die werknemer betaal sou gewees het tussen die datum van ontslag en die laaste dag waarop die arbitrasie of beregting, na gelang van die geval, plaasgevind het, bereken teen die werknemer se besoldigingskoers soos op die datum van ontslag. Vergoeding mag egter nie toegeken word ten opsigte van 'n onredelike tydperk van vertraging wat deur die werknemer met die instelling of voortsetting van 'n eis teweeggebring is nie.

(2) Die vergoeding wat toegeken word aan 'n werknemer wie se ontslag bevind word onbillik te wees omdat die werkgewer nie bewys het nie dat die rede vir ontslag 'n billike rede was wat met die werknemer se gedrag, ongeskiktheid of onbekwaamheid verband hou of gegrond was op die werkgewer se bedryfsvereistes nie, moet, beoordeel in al die omstandighede, regverdig en billik wees, maar minstens die bedrag vermeld in subartikel (1) en hoogstens die ekwivalent van 12 maande se besoldiging, bereken teen die werknemer se besoldigingskoers soos op die datum van ontslag.

(3) Die vergoeding wat toegeken word aan 'n werknemer wie se ontslag outomaties onbillik is, moet, beoordeel in al die omstandighede, regverdig en billik wees, maar hoogstens die ekwivalent van 24 maande se besoldiging, bereken teen die werknemer se besoldigingskoers soos op die datum van ontslag.

[w66j1995a195]195 Vergoeding is bykomend by enige ander bedrag

'n Bevel of toekenning van vergoeding ingevolge hierdie Hoofstuk gemaak, is bykomend by enige ander bedrag waarop die werknemer ingevolge enige wet, kollektiewe ooreenkoms of dienskontrak geregtig is, en is nie in die plek daarvan nie.

[w66j1995a196]196 ......

[A. 196 herroep by a. 95 (5) van Wet 75 van 1997.]

[w66j1995a197]197 Oordrag van dienskontrak

(1) 'n Dienskontrak mag nie sonder die werknemer se toestemming vanaf een werkgewer ("die ou werkgewer" genoem) na 'n ander werkgewer ("die nuwe werkgewer" genoem) oorgedra word nie tensy-

(a) die geheel of enige gedeelte van 'n besigheid, bedryf of onderneming as 'n lopende onderneming deur die ou werkgewer oorgedra word; of

(b) die geheel of enige gedeelte van 'n besigheid, bedryf of onderneming as 'n lopende onderneming oorgedra word-

(i) indien die ou werkgewer insolvent is en gelikwideer word, of gesekwestreer word; of

(ii) omdat 'n reëlingskema of skikking aangegaan word om likwidasie, weens insolvensie, of sekwestrasie te voorkom.

(2) (a) Indien 'n besigheid, bedryf of onderneming oorgedra word in die omstandighede in subartikel (1) (a) bedoel, bly al die regte en verpligtinge tussen die ou werkgewer en elke werknemer ten tyde van die oordrag van krag asof dit regte en verpligtinge tussen die nuwe werkgewer en elke werknemer was, en word enigiets wat voor die oordrag deur of met betrekking tot die ou werkgewer gedoen is, gereken deur of met betrekking tot die nuwe werkgewer gedoen te gewees het, tensy daar anders ooreengekom is.

(b) Indien 'n besigheid oorgedra word in die omstandighede in subartikel (1) (b) bedoel, word die kontrakte van alle werknemers wat onmiddellik voor die likwidasie of sekwestrasie van die ou werkgewer bestaan het, outomaties na die nuwe werkgewer oorgedra maar bly al die regte en verpligtinge tussen die ou werkgewer en elke werknemer soos op die tydstip van oordrag, regte en verpligtinge tussen die ou werkgewer en elke werknemer, en word enigiets wat voor die oordrag deur die ou werkgewer ten opsigte van elke werknemer gedoen is, gereken deur die ou werkgewer gedoen te gewees het, tensy daar anders ooreengekom is.

(3) 'n Ooreenkoms beoog in subartikel (2) word gesluit met die gepaste persoon of liggaam bedoel in artikel 189 (1).

(4) 'n Oordrag bedoel in subartikel (1) onderbreek nie die werknemer se aaneenlopendheid van diens nie. Daardie diens gaan by die nuwe werkgewer voort asof dit by die ou werkgewer was.

(5) Die aanspreeklikheid van enigiemand om weens enige misdryf vervolg te word of daaraan skuldig bevind en daarvoor gevonnis te word, word nie deur die bepalings van hierdie artikel oorgedra of andersins geraak nie.

HOOFSTUK IX
ALGEMENE BEPALINGS (aa 198-214)

[w66j1995a198]198 Tydelike werkverskaffingsdienste

(1) In hierdie artikel beteken "tydelike werkverskaffingsdiens" iemand wat teen vergoeding vir 'n kliënt ander persone verkry of voorsien-

(a) wat aan die kliënt dienste lewer of vir die kliënt werk doen; en

(b) wat deur die tydelike werkverskaffingsdiens besoldig word.

(2) Vir doeleindes van hierdie Wet is iemand wie se dienste deur 'n tydelike werkverskaffingsdiens vir 'n kliënt verkry of aan 'n kliënt voorsien is, die werknemer van daardie tydelike werkverskaffingsdiens en is die tydelike werkverskaffingsdiens daardie persoon se werkgewer.

(3) Ondanks subartikels (1) en (2) is iemand wat 'n onafhanklike kontrakteur is, nie 'n werknemer van 'n tydelike werkverskaffingsdiens nie, en is die tydelike werkverskaffingsdiens ook nie daardie persoon se werkgewer nie.

(4) Die tydelike werkverskaffingsdiens en die kliënt is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik indien die tydelike werkverskaffingsdiens ten opsigte van enige van sy werknemers, enige van die volgende oortree-

(a) 'n kollektiewe ooreenkoms wat in 'n bedingingsraad gesluit is wat bedinge en voorwaardes van diens reël;

(b) 'n bindende arbitrasietoekenning wat bedinge en voorwaardes van indiensneming reël;

(c) die Wet op Basiese Diensvoorwaardes; of

(d) 'n vasstelling ingevolge die Loonwet gemaak.

(5) Twee of meer bedingingsrade kan ooreenkom om die volgende persone, indien hulle binne die gesamentlike geregistreerde bestek van daardie bedingingsrade val, te verbind aan 'n kollektiewe ooreenkoms wat in enigeen van hulle gesluit is-

(a) 'n tydelike werkverskaffingsdiens;

(b) iemand in diens by 'n tydelike werkverskaffingsdiens; en

(c) 'n tydelike werkverskaffingsdiens se kliënt.

(6) 'n Ooreenkoms wat ingevolge subartikel (5) gesluit is, is bindend slegs indien die kollektiewe ooreenkoms uitgebrei is na nie-partye binne die geregistreerde bestek van die bedingingsraad.

(7) Twee of meer bedingingsrade kan ooreenkom om die volgende persone wat binne hulle gesamentlike geregistreerde bestek val, te verbind aan 'n kollektiewe ooreenkoms-

(a) 'n tydelike werkverskaffingsdiens;

(b) iemand in diens by 'n tydelike werkverskaffingsdiens; en

(c) 'n tydelike werkverskaffingsdiens se kliënt.

(8) 'n Ooreenkoms gesluit ingevolge subartikel (7) is bindend slegs indien-

(a) elkeen van die kontrakterende bedingingsrade die Minister versoek het om die ooreenkoms uit te brei na nie-partye wat binne sy geregistreerde bestek val;

(b) die Minister oortuig is dat die bepalings van die ooreenkoms nie wesenlik meer beswarend is as dié wat te vinde is in die ooreenstemmende kollektiewe ooreenkomste wat in die bedingingsrade gesluit is nie; en

(c) die Minister, by kennisgewing in die Staatskoerant, die ooreenkoms uitgebrei het soos versoek deur al die bedingingsrade wat partye by die ooreenkoms is.

[w66j1995a199]199 Dienskontrakte mag nie kollektiewe ooreenkomste of arbitrasietoekennings verontagsaam of daarvan afstand doen nie

(1) 'n Dienskontrak, hetsy voor of na die inwerkingtreding van 'n toepaslike kollektiewe ooreenkoms of arbitrasietoekenning gesluit, mag nie-

(a) voorsiening maak dat 'n werknemer besoldiging betaal word wat minder is as dié wat deur daardie kollektiewe ooreenkoms of arbitrasietoekenning voorgeskryf nie;

(b) voorsiening maak dat 'n werknemer op 'n wyse behandel word, of dat aan die werknemer 'n voordeel toegestaan word, wat minder gunstig is as dié wat deur daardie kollektiewe ooreenkoms of arbitrasietoekenning voorgeskryf word nie; of

(c) van die toepassing van enige bepaling van daardie kollektiewe ooreenkoms of arbitrasietoekenning afstand doen nie.

(2) 'n Bepaling in enige kontrak wat voorgee dat dit enige betaling, behandeling, voordeel of afstanddoening wat by subartikel 20 (1) verbied word, toelaat, is ongeldig.

[w66j1995a200]200 Verteenwoordiging van werknemers of werkgewers

(1) 'n Geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie kan, by enige geskil waarby enige van sy lede 'n party is, in een of meer van die volgende hoedanighede optree-

(a) in eiebelang;

(b) namens enige van sy lede;

(c) in belang van enige van sy lede.

(2) 'n Geregistreerde vakbond of 'n geregistreerde werkgewersorganisasie is geregtig om by enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet 'n party te wees indien een of meer van sy lede 'n party by daardie verrigtinge is.

[w66j1995a201]201 Vertroulikheid

(1) Iemand begaan 'n misdryf deur enige inligting openbaar te maak wat op die finansiële of besigheidsaangeleenthede van enige ander persoon of enige besigheid, bedryf of onderneming betrekking het indien die inligting deur eersgenoemde persoon verkry is by die verrigting van enige werksaamheid of uitoefening van enige bevoegdheid ingevolge hierdie Wet, in enige hoedanigheid, deur of namens-

(a) 'n raad;

(b) enige onafhanklike liggaam wat by 'n kollektiewe ooreenkoms of vasstelling ingestel is om vrystellings van die bepalings van die kollektiewe ooreenkoms te verleen;

(c) die registrateur;

(d) die Kommissie; en

(e) 'n geakkrediteerde agentskap.

(2) Subartikel (1) is nie van toepassing nie indien die inligting openbaar gemaak is ten einde 'n persoon in staat te stel om 'n werksaamheid of bevoegdheid ingevolge hierdie Wet te verrig of uit te oefen.

(3) (a) Iemand wat skuldig bevind word aan 'n misdryf ingevolge hierdie artikel kan gevonnis word tot 'n boete wat nie R10 000 te bowe gaan nie.

(b) Die Minister, in oorleg met die Minister van Justisie, kan van tyd tot tyd by kennisgewing in die Staatskoerant die maksimum bedrag van die boete in paragraaf (a) bedoel, wysig.

[Sub-a. (3) vervang by a. 49 van Wet 42 van 1996.]

[w66j1995a202]202 Betekening van dokumente

(1) Indien 'n geregistreerde vakbond of 'n geregistreerde werkgewersorganisasie namens enige van sy lede in 'n geskil optree, is die betekening, aan daardie vakbond of werkgewersorganisasie, van 'n dokument wat in verband met daardie geskil aan daardie lede gerig is, voldoende betekening aan daardie lede vir doeleindes van hierdie Wet.

(2) Betekening aan die Kantoor van die Staatsprokureur van enige prosesstukke wat gerig is aan die Staat in sy hoedanigheid as 'n werkgewer, is betekening aan die Staat vir die doeleindes van hierdie Wet.

[w66j1995a203]203 Goeie praktykkodes

(1) NEOAR kan-

(a) goeie praktykkodes opstel en uitreik; en

(b) enige goeie praktykkode verander of vervang.

(2) 'n Goeie praktykkode of enige verandering aan of vervanging van 'n goeie praktykkode, moet in die Staatskoerant gepubliseer word.

(3) Iemand wat hierdie Wet uitlê of toepas, moet enige tersaaklike goeie praktykkode in aanmerking neem.

[Datum van inwerkingtreding van a. 203: 1 Januarie 1996.]

[w66j1995a204]204 Kollektiewe ooreenkoms, arbitrasietoekenning of loonvasstelling moet deur werkgewer gehou word

Tensy 'n kollektiewe ooreenkoms, arbitrasietoekenning of 'n vasstelling wat ingevolge die Loonwet gemaak is, anders bepaal, moet elke werkgewer op wie die kollektiewe ooreenkoms, arbitrasietoekenning of vasstelling bindend is-

(a) te alle tye 'n afskrif van daardie kollektiewe ooreenkoms, arbitrasietoekenning of vasstelling in die werkplek beskikbaar hou;

(b) daardie afskrif vir insae deur enige werknemer beskikbaar stel; en

(c) 'n afskrif van daardie kollektiewe ooreenkoms, arbitrasietoekenning of vasstelling-

(i) aan 'n werknemer gee wat die voorgeskrewe geld betaal het; en

(ii) op versoek, kosteloos gee aan 'n werknemer wat 'n vakbondverteenwoordiger of 'n lid van 'n werkplekforum is.

[w66j1995a205]205 Rekords wat deur werkgewer gehou moet word

(1) Elke werkgewer moet die rekords hou wat 'n werkgewer verplig is om te hou ingevolge enige toepaslike-

(a) kollektiewe ooreenkoms;

(b) arbitrasietoekenning;

(c) vasstelling ingevolge die Loonwet gemaak.

(2) 'n Werkgewer wat ingevolge subartikel (1) verplig is om rekords te hou, moet-

(a) daardie rekords in hul oorspronklike vorm of 'n gereproduseerde vorm hou vir 'n tydperk van drie jaar na die datum van die gebeurtenis of die einde van die tydperk waarop hulle betrekking het; en

(b) in antwoord op 'n aanvraag wat op enige redelike tyd gerig is, daardie rekords in hul oorspronklike vorm of in 'n gereproduseerde vorm voorlê aan 'n agent van 'n bedingingsraad, 'n kommissaris of iemand wie se werksaamhede ingevolge hierdie Wet die beslegting van geskille insluit.

(3) (a) 'n Werkgewer moet 'n rekord hou van die voorgeskrewe besonderhede van enige staking, uitsluiting of protesoptrede waarby werknemers van die werkgewer betrokke is.

(b) 'n Werkgewer moet daardie rekords op die voorgeskrewe wyse aan die registrateur voorlê.

[w66j1995a206]206 Uitwerking van sekere gebreke en onreëlmatighede

(1) Ondanks enige bepaling in hierdie Wet of enige ander wet, maak 'n gebrek nie die volgende ongeldig nie-

(a) die konstitusie of die registrasie van enige geregistreerde vakbond, geregistreerde werkgewersorganisasie of raad;

(b) 'n kollektiewe ooreenkoms of arbitrasietoekenning wat andersins ingevolge hierdie Wet bindend sou wees;

(c) enige handeling van 'n raad; of

(d) enige handeling van die direkteur of 'n kommissaris.

(2) 'n Gebrek bedoel in subartikel (1) beteken-

(a) enige gebrek in of weglating uit die konstitusie van 'n geregistreerde vakbond, geregistreerde werkgewersorganisasie of raad;

(b) enige vakature in die lidmaatskap van 'n raad; of

(c) enige onreëlmatigheid in die aanstelling of verkiesing van-

(i) 'n verteenwoordiger tot 'n raad;

(ii) 'n plaasvervanger vir 'n verteenwoordiger in 'n raad;

(iii) 'n voorsitter of iemand anders wat voorsit by 'n vergadering van 'n raad of 'n komitee van 'n raad; of

(iv) die direkteur of 'n kommissaris.

[Datum van inwerkingtreding van a. 206: 1 Januarie 1996.]

[w66j1995a207]207 Ministers by magte om Bylaes te verander en daaraan toe te voeg

(1) Die Minister, na oorlegpleging met NEOAR, kan by kennisgewing in die Staatskoerant Bylaes 2 en 4 by hierdie Wet en die bylae in subartikel (3) in die vooruitsig gestel, verander, vervang of daarby byvoeg.

[Sub-a. (1) vervang by a. 50 (a) van Wet 42 van 1996 en by a. 26 (a) van Wet 127 van 1998.]

(2) ......

[Sub-a. (2) geskrap by a. 26 (b) van Wet 127 van 1998.]

(3) Die Minister kan, na oorlegpleging met NEOAR, by kennisgewing in die Staatskoerant 'n verdere bylae by hierdie Wet voeg wat 'n modelgrondwet vir 'n statutêre raad bevat.

(4) Die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie, na oorlegpleging met die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad, kan by kennisgewing in die Staatskoerant 'n bykomende bylae by hierdie Wet toevoeg wat die instelling en die konstitusies van werkplekforums in die staatsdiens reël.

(5) Die Minister kan enige kop-etiket of voetnoot verander, vervang of daaraan toevoeg.

(6) ......

[Sub-a. (6) geskrap by a. 26 (b) van Wet 127 van 1998.]
[Datum van inwerkingtreding van a. 207: 1 Januarie 1996.]

[w66j1995a208]208 Regulasies

Die Minister, na oorlegpleging met NEOAR en, wanneer toepaslik, die Kommissie, kan regulasies, wat nie met hierdie Wet onbestaanbaar is nie, uitvaardig met betrekking tot-

(a) enige aangeleentheid wat ingevolge hierdie Wet voorgeskryf kan of moet word; en

(b) enige aangeleentheid wat die Minister nodig of dienstig ag om voor te skryf of by regulasie te reël ten einde die hoofoogmerke van hierdie Wet te bereik.

[Datum van inwerkingtreding van a. 208: 1 Januarie 1996.]

[w66j1995a208A]208A Delegasies

(1) Die Minister kan enige bevoegdheid, werksaamheid of plig wat die Minister verleen of opgelê word by of ingevolge hierdie Wet, behalwe die bevoegdhede, werksaamhede of pligte beoog in artikel 32 (maar uitgesonderd subartikel (6)) en artikels 44, 207 en 208, skriftelik delegeer aan die Direkteur-generaal of enige ander beampte van die Departement van Arbeid.

(2) 'n Delegasie ingevolge subartikel (1) begrens of beperk nie die kompetensie van die Minister om enige bevoegdheid, werksaamheid of plig wat gedelegeer is, uit te oefen of te verrig nie.

(3) Die Minister kan 'n delegasie verleen onderworpe aan enige voorwaardes of beperkings wat gerade geag word.

(4) Die Minister kan te eniger tyd-

(a) 'n delegasie ingevolge subartikel (1) verleen, intrek; en

(b) enige beslissing gedoen deur iemand by die uitoefening van 'n bevoegdheid of die verrigting van 'n werksaamheid of plig wat ingevolge subartikel (1) gedelegeer is, intrek of wysig.

[A. 208A ingevoeg by a. 51 van Wet 42 van 1996.]

[w66j1995a209]209 Hierdie Wet bind die Staat

Hierdie Wet bind die Staat.

[w66j1995a210]210 Toepassing van Wet wanneer met ander wette strydig

Indien daar 'n strydigheid tussen hierdie Wet en die bepalings van enige ander wet behalwe die Grondwet of 'n wet waarby hierdie Wet uitdruklik gewysig word, ontstaan met betrekking tot die aangeleenthede wat in hierdie Wet behandel word, geniet die bepalings van hierdie Wet voorrang.

[w66j1995a211]211 Wysiging van wette

Elkeen van die wette wat in items 1 en 2 van Bylae 5 genoem word, word hierby gewysig in die mate soos in daardie items vermeld.

[w66j1995a212]212 Herroeping van wette, en oorgangsreëlings

(1) Elkeen van die wette wat in die eerste twee kolomme van Bylae 6 genoem word, word hierby herroep in die mate wat teenoor daardie wet in die derde kolom van daardie Bylae genoem word.

(2) Die herroeping van daardie wette raak nie enige van die oorgangsreëlings wat in Bylae 7 getref word nie.

(3) Die oorgangsreëlings vervat in Bylae 7 word gelees en toegepas as substantiewe bepalings van hierdie Wet.

[w66j1995a213]213 Woordomskrywing

(1) In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken-

"ampsdraer" 'n persoon wat 'n amp beklee in 'n vakbond, werkgewersorganisasie, federasie van vakbonde, federasie van werkgewersorganisasies of enige raad en wat nie 'n beampte is nie;

"beampte", met betrekking tot 'n vakbond, werkgewersorganisasie, federasie van vakbonde of federasie van werkgewersorganisasies, iemand in diens as die sekretaris, assistent-sekretaris of organiseerder van 'n vakbond, werkgewersorganisasie of federasie, of in enige ander voorgeskrewe hoedanigheid, ongeag of daardie persoon in 'n voltydse hoedanigheid in diens is, al dan nie, en, met betrekking tot 'n raad, iemand in diens van die raad as sekretaris of in enige ander voorgeskrewe hoedanigheid, ongeag of daardie persoon in 'n voltydse hoedanigheid in diens, is al dan nie;

"bedingingsraad" 'n bedingingsraad bedoel in artikel 27 en ook, met betrekking tot die staatsdiens, die bedingingsrade in artikel 35 bedoel;

"bedryfsvereistes" vereistes gegrond op die ekonomiese, tegnologiese, strukturele of soortgelyke behoeftes van 'n werkgewer;

"besoldiging" enige betaling in kontant of in goedere, of beide in kontant en goedere, gedoen of verskuldig aan 'n persoon, in ruil waarvoor daardie persoon vir 'n ander persoon, met inbegrip van die Staat, werk, en het "besoldig" 'n ooreenstemmende betekenis;

"beteken" om per geregistreerde pos, telegram, teleks of telefaks te stuur of per hand af te lewer;

"direkteur" die direkteur van die Kommissie aangestel ingevolge artikel 118 (1), en ook 'n waarnemende direkteur aangestel ingevolge artikel 119;

"gebied" ook enige aantal gebiede, hetsy aangrensend, al dan nie;

"geregistreerde bestek"-

(a) in die geval van die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad, die staatsdiens in die geheel, behoudens artikel 36;

(b) in die geval van bedingingsrade ingestel vir sektore in die staatsdiens, die sektor aangewys deur die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad ingevolge artikel 37 (1) of deur die President ingevolge artikel 37 (2) of (4);

(c) in die geval van enige ander raad, die sektor en gebied ten opsigte waarvan dit ingevolge hierdie Wet geregistreer is;

"geskil" ook 'n beweerde geskil;

"goeie praktykkode" 'n praktykkode deur NEOAR uitgereik ingevolge artikel 203 (1) van hierdie Wet;

"hierdie Wet" ook die artikelnommers, die Bylaes, behalwe Bylaes 4 en 8, en enige regulasies kragtens artikel 208 uitgevaardig, maar sluit dit nie die kop-etikette, die opskrifte of voetnote in nie;

"kollektiewe ooreenkoms" 'n skriftelike ooreenkoms oor bedinge en voorwaardes van diens of enige ander aangeleentheid van onderlinge belang, aangegaan deur een of meer geregistreerde vakbonde, aan die een kant, en aan die ander kant-

(a) een of meer werkgewers;

(b) een of meer geregistreerde werkgewersorganisasies; of

(c) een of meer werkgewers en een of meer geregistreerde werkgewersorganisasies;

"Loonwet" die Loonwet, 1957 (Wet 5 van 1957);

"Minister" die Minister van Arbeid;

"NEOAR" die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad, ingestel by artikel 2 van die Wet op die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad, 1994 (Wet 35 van 1994);

"noodsaaklike diens"-

(a) 'n diens waarvan die onderbreking die lewe, persoonlike veiligheid of gesondheid van die hele bevolking of 'n deel daarvan in die gevaar stel;

(b) die Parlementsdiens;

(c) die Suid-Afrikaanse Polisiediens;

"ontslag" ontslag soos in artikel 186 omskryf;

"ouditeur" iemand wat geregistreer is om in die Republiek as 'n openbare rekenmeester en ouditeur te praktiseer;

"protesoptrede" die gedeeltelike of algehele gesamentlike weiering om te werk, of die vertraging of belemmering van werk, met die doel om die sosio-ekonomiese belange van werkers te bevorder of te beskerm, maar nie vir 'n doel in die omskrywing van "staking" bedoel nie;

"raad" 'n bedingingsraad en 'n statutêre raad;

"registrateur" die registrateur van arbeidsverhoudinge aangestel ingevolge artikel 108, en ook-

(a) 'n adjunkregistrateur aangestel ingevolge daardie artikel, handelende op die lasgewing of uit hoofde van 'n algemene of spesiale delegasie van die registrateur; en

(b) 'n waarnemende registrateur aangestel ingevolge daardie artikel;

"regspraktisyn" enige persoon wat toegelaat is om in die Republiek as 'n advokaat of 'n prokureur te praktiseer;

"Republiek"-

(a) met verwysing na die Staat as 'n staatkundige entiteit, die Republiek van Suid-Afrika soos omskryf in artikel 1 van die Grondwet; en

(b) in die territoriale sin van die woord, die nasionale grondgebied van die Republiek soos in artikel 1 van die Grondwet omskryf;

"sektor", behoudens artikel 37, 'n nywerheid of 'n diens;

"staatsdiens" die staatsdiens bedoel in artikel 1 (1) van die Staatsdienswet, 1994 (afgekondig by Proklamasie 103 van 1994), en ook enige organisasiekomponent beoog in artikel 7 (4) van daardie Wet en vermeld in die eerste kolom van Bylae 2 by daardie Wet, maar uitgesonderd-

(a) die lede van die Nasionale Weermag;

(b) die Nasionale Intelligensie-agentskap; en

(c) die Suid-Afrikaanse Geheimediens;

"staking" die gedeeltelike of volkome gesamentlike weiering om te werk, of die vertraging of belemmering van werk, deur persone wat in diens is of was van dieselfde werkgewer of verskillende werkgewers, met die oog op die regstelling van 'n grief of die beslegting van 'n geskil rakende enige aangeleentheid van onderlinge belang tussen werkgewer en werknemer, en sluit elke verwysing na "werk" in hierdie omskrywing oortydwerk in, ongeag of dit vrywillig of verpligtend is;

"statutêre raad" 'n raad ingevolge Deel E van Hoofstuk III ingestel;

"uitsluiting" die uitsluiting deur 'n werkgewer van werknemers uit die werkgewer se werkplek, met die doel om die werknemers te verplig om 'n eis ten opsigte van enige aangeleentheid van onderlinge belang tussen werkgewer en werknemer te aanvaar, ongeag of die werkgewer in die loop van of vir doeleindes van daardie uitsluiting die dienskontrakte met daardie werknemers verbreek;

"vakbond" 'n vereniging van werknemers waarvan die hoofdoel is om verhoudinge tussen werknemers en werkgewers, met inbegrip van enige werkgewersorganisasies, te reël;

"vakbondverteenwoordiger" 'n lid van 'n vakbond wat verkies is om die werknemers in 'n werkplek te verteenwoordig;

"voorgeskryf" van tyd tot tyd by regulasie ingevolge artikel 208 voorgeskryf;

"vraagstuk in geskil", met betrekking tot 'n staking of uitsluiting, die eis, die grief of die geskil wat die onderwerp van die staking of uitsluiting uitmaak;

"werknemer"*-

(a) iemand, behalwe 'n onafhankelike kontrakteur, wat vir iemand anders of die Staat werk en wat besoldiging ontvang of geregtig is om besoldiging te ontvang; en

(b) iemand anders wat op enige wyse help om die besigheid van 'n werkgewer voort te sit of te bedryf,

en "in diens" en "diens" het betekenisse wat met dié van "werknemer" ooreenstem;

"werkgewersorganisasie" enige aantal werkgewers wat met mekaar geassosieer is met die doel, hetsy op sigself of saam met ander doeleindes, om verhoudinge tussen werkgewers en werknemers of vakbonde te reël;

"werkplek"-

(a) met betrekking tot 'n sektor in die staatsdiens ten opsigte waarvan 'n bedingingsraad ingevolge artikel 37 ingestel is, die plek wat die verantwoordelike Minister bepaal na oorlegpleging met die bedingingsraad;

(b) met betrekking tot die res van die staatsdiens, die plek of plekke wat die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie bepaal na oorlegpleging met die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad;

(c) in alle ander gevalle, die plek of plekke waar die werknemers van 'n werkgewer werk. Indien 'n werkgewer twee of meer bedrywe voer of voortsit wat vanweë hul grootte, werking of organisasie onafhanklik van mekaar is, maak die plek of plekke waar werknemers in verband met elke onafhanklike bedryf werk, die werkplek vir daardie bedryf uit;

"werkplekforum" 'n werkplekforum ingestel ingevolge Hoofstuk V;

"werkure" die ure waartydens 'n werknemer verplig is om te werk; en

"Wet op Basiese Diensvoorwaardes" die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1983 (Wet 3 van 1983).

[w66j1995a214]214 Kort titel en inwerkingtreding

(1) Hierdie Wet heet die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995.

(2) Hierdie Wet tree in werking op 'n datum deur die President by proklamasie in die Staatskoerant bepaal te word, behalwe in die geval van 'n bepaling met betrekking waartoe daar elders in hierdie Wet 'n ander reëling betreffende inwerkingtreding getref word.

[Sub-a. (2) vervang by a. 53 van Wet 42 van 1996.]

Bylae 1
INSTELLING VAN BEDINGINGSRADE VIR STAATSDIENS

1 Woordomskrywings vir hierdie Bylae

In hierdie Bylae, tensy uit die sinsverband anders blyk, beteken-

"Nasionale Onderhandelingsforum" die Nasionale Onderhandelingsforum ingestel vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens by die Regulasies betreffende Arbeidsverhoudinge in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995;

"Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys" die raad ingestel by artikel 6 (1) van die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys;

"Staatsdiensbedingingsraad" die raad bedoel in artikel 5 (1) van die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Staatsdiens;

"Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys" die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys, 1993 (Wet 146 van 1993);

"Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens" die Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens, 1994 (afgekondig by Proklamasie 105 van 1994).

2 Instelling van Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad

(1) So gou doenlik na die inwerkingtreding van hierdie Wet moet die Kommissie by kennisgewing in die Staatskoerant die werknemers- en werkgewersverteenwoordigers in die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys, en dié in die Nasionale Onderhandelingsforum en die sentrale kamer van die Staatsdiensbedingingsraad uitnooi om 'n vergadering by te woon met die oog daarop dat daardie verteenwoordigers 'n ooreenkoms sal bereik oor 'n konstitusie vir die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad.

(2) Die Kommissie moet 'n kommissaris aanstel om by die vergadering voor te sit en die sluiting aanhelp van 'n ooreenkoms oor 'n konstitusie wat voldoen aan die vereistes van artikel 30, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is.

(3) Die partye by die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys, die Nasionale Onderhandelingsforum en die sentrale kamer van die Staatsdiensbedingingsraad is die stigterslede by die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad.

(4) Indien 'n ooreenkoms gesluit word en die registrateur oortuig is dat die konstitusie aan die vereistes van artikel 30 voldoen, moet die registrateur die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad registreer deur sy naam in die register van rade in te skryf.

(5) Indien daar nie 'n ooreenkoms oor 'n konstitusie gesluit word nie, moet die registrateur-

(a) die konstitusie vir die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad bepaal;

(b) die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad registreer deur sy naam in die register van rade te skryf; en

(c) die konstitusie sertifiseer as die konstitusie van die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad.

(6) Nadat die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad geregistreer is, moet die registrateur-

(a) 'n registrasiesertifikaat uitreik wat die geregistreerde bestek van die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad vermeld; en

(b) die registrasiesertifikaat en 'n gewaarmerkte afskrif van die konstitusie aan die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad stuur.

3 Instelling van bedingingsrade in sektore

(1) Die departementele en provinsiale kamers van die Staatsdiensbedingingsraad word geag bedingingsrade te wees wat ingevolge artikel 37 (3) (a) van hierdie Wet ingestel is, behoudens enige aanwysing ingevolge artikel 37 (1) van hierdie Wet.

(2) Die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys word geag 'n bedingingsraad te wees wat ingevolge artikel 37 (3) (b) van hierdie Wet ingestel is.

(3) Die Nasionale Onderhandelingsforum word geag 'n bedingingsraad te wees vir 'n sektor wat ingevolge artikel 37 (2) van hierdie Wet aangewys is.

(4) Indien die President 'n sektor ingevolge artikel 37 (2) aanwys, moet die President die Kommissie inlig en dié aansê om 'n vergadering te belê van die verteenwoordigers van die geregistreerde vakbonde met lede wat in die sektor in diens is.

(5) Die Kommissie moet 'n kennisgewing in die Staatskoerant publiseer wat geregistreerde vakbonde wat lede in die sektor in diens het, uitnooi om die vergadering by te woon.

(6) Die Kommissie moet 'n kommissaris aanstel om by die vergadering voor te sit en die sluiting van 'n ooreenkoms aanhelp oor-

(a) die geregistreerde vakbonde wat partye by die bedingingsraad moet wees; en

(b) 'n konstitusie wat voldoen aan die vereistes van artikel 30, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is.

(7) Indien 'n ooreenkoms gesluit word, moet die registrateur-

(a) die geregistreerde vakbonde as partye by die bedingingsraad toelaat; en

(b) indien oortuig dat die konstitusie aan die vereistes van artikel 30 voldoen, die bedingingsraad registreer deur sy naam in die register van rade in te skryf.

(8) Indien daar nie 'n ooreenkoms gesluit word-

(a) oor die geregistreerde vakbonde wat toegelaat moet word nie, moet die Kommissie beslis welke vakbonde wel toegelaat behoort te word;

(b) oor die konstitusie nie, moet die registrateur, ooreenkomstig die beslissing van die Kommissie ingevolge paragraaf (a), 'n konstitusie bepaal wat voldoen aan die vereistes van artikel 30, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is.

(9) Die registrateur moet die bedingingsraad vir die sektor registreer deur sy naam in die register van rade in te skryf.

(10) Nadat die bedingingsraad geregistreer is, moet die registrateur-

(a) 'n registrasiesertifikaat uitreik wat die geregistreerde bestek van die bedingingsraad vermeld; en

(b) die sertifikaat en 'n gewaarmerkte afskrif van die konstitusie aan die bedingingsraad stuur.

Bylae 2
RIGLYNE VIR KONSTITUSIE VAN WERKPLEKFORUM

1 Inleiding

(1) Hierdie Bylae bevat riglyne vir die konstitusie van 'n werkplekforum. Die bedoeling is om leiding te gee aan verteenwoordigende vakbonde wat 'n werkplekforum wil instel, asook aan werkgewers en kommissarisse.

(2) Hierdie Wet verleen die hoogste voorkeur aan die instelling van werkplekforums by wyse van ooreenkoms tussen 'n verteenwoordigende vakbond en 'n werkgewer. Die rol van die kommissaris is om die bereiking van 'n ooreenkoms waarby die struktuur en werksaamhede van 'n werkplekforum vasgestel word, te vergemaklik en aan te help. Indien 'n ooreenkoms nie moontlik is nie, hetsy in die geheel óf gedeeltelik, moet die kommissaris uit hierdie Bylae put en die riglyne daarin vervat so gebruik dat dit die bepaalde werkplek die beste pas.

(3) Geriefshalwe volg die riglyne die volgorde van die paragrawe in artikel 82 van hierdie Wet.

2 Getal setels in werkplekforums (artikel 82 (1) (a))

Die formule om die getal setels in die werkplekforums vas te stel, moet die grootte, aard, beroepstruktuur en fisiese ligging van die werkplek weerspieël. Die volgende kan as 'n riglyn dien-

(a) in 'n werkplek waarin 100 tot 200 werknemers in diens is, vyf lede;

(b) in 'n werkplek waarin 201 tot 600 werknemers in diens is, agt lede;

(c) in 'n werkplek waarin 601 tot 1 000 werknemers in diens is, 10 lede;

(d) in 'n werkplek waarin meer as 1 000 werknemers in diens is, 10 lede vir die eerste 1 000 werknemers, plus 'n addisionele lid vir elke bykomende 500 werknemers, tot hoogstens 20 lede.

3 Verspreiding van setels om beroepstruktuur te weerspieël (artikel 82 (1) (b))

Die formule om die verspreiding van setels in die werkplekforum te bepaal, moet die beroepstruktuur van die werkplek weerspieël.

Voorbeeld:

Daar is 300 werknemers in 'n werkplek. Die beroepstruktuur is soos volg: 200 werknemers wat hande-arbeid verrig; 50 wat administratiewe en klerklike werknemers is; en 50 wat toesighoudende, bestuurs- en tegniese werknemers is. Die ses setels kan soos volg verdeel word:

4 setels vir lede wat gekies moet word uit kandidate benoem uit die geledere van die werknemers wat hande-arbied verrig

1 setel vir lede wat gekies moet word uit kandidate benoem uit die geledere van die administratiewe en klerklike werknemers

1 setel vir lede wat gekies moet word uit kandidate benoem uit die geledere van die toesighoudende, bestuurs- en tegniese werknemers.

4 Verkiesings (artikel 82 (1) (c), (d), (g), (h), (i) en (j))

(1) Die konstitusie moet bepalings bevat wat vir die aanstelling van 'n kiesbeampte voorsiening maak.

Voorbeeld:

(a) Elke verkiesing of tussenverkiesing met betrekking tot 'n werkplekforum moet gehou word deur 'n kiesbeampte aangestel by ooreenkoms tussen die verteenwoordigende vakbond en die werkgewer.

(b) Indien die vakbond en die werkgewer nie kan ooreenkom nie, kan die vakbond by die Kommissie aansoek doen om 'n kiesbeampte aan te stel.

(c) Die Kommissie stel 'n kiesbeampte aan om 'n tussenverkiesing te hou slegs indien die Kommissie oortuig is dat die werkplekforum nie sonder 'n tussenverkiesing behoorlik kan funksioneer nie.

(2) Die konstitusie moet die pligte van die kiesbeampte uiteensit asook die prosedure vir 'n verkiesing.

Voorbeeld:

(a) Dertig dae voor elke verkiesing van lede van die werkplekforum moet die kiesbeampte-

(i) 'n lys opstel van al die werknemers in die werkplek; en

(ii) benoemings vir lede van die werkplekforum aanvra.

(b) Enige werknemer kan as 'n kandidaat vir verkiesing tot lid van die werkplekforum benoem word-

(i) deur 'n geregistreerde vakbond met lede in diens in die werkplek;

(ii) by wyse van 'n petisie wat onderteken is deur minstens 20 persent van die werknemers in die werkplek of 100 werknemers, watter getal werknemers ook al die kleinste is.

(c) Enige werknemer wat 'n lid is of wat voorheen gedien het as 'n lid van 'n werkplekforum, is herkiesbaar.

(d) Veertien dae voor elke verkiesing van lede van die werkplekforum moet die kiesbeampte-

(i) bevestig dat die benoemde kandidate kwalifiseer om verkies te word;

(ii) 'n lys publiseer van al die kandidate wat kwalifiseer en wat behoorlik benoem is; en

(iii) 'n stembrief vir die verkiesing opstel waarin die benoemde kandidate alfabeties volgens vanne gelys word.

(e) Stemming geskied in die geheim by wyse van 'n geslote stembriefie.

(f) Elke werknemer is daarop geregtig om gedurende werkure op die werknemer se perseel in die verkiesing van die werkplekforum te stem.

(g) Elke werknemer in die werkplek is daarop geregtig om 'n getal stemme uit te bring wat gelyk is aan die getal lede wat vir die werkplekforum verkies moet word.

(h) Elke werknemer kan een of meer van daardie stemme ten gunste van enige kandidaat uitbring.

5 Ampstermyne (artikel 82 (1) (k), (l) en (m))

(1) Die konstitusie moet voorsiening maak dat die lede van 'n werkplekforum hulle ampte bly beklee tot met die eerste vergadering van die nuut-verkose werkplekforum.

(2) Die konstitusie moet bepalings insluit wat lede toelaat om te bedank asook bepalings met betrekking tot die ampsontheffing van lede.

Voorbeeld:

(a) 'n Lid van 'n werkplekforum kan bedank deur skriftelik aan die voorsitter kennis te gee.

(b) 'n Lid van 'n werkplekforum moet daardie amp ontruim-

(i) wanneer die lid se bedanking in werking tree;

(ii) indien die lid bevorder word tot 'n pos met senior bestuurstatus;

(iii) indien die lid uit die werkplek verplaas word;

(iv) indien die lid se diens beëindig word;

(v) ten gevolge van 'n toekenning van 'n kommissaris; of

(vi) indien die verteenwoordigende vakbond wat 'n lid benoem het, die lid onttrek.

(c) Die verteenwoordigende vakbond, die werkgewer of die werkplekforum kan by die Kommissie aansoek doen om 'n lid van die werkplekforum van die amp te onthef op grond van growwe versaking van ampspligte.

(d) Twintig persent van die werknemers in die werkplek kan by wyse van 'n petisie deur hulle onderteken en aan die Kommissie voorgelê, aansoek doen dat 'n lid van die werkplekforum op grond van growwe versaking van ampspligte, van die amp onthef word.

(e) 'n Aansoek om 'n lid van die werkplekforum van die amp te onthef moet deur arbitrasie onder beskerming van die Kommissie beslis word.

(f) 'n Tussenverkiesing om 'n vakature in die werkplekforum te vul, moet deur 'n kiesbeampte gehou word.

6 Vergaderings van 'n werkplekforum (artikel 82 (1) (n))

Die konstitusie moet bepalings insluit waarby vergaderings van die werkplekforum gereël word.

Voorbeeld:

(a) Die eerste vergadering van 'n nuut-verkose werkplekforum moet so gou doenlik na die verkiesing deur die verkiesingsbeampte belê word.

(b) By daardie vergadering moet die lede van die werkplekforum uit hul geledere 'n voorsitter en 'n ondervoorsitter kies.

(c) Die werkplekforum moet vergader wanneer ook al dit nodig mag wees, maar ten minste een keer per maand.

(d) 'n Kworum van die werkplekforum is die meerderheid van die lede van die werkplekforum wat te eniger tyd die amp beklee.

(e) 'n Beslissing van die meerderheid van die lede van die werkplekforum teenwoordig by die vergadering is die beslissing van die werkplekforum.

(f) Vergaderings tussen lede van die werkplekforum en die werknemers moet ten minste vier keer per jaar plaasvind.

Voorbeeld 1:

By 'n werkplek wat 'n enkele plek is, moet die vergaderings met werknemers met al die lede van die werkplekforum plaasvind.

Voorbeeld 2:

In 'n werkplek wat geografies versprei is, hoef die vergaderings met werknemers nie met al die lede van die werkplekforum plaas te vind nie, maar kan dit met een of meer lede van die werkplekforum plaasvind.

7 Tyd vry vir lede van werkplekforum (artikel 82 (1) (p))

Die konstitusie moet bepalings insluit wat die tyd wat lede vry het om hulle werksaamhede te verrig, reël.

Voorbeeld:

(a) 'n Lid van 'n werkplekforum is geregtig om redelike tyd vry met betaling gedurende werkure te neem met die doel om-

(i) die werksaamhede en pligte van 'n lid te verrig; en

(ii) opleiding met betrekking tot die verrigting van daardie werksaamhede en pligte te ondergaan.

(b) Die reg op tyd vry is onderworpe aan voorwaardes wat redelik is ten einde die onnodige ontwrigting van werk te voorkom.

(c) Die koste verbonde aan opleiding moet deur die werkgewer betaal word indien daardie koste redelik is, met inagneming van die grootte en vermoëns van die werkgewer.

8 Geriewe wat aan werkplekforum voorsien moet word (artikel 82 (1) (r))

Die konstitusie moet van die werkgewer vereis om aan die werkplekforum geriewe te verskaf wat voldoende is om sy werksaamhede te verrig.

Voorbeeld:

(a) Die werkgewer moet op eie koste die volgende voorsien-

(i) gelde, geriewe en materiaal wat nodig is vir die hou van verkiesings en tussenverkiesings van die werkplekforum; en

(ii) administratiewe en sekretariële geriewe wat geskik is om die lede van die werkplekforum in staat te stel om hulle werksaamhede en pligte te verrig.

(b) Hierdie geriewe moet insluit, maar is nie beperk nie tot, 'n kamer waarin die werkplekforum kan vergader, en toegang tot 'n telefoon.

(c) Die koste aangegaan deur die werkgewer ter nakoming van die bepalings van paragrawe (a) en (b) moet redelik wees, met inagneming van die grootte en vermoëns van die werkgewer.

9 Deskundiges (artikel 82 (1) (t))

Die konstitusie kan voorsiening maak vir die gebruikmaking van deskundiges.

Voorbeeld:

(a) 'n Werkplekforum kan deskundiges versoek om hulp te verleen by die verrigting van enige van sy werksaamhede.

(b) 'n Deskundige moet toesien dat daar geen botsing van belange tussen die hulp verleen aan een werkplekforum en aan 'n ander is nie.

(c) 'n Deskundige kan enige vergadering van die werkplekforum bywoon en kan, op versoek van die werkplekforum, enige vergadering van die werkplekforum toespreek, wat insluit 'n vergadering met die werkgewer of die werknemers.

(d) 'n Deskundige is geregtig op enige inligting waarop die werkplekforum geregtig is en kan enige dokument nagaan en 'n afskrif daarvan maak.

10 Instelling van koördinerende en ondergeskikte werkplekforums (artikel 82 (2) (b))

(1) Waar 'n werkgewer twee of meer bedrywe voortsit of voer wat onafhanklik van mekaar is vanweë hulle grootte, werking of organisasie, kan die konstitusie voorsiening maak vir die instelling van 'n koördinerende werkplekforum met jurisdiksie oor daardie aangeleenthede genoem in artikels 84 en 86 wat die werknemers in die algemeen raak, en vir die instelling van 'n ondergeskikte werkplekforum in elk van die werkplekke met jurisdiksie oor die aangeleenthede wat slegs die werknemers in daardie werkplek raak.

(2) Waar die werkgewer 'n werkplek het wat geografies versprei is en daar aangeleenthede is wat van plaaslike eerder as algemene belang is, kan die konstitusie 'n koördinerende werkplekforum met algemene jurisdiksie en ondergeskikte werkplekforums met jurisdiksie oor plaaslike belange, instel.

Voorbeeld:

'n Bank met 'n hoofkantoor kan baie takke hê wat oor die hele land versprei is. Indien die takke nie as afsonderlike werkplekke beskou word nie, kan die bank een werkplekforum vir al sy werknemers hê, of die konstitusie kan vir die instelling van 'n koördinerende werkplekforum op hoofkantoorvlak voorsiening maak en in sekere van of al die takke voorsiening maak vir die instelling van ondergeskikte werkplekforums om aangeleenthede te hanteer wat slegs die werknemers in daardie takke raak.

Bylae 3
KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE

1 Besoldiging en toelaes van lede van beheerliggaam

Die Minister, moet na oorleg met die Minister van Finansies, die besoldiging en toelaes en ander diensbedinge en -voorwaardes van lede van die beheerliggaam bepaal.

2 Bedanking en ontheffing van amp van lid van beheerliggaam

(1) 'n Lid van die beheerliggaam kan bedank deur skriftelike kennis daarvan aan die beheerliggaam te gee.

(2) Die Minister handelende op advies van NEOAR, kan 'n lid van die beheerliggaam van sy amp onthef weens-

(a) ernstige wangedrag;

(b) ongeskiktheid of onbevoegdheid; of

(c) afwesigheid van drie opeenvolgende vergaderings van die beheerliggaam sonder gegronde redes of sonder die vooraf verkreë toestemming van die voorsitter.

3 Vakatures in beheerliggaam

(1) 'n Vakature in die beheerliggaam ontstaan wanneer-

(a) 'n lid se ampstermyn ten einde loop;

(b) 'n lid se bedanking van krag word;

(c) 'n lid van die amp onthef word; of

(d) 'n lid sterf.

(2) Die Minister moet 'n vakature in die beheerliggaam so gou doenlik vul. Die Kommissie se verrigtinge en besluite bly intussen geldig.

(3) By die ontstaan van 'n vakature-

(a) wanneer 'n lid se ampstermyn ten einde loop, kan die Minister die lid heraanstel of iemand anders aanstel wat ooreenkomstig artikel 116 (2) en (3) deur NEOAR benoem is;

(b) om enige ander rede, moet die Minister iemand anders aanstel wat ooreenkomstig artikel 116 (2) en (3) deur NEOAR benoem is om die lid te vervang en die onverstreke deel van die ampstermyn van die lid wat vervang word, uit te dien.

4 Verrigtinge van beheerliggaam

(1) Die beheerliggaam moet prosedures vir sy vergaderings bepaal.

(2) 'n Kworum vir 'n vergadering van die beheerliggaam is drie lede van die beheerliggaam. Die kworum van drie lede moet insluit-

(a) een lid wat benoem is deur daardie stemgeregtigde lede van NEOAR wat die georganiseerde besigheidsektor verteenwoordig;

(b) een lid wat benoem is deur daardie stemgeregtigde lede van NEOAR wat die georganiseerde arbeidsektor verteenwoordig; en

(c) een lid wat benoem is deur daardie stemgeregtigde lede van NEOAR wat die Staat verteenwoordig.

(3) Ondanks subitem (2), kan 'n vergadering van die beheerliggaam gehou word in die afwesigheid van enige lid wat die georganiseerde besigheidsektor of georganiseerde arbeidsektor of die Staat verteenwoordig, indien daardie lede daartoe ingestem het dat die vergadering in die afwesigheid van daardie lid gehou word of voortgaan en ooreengekom het oor die sake wat in die afwesigheid van daardie lid behandel mag word.

(4) Indien die voorsitter afwesig is van 'n vergadering van die beheerliggaam, moet die teenwoordige lede iemand uit hulle geledere kies om by daardie vergadering voor te sit, en by daardie vergadering mag daardie lid enige werksaamheid van die voorsitter uitoefen of verrig.

(5) 'n Gebrek of fout by die aanstelling van 'n lid van die Kommissie raak nie die geldigheid van die Kommissie se verrigtinge of beslissings nie.

5 Direkteur van Kommissie

(1) Die direkteur kan bedank deur skriftelike kennis daarvan aan die beheerliggaam te gee.

(2) Die beheerliggaam kan die direkteur van die amp onthef weens-

(a) ernstige wangedrag;

(b) ongeskiktheid of onbevoegdheid;

(c) 'n wesenlike skending van die Kommissie se gedragskode; of

(d) afwesigheid van drie opeenvolgende vergaderings van die beheerliggaam sonder gegronde redes of sonder die vooraf verkreë toestemming van die voorsitter.

(3) 'n Vakature in die amp van direkteur ontstaan wanneer-

(a) die direkteur die ouderdom van 65 bereik;

(b) die direkteur se bedanking van krag word;

(c) die beheerliggaam die direkteur van die amp onthef; of

(d) die direkteur sterf.

(4) So gou doenlik nadat die amp van direkteur vakant raak, moet die beheerliggaam ooreenkomstig die bepalings van artikel 118 'n direkteur aanstel.

6 Bankrekening

Die beheerliggaam moet 'n bankrekening op naam van die Kommissie open en in stand hou by 'n bank wat in die Republiek geregistreer is, of by 'n ander geregistreerde finansiële instelling deur die Minister van Finansies goedgekeur en moet, behoudens item 7-

(a) enige geld wat die Kommissie ontvang, in daardie rekening inbetaal; en

(b) alle betalings namens die Kommissie vanuit daardie rekening gedoen word.

7 Belegging van surplusgeld

Die beheerliggaam kan by resolusie besluit om enige geld wat die Kommissie nie onmiddellik benodig om lopende of gebeurlikheidsuitgawes te betaal nie, te belê-

(a) teen aanvraag of as korttermyndeposito's by 'n bank wat voldoen aan die vereistes in item 6 genoem;

(b) in 'n beleggingsrekening by die Korporasie vir Openbare Deposito's, indien die Minister met die instemming van die Minister van Finansies die duur en ander voorwaardes van die belegging skriftelik goedkeur.

8 Boekhouding en ouditering

Die Kommissie moet, ooreenkomstig algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk, beginsels en prosedures-

(a) boeke en rekords hou van sy inkomste, uitgawe, bates en laste;

(b) so gou doenlik na die einde van elke boekjaar, finansiële state opstel wat minstens insluit 'n staat van inkomste en uitgawe vir die voorafgaande boekjaar en 'n balansstaat wat sy bates, laste en finansiële posisie soos aan die einde van die vorige boekjaar toon; en

(c) elke jaar reël dat die Ouditeur-generaal sy rekeningboeke en rekords en finansiële state ouditeer.

9 Jaarverslag

(1) So gou doenlik na die einde van elke boekjaar moet die Kommissie die Minister voorsien van 'n verslag betreffende die aktiwiteite en die finansiële posisie van die Kommissie gedurende die voorafgaande boekjaar.

(2) Die Minister moet die Kommissie se jaarverslag binne 14 dae na ontvangs daarvan van die Kommissie in die Parlement ter Tafel lê, maar indien die Parlement nie dan sit nie, moet die Minister die verslag binne 14 dae na die aanvang van die eersvolgende Parlementêre sessie ter Tafel lê.

[Datum van inwerkingtreding van Bylae 3: 1 Januarie 1996.]

Bylae 4
GESKILBESLEGTING: VLOEIDIAGRAMME

Hierdie Bylae bevat vloeidiagramme wat riglyne stel met betrekking tot die prosedures vir die beslegting van sommige van die belangriker geskille wat ingevolge hierdie Wet kan ontstaan. Hierdie Bylae vorm nie deel van hierdie Wet nie, en het nie regskrag nie. Die vloeidiagramme is bloot bedoel om van hulp te wees aan daardie partye wat by 'n geskil betrokke mag raak.

Die vloeidiagramme dui nie die regte aan wat partye mag hê om dringende tussentydse regshulp aan te vra nie, en dui ook nie 'n reg op hersiening deur of reg van appèl na die Arbeidshof of Arbeidsappèlhof aan wat die partye in sekere gevalle mag hê nie. Die omstandighede waaronder hierdie regte beskikbaar is, word in hierdie Wet uiteengesit.

Arbiters se toekennings en vasstellings is in die finale instansie afdwingbaar deur die Arbeidshof.

========================================================

VLOEIDIAGRAM 1
VRYHEID VAN ASSOSIASIE


VOETNOTE:

1. Hierdie prosedure is van belang by die interpretasie en toepassing van Hoofstuk II. Byvoorbeeld, indien 'n werkgewer dreig om 'n werknemer te ontslaan tensy die werknemer uit 'n vakbond bedank, kan daardie werknemer ingevolge hierdie prosedure die regte by hierdie hoofstuk verleen, afdwing. Indien 'n vakbond dreig om 'n werkgewer te boikot omdat die werkgewer, byvoorbeeld, verrigtinge teen die vakbond instel, kan die werkgewer se regte op dieselfde wyse afgedwing word.

2. Die geskil moet na 'n raad verwys word indien die partye by 'n verskil binne die geregistreerde bestek van die raad val.

========================================================

VLOEIDIAGRAM 2
ORGANISERINGSREGTE


VOETNOTE:

1. 'n Geregistreerde vakbond kan 'n werkgewer in kennis stel dat hy van voorneme is om organiseringsregte uit te oefen. Die inhoud van die kennisgewing word in a 21 (2) uiteengesit. Byvoorbeeld, indien 'n geregistreerde vakbond voldoende verteenwoordigend is, kan hy die werkgewer in kennis stel dat hy die reg tot toegang wil uitoefen.

2. Die doel van die vergadering is om 'n kollektiewe ooreenkoms oor die uitoefening van die organiseringsreg te sluit. Indien 'n ooreenkoms nie gesluit word nie, kan die vakbond besluit om te staak of die geskil na die Kommissie verwys. Indien die vakbond besluit om nie te staak nie, kan hy nie 'n geskil oor die organiseringsregte vir 'n tydperk van 12 maande na die Kommissie verwys nie.

3. Die Wet beoog geskille en, derhalwe, vasstellings oor die omskrywing van 'n werkplek, die verteenwoordigendheid van die vakbond en die wyse waarop organiseringsregte uitgeoefen word.

========================================================

VLOEIDIAGRAM 3
KOLLEKTIEWE OOREENKOMSTE


========================================================

VLOEIDIAGRAM 4
KOLLEKTIEWE OOREENKOMSTE

(Agentskapwerkplek- en geslote geledere-ooreenkomste)


VOETNOTE:

1. Hierdie prosedure handel oor die interpretasie en toepassing van geslote geledere- en agentskapwerkplekooreenkomste. Byvoorbeeld, indien die bydraes wat ingevolge daardie ooreenkomste van lone afgetrek word, vir ander doeleindes as waarna in artikels 25 (3) (d) of 26 (3) (d) aangewend word, kan daardie geskil na die Kommissie verwys word. Geskille met betrekking tot ontslag waar geslote geledere betrokke is, word in Hoofstuk IX hanteer - sien vloeidiagram 11.

2. Artikel 24 (7) verleen 'n beperkte reg tot appél teen sommige toekennings na die Arbeidshof.

========================================================

VLOEIDIAGRAM 5
RADE

(Toelating van Partye)


========================================================

VLOEIDIAGRAM 6
STAKINGS & UITSLUITINGS

(Wat nie aan die Wet voldoen nie)


VOETNOTE:

1. Die kennisgewing vereiste word in a 68 (2) behandel. 'n Korter tydperk van kennisgewing kan toegelaat word in die omstandighede in daardie artikel uiteengesit. Kennisgewing word nie vereis indien die werknemers met 'n noodsaaklike diens of 'n instandhoudingsdiens gemoeid is nie.

2. Die bevele wat die Arbeidshof kan toestaan sluit in bevele van belet en 'n vergoedingsbevel.

========================================================

VLOEIDIAGRAM 7
BETOOGLINIEVORMING


========================================================

VLOEIDIAGRAM 8
NOODSAAKLIKE DIENSTE

(Geskil van belang binne noodsaaklike dienste)


VOETNOTE:

1. 'n Geskil van belang binne 'n noodsaaklike diens kan, byvoorbeeld, 'n geskil oor lone insluit. Aangesien werknemers nie mag staak en werkgewers nie mag uitsluit nie (kyk a 65 (1) (d)), kan enige party die geskil na 'n raad of die Kommissie verwys.

2. Die geskil moet na 'n raad verwys word indien die partye by die geskil binne die geregistreerde bestek van die raad val.

3. In die geval van 'n toekenning wat die Staat bind en wat finansiële implikasies het, word spesiale Parlementêre prosedures voorgeskryf (kyk a 74 (5) tot (7)).

========================================================

VLOEIDIAGRAM 9
WERKPLEKFORUM (1)

(Gesamentlike Besluitneming)


========================================================

VLOEIDIAGRAM 10
ONBILLIKE ONTSLAG (1)

(Outomaties Onbillike Redes)


VOETNOTE:

1. Voorbeelde van ontslagte wat outomaties onbillik is sluit in ontslag weens deelname in 'n beskermde staking, ontslag weens swangerskap en ontslag wat neerkom op 'n daad van diskriminasie.

2. Die tydsbeperking is bereken om te verseker dat geskille so gou doenlik hanteer word. Kondonasie kan op goeie gronde toegestaan word.

========================================================

VLOEIDIAGRAM 11
ONBILLIKE ONTSLAG (2)

(Stakings en redes in verband met geslote geledere)


VOETNOTE:

1. Die tydsbeperking is bereken om te verseker dat geskille so gou moontlik hanteer word. Kondonasie kan op goeie gronde toegestaan word.

========================================================

VLOEIDIAGRAM 12
ONBILLIKE ONTSLAG (3)

(Wangedrag/Ongeskiktheid en Onbekwaamheid)


VOETNOTE:

1. Ontslag weens wangedrag en ongeskiktheid en onbekwaamheid word hanteer in die Goeie Praktykskode: Ontslag in Bylae 8.

2. Die tydsbeperking is bereken om te verseker dat geskille so gou doenlik hanteer word. Kondonasie kan op goeie gronde toegestaan word.

========================================================

VLOEIDIAGRAM 13
ONBILLIKE ONTSLAG (4)

(Bedryfsvereistes)


========================================================

VLOEIDIAGRAM 14
ONBILLIKE ARBEIDSPRAKTYK


VOETNOTE:

1. Ander onbillike arbeidspraktyke sluit in onbillike optrede deur die werkgewer met betrekking tot bevordering/verlaging in rang, opleiding of die voorsiening van voordele, onbillike skorsing, die versuim om 'n werknemer ingevolge enige ooreenkoms in diens te herstel of weer in diens te neem (kyk Item 2, Bylae 7).

======================================================

Bylae 5
WYSIGING VAN WETTE

[Datum van inwerkingtreding van Bylae 5: 11 November 1996.]
[Bylae 5 gewysig by a. 27 van Wet 127 van 1998.]

1 Wysig artikel 1 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 27 van 1956 deur subartikel (3) te vervang.

2 Wysig artikel 35 van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid 85 van 1993, sos volg: paragraaf (a) vervang in subartikel (3) die woord "nywerheidshof", waar dit ook al in subartikel (3) voorkom, deur die woord "Arbeidshof"; en paragraaf (b) vervang subartikel (4).

3 Wysig artikel 2 van die Wet op Pensioenfondse 24 van 1956 deur subartikel (1) te vervang.

[Item 3 bygevoeg by a. 55 van Wet 42 van 1996 en vervang by a. 27 (a) van Wet 127 van 1998.]

4 Wysig artikel 2 (1) van die Wet op Mediese Skemas 72 van 1967 deur paragraaf (g) te vervang.

[Item 4 bygevoeg by a. 55 van Wet 42 van 1996 en vervang by a. 27 (a) van Wet 127 van 1998.]

5 Wysig artikel 1 (1) van die Versekeringswet 27 van 1943 deur paragraaf (d) van die omskrywing van "versekeringsbesigheid" te vervang.

[Item 5 bygevoeg by a. 27 (b) van Wet 127 van 1998.]

6 Wysig artikel 2 (1) van die Wet op Onderlinge Hulpverenigings 25 van 1956 deur paragraaf (g) te vervang.

[Item 6 bygevoeg by a. 27 (b) van Wet 127 van 1998.]

7 Wysig artikel 3 (1) van die Wet op Onderlinge Hulpverenigings 25 van 1956 deur paragraaf (a) te vervang.

[Item 7 bygevoeg by a. 27 (b) van Wet 127 van 1998.]

Bylae 6
WETTE HERROEP BY ARTIKEL 212


Nommer en jaar van wet Kort titel Mate waarin herroep
Wet 28 van 1956 Wet op Arbeidsverhoudinge, 1956 Die geheel
Wet 41 van 1959 Wysigingswet op Nywerheidsversoening, 1959 Die geheel
Wet 18 van 1961 Wysigingswet op Nywerheidsversoening, 1961 Die geheel
Wet 43 van 1966 Wysigingswet op Nywerheidsversoening, 1966 Die geheel
Wet 61 van 1966 Verdere Wysigingswet op Nywerheidsversoening, 1966 Die geheel
Wet 104 van 1967 Wysigingswet op Nywerheidsversoening, 1967 Die geheel
Wet 21 van 1970 Wysigingswet op Nywerheidsversoening, 1970 Die geheel
Wet 94 van 1979 Wysigingswet op Nywerheidsversoening, 1979 Die geheel
Wet 95 van 1980 Wysigingswet op Nywerheidsversoening, 1980 Die geheel
Wet 57 van 1981 Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge, 1981 Die geheel
Wet 51 van 1982 Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge, 1982 Die geheel
Wet 2 van 1983 Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge, 1983 Die geheel
Wet 81 van 1984 Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge, 1984 Die geheel
Wet 83 van 1988 Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge, 1988 Die geheel
Wet 9 van 1991 Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge, 1991 Die geheel
Wet 129 van 1993 Derde Algemene Regswysigingswet, 1993 Slegs artikel 9
Wet 146 van 1993 Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys, 1993 Die geheel
Wet 147 van 1993 Wet op Landbou-arbeid, 1993 Slegs Hoofstuk 1
Wet 50 van 1994 Wysigingswet op Landbou-arbeid, 1994 Slegs artikel 1
Proklamasie 105 van 1994 Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatdiens, 1994 Die geheel
Proklamasie 128 van 1994 Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys, Wysigingsproklamasie, 1994 Die geheel behalwe artikel 6
Proklamasie 134 van 1994 - Slegs artikels 1 en 2
Regulasies betreffende Arbeidsverhoudinge in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995 Die geheel

Bylae 7
OORGANGSREËLINGS

[Bylae 7 gewysig by Goewermentskennisgewing R1734 van 1 November 1996, by Goewermentskennisgewing R2025 van 6 Desember 1996, by Goewermentskennisgewing R440 van 27 Maart 1997, by Goewermentskennisgewing R654 van 9 Mei 1997, by a. 28 van Wet 127 van 1998 en by a. 64 van Wet 55 van 1998.]

Deel A
Woordomskrywings vir hierdie bylae

1 Woordomskrywings vir hierdie Bylae

In hierdie Bylae, tensy uit die sinsverband anders blyk, beteken-

"Wet op Landbou-arbeid" die Wet op Landbou-arbeid, 1993 (Wet 147 van 1993);

"Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys", die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys, 1993 (Wet 146 van 1993);

"Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys" die raad ingestel by artikel 6 (1) van die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys;

"Wet op Arbeidsverhoudinge" die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1956 (Wet 28 van 1956);

"arbeidsverhoudingswette" die Wet op Arbeidsverhoudinge, die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys, Hoofstuk 1 van die Wet op Landbou-arbeid, en die Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens;

"Nasionale Onderhandelingsforum" die Nasionale Onderhandelingsforum ingestel vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens by die Regulasies betreffende Arbeidsverhoudinge in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995;

"hangende" hangende onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet;

"staatsdiens" nie ook die onderwyssektor nie;

"Staatsdiensbedingingsraad" die raad bedoel in artikel 5 (1) van die Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens;

"Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens" die Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens, 1994 (afgekondig by Proklamasie 105 van 1994);

"registrateur" die registrateur van arbeidsverhoudinge ingevolge artikel 108 aangewys; en

"vakbond" ook 'n werknemerorganisasie.

Deel B
Onbillike arbeidspraktyke

2 Residuele onbillike arbeidspraktyke

(1) Vir doeleindes van hierdie item beteken 'n onbillike arbeidspraktyk enige onbillike handeling of versuim wat tussen 'n werkgewer en 'n werknemer ontstaan, en wat behels-

(a) ......

[Par. (a) herroep by a. 64 van Wet 55 van 1998.]

(b) die onbillike optrede van die werkgewer met betrekking tot die bevordering of verlaging in rang of graderings of opleiding van 'n werknemer of met betrekking tot die verskaffing van voordele aan 'n werknemer;

(c) die onbillike skorsing van 'n werknemer of enige ander dissiplinêre optrede buiten ontslag ten opsigte van 'n werknemer;

(d) die versuim of weiering van 'n werkgewer om 'n voormalige werknemer ingevolge enige ooreenkoms in diens te herstel of weer aan te stel.

(2)......

[Subitem (2) herroep by a. 64 van Wet 55 van 1998.]

3 Geskille oor onbillike arbeidspraktyke*

(1) Enige party kan 'n geskil oor 'n beweerde onbillike arbeidspraktyk skriftelik verwys na-

(a) 'n raad, indien die partye by die geskil binne die geregistreerde bestek van die raad val; of

(b) die Kommissie, indien daar nie 'n raad is wat jurisdiksie het nie.

(2) Die party wat die geskil verwys, moet die raad of die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is.

(3) Die raad of die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg.

(4) Indien die geskil onbesleg bly-

(a) ......

[Par. (a) herroep by a. 64 van Wet 55 van 1998.]

(b) kan enige party by die geskil, indien die geskil betrekking het op 'n handeling of versuim bedoel in item 2 (1) (b), (c) of (d), versoek dat die geskil deur arbitrasie besleg word.

4 Bevoegdhede van Arbeidshof en Kommissie

(1) Die Arbeidshof het die bevoegdheid om enige geskil wat ingevolge item 3 na hom verwys is, te beslis op voorwaardes wat hy redelik ag, wat insluit, maar nie beperk is nie tot, 'n bevel wat die herstel in diens of vergoeding gelas.

(2) Die arbiter is bevoeg om enige geskil wat ingevolge item 3 na die arbiter verwys is, te beslis op voorwaardes wat redelik is.

Deel C
Bepalings betreffende bestaande vakbonde, werkgewersorganisasies, nywerheidsrade en versoeningsrade

5 Bestaande geregistreerde vakbonde en werkgewersorganisasies

(1) 'n Vakbond of werkgewersorganisasie wat, onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet, geregistreer was of geag was geregistreer te gewees het ingevolge die arbeidsverhoudingswette, word geag 'n geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie ingevolge hierdie Wet te wees en gaan voort om 'n regspersoon te wees.

[Subitem (1) vervang by GK R1734 van 1 November 1996 en by a. 28 (1) (a) van Wet 127 van 1998.]

(2) So gou doenlik na die inwerkingtreding van hierdie Wet moet die registrateur-

(a) die naam van so 'n vakbond in die register van vakbonde inskryf;

(b) die naam van so 'n werkgewersorganisasie in die register van werkgewersorganisasies inskryf.

(3) Aan 'n vakbond of werkgewersorganisasie wie se naam in die toepaslike register ingeskryf is, moet daar 'n nuwe registrasiesertifikaat uitgereik word.

(4) Indien 'n bepaling van die konstitusie van die vakbond of werkgewersorganisasie nie aan die vereistes van artikel 95 voldoen nie, kan die registrateur daardie vakbond of werkgewersorganisasie skriftelik gelas om sy konstitusie reg te stel en dit aan die registrateur voor te lê binne die tydperk in die lasgewing vermeld, wat nie korter as drie maande mag wees nie.

(5) By versuim van 'n vakbond of werkgewersorganisasie om te voldoen aan 'n lasgewing wat ingevolge subitem (4) aan hom uitgereik is, moet die registrateur die vakbond of werkgewersorganisasie in kennis stel dat intrekking van sy registrasie oorweeg word vanweë die versuim, en die vakbond of werkgewersorganisasie 'n geleentheid bied om binne 30 dae na die kennisgewing redes aan te voer waarom sy registrasie nie ingetrek behoort te word nie.

(6) Indien die betrokke vakbond of werkgewersorganisasie wanneer die 30-dae tydperk verstryk, nie redes aangevoer het waarom sy registrasie nie ingetrek behoort te word nie, moet die registrateur die registrasie van daardie vakbond of werkgewersorganisasie intrek deur sy naam uit die toepaslike register te verwyder of die ander mindere stappe doen wat gepas is en nie met hierdie Wet strydig is nie.

(7) Die registrateur moet die betrokke vakbond of werkgewersorganisasie in kennis stel of die registrasie van die betrokke vakbond of werkgewersorganisasie ingetrek is.

(8) Intrekking ingevolge subitem (6) tree in werking-

(a) waar die vakbond of die werkgewersorganisasie versuim het om binne die tydperk beoog in artikel 111 (3) na die Arbeidshof teen die intrekking te appelleer, wanneer daardie tydperk verstryk; of

(b) waar die vakbond of die werkgewersorganisasie wel geappelleer het, wanneer die besluit van die registrateur deur die Arbeidshof bekragtig is.

6 Hangende aansoeke deur vakbonde of werkgewersorganisasies om registrasie, wysiging van bestek, en verandering van konstitusie of naam

(1) Enige hangende aansoek ingevolge die arbeidsverhoudingswette om registrasie, wysiging van registrasiebestek of verandering van die konstitusie of naam van 'n vakbond of werkgewersorganisasie word deur die registrateur hanteer asof die aansoek ingevolge hierdie Wet gedoen was.

(2) Die registrateur aangestel ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens en die sekretaris van die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys aangestel ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys, moet enige hangende aansoek bedoel in subitem (1) aan die registrateur stuur.

(3) By enige hangende appèl ingevolge artikel 16 van die Wet op Arbeidsverhoudinge of ingevolge artikel 11 van die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys of artikel 11 van die Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens, moet die Minister of die griffier van die nywerheidshof of die griffier van die Hooggeregshof, na gelang van die geval, die aangeleentheid na die registrateur terugverwys wat die aansoek moet hanteer asof dit 'n aansoek ingevolge hierdie Wet was.

(4) By die hantering van enige aansoek bedoel in subitem (1) of (2), kan die registrateur-

(a) enige tegniese nie-voldoening aan die bepalings van hierdie Wet kondoneer; en

(b) van die aansoeker vereis om die aansoek binne 60 dae te wysig ten einde aan die bepalings van hierdie Wet te voldoen.

7 Nywerheidsrade

(1) 'n Nywerheidsraad wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet geregistreer was of geag was geregistreer te gewees het ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge, word geag 'n bedingingsraad ingevolge hierdie Wet te wees en gaan voort om 'n regspersoon te wees.

[Subitem (1) vervang by GK R1734 van 1 November 1996 en by a. 28 (1) (a) van Wet 127 van 1998.]

(2) Die registrateur moet so spoedig doenlik na die inwerkingtreding van hierdie Wet die naam van die bedingingsraad in die register van rade inskryf.

(3) Aan 'n bedingingsraad wie se naam in die register van rade ingeskryf is, moet daar 'n nuwe registrasiesertifikaat uitgereik word.

(4) Indien 'n bepaling van die konstitusie van 'n bedingingsraad nie aan die vereistes van artikel 30 voldoen nie, kan die registrateur die bedingingsraad skriftelik gelas om sy konstitusie reg te stel en dit aan die registrateur voor te lê binne die tydperk in die lasgewing vermeld, wat nie korter as drie maande mag wees nie.

(5) By versuim van 'n bedingingsraad om te voldoen aan 'n lasgewing wat ingevolge subitem (4) aan hom uitgereik is, moet die registrateur die bedingingsraad in kennis stel dat intrekking van sy registrasie oorweeg word vanweë die versuim, en die bedingingsraad 'n geleentheid bied om binne 30 dae na die kennisgewing redes aan te voer waarom sy registrasie nie ingetrek behoort te word nie.

(6) Indien die bedingingsraad, wanneer die 30-dae tydperk verstryk, nie redes aangevoer het waarom sy registrasie nie ingetrek behoort te word nie, moet die registrateur die registrasie van daardie bedingingsraad intrek deur sy naam uit die register van rade te verwyder of die ander mindere stappe doen wat gepas is en nie met hierdie Wet strydig is nie.

(7) Die registrateur moet die bedingingsraad in kennis stel of die registrasie ingetrek is.

(8) 'n Intrekking ingevolge subitem (6) tree in werking-

(a) waar die bedingingsraad versuim het om binne die tydperk beoog in artikel 111 (3) na die Arbeidshof teen die intrekking te appelleer, wanneer daardie tydperk verstryk; of

(b) waar die bedingingsraad wel geappelleer het, wanneer die besluit van die registrateur deur die Arbeidshof bekragtig is.

8 Hangende aansoeke deur nywerheidsrade om registrasie en verandering van bestek

(1) 'n Hangende aansoek om die registrasie of die wysiging van die registrasiebestek van 'n nywerheidsraad ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge word hanteer asof dit 'n aansoek ingevolge hierdie Wet was.

(2) By enige hangende appèl ingevolge artikel 16 van die Wet op Arbeidsverhoudinge teen die weiering om 'n nywerheidsraad te registreer of die bestek daarvan te wysig, moet die Minister of die griffier van die Hooggeregshof, na gelang van die geval, die aangeleentheid na die registrateur van arbeidsverhoudinge verwys, wat die aansoek van nuuts af moet oorweeg asof dit 'n aansoek om registrasie was wat ingevolge hierdie Wet gedoen is.

[Sub-item (2) vervang by a. 56 (a) van Wet 42 van 1996.]

(3) By die hantering van die aansoek bedoel in subitem (1) of (2) kan die registrateur-

(a) van die aansoeker vereis om sy aansoek binne 60 dae te wysig ten einde aan die bepalings van hierdie Wet te voldoen; en

(b) tegniese nie-voldoening aan die bepalings van hierdie Wet kondoneer.

8A Hangende ondersoeke deur nywerheidsregistrateur

Enige hangende ondersoek deur die nywerheidsregistrateur kragtens artikel 12 (3) van die Wet op Arbeidsverhoudinge ingestel, word na die inwerkingtreding van hierdie Wet deur dieselfde persoon ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge voortgesit en hanteer asof dit nie herroep was nie.

[Item. 8A ingevoeg by GK R1734 van 1 November 1996 en by a. 28 (1) (a) van Wet 127 van 1998.]

9 Hangende aansoeke deur nywerheidsrade om verandering van konstitusie of naam

Die bepalings van item 6, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, is van toepassing op enige hangende aansoek om die verandering van die konstitusie of naam van 'n nywerheidsraad ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge.

10 Hangende aansoeke om toelating van partye by nywerheidsrade

(1) Enige hangende aansoek om toelating as party by 'n nywerheidsraad ingevolge artikel 21A van die Wet op Arbeidsverhoudinge, moet deur die nywerheidsraad hanteer word asof dit 'n aansoek ingevolge die bepalings van hierdie Wet was.

(2) 'n Hangende appèl voor die nywerheidshof teen 'n besluit van 'n nywerheidsraad ingevolge artikel 21A van die Wet op Arbeidsverhoudinge word deur die nywerheidshof hanteer asof dit 'n aansoek om toelating as party by 'n bedingingsraad was wat ingevolge hierdie Wet gedoen is.

(3) 'n Appèl teen 'n beslissing van 'n nywerheidsraad soos beoog in artikel 21A van die Wet op Arbeidsverhoudinge kan, ondanks die herroeping van daardie Wet, aangeteken word na die inwerkingtreding van hierdie Wet en word dit deur die Arbeidshof aangehoor en hanteer asof die aansoek om toelating ingevolge hierdie Wet gedoen was.

11 Hangende aansoeke om vakbonde, werkgewersorganisasies en nywerheidsrade te likwideer en hul registrasies in te trek

Enige hangende aansoek om 'n vakbond, werkgewersorganisasie of nywerheidsraad wat ingevolge enige arbeidsverhoudingswet geregistreer is, te likwideer of die registrasie daarvan in te trek word deur die registrateur hanteer asof die arbeidsverhoudingswette nie herroep was nie.

12 Bestaande ooreenkomste en toekennings van nywerheidsrade en versoeningsrade

(1) (a) Enige ooreenkoms afgekondig ingevolge artikel 48, enige toekenning bindend gemaak ingevolge artikels 49 en 50, en enige order gemaak ingevolge artikel 51A, van die Wet op Arbeidsverhoudinge en van krag onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet, bly, behoudens paragrawe (b) en (c) van hierdie subitem, en subitem (5B), van krag en afdwingbaar vir 'n tydperk van 18 maande ná die inwerkingtreding van hierdie Wet of totdat daardie ooreenkoms, toekenning of order verstryk, watter tydperk ook al die kortste is, in alle opsigte asof die Wet op Arbeidsverhoudinge nie herroep was nie.

(b) Op versoek van enige raad wat by item 7 (1) geag word 'n bedingingsraad te wees, kan 'n ooreenkoms bedoel in paragraaf (a) wat in daardie raad aangegaan is-

(i) indien dit voor die einde van die 18-maandetydperk bedoel in paragraaf (a) verstryk, ooreenkomstig die bepalings van subartikel (4) (a) van artikel 48 van die Wet op Arbeidsverhoudinge verleng word of van krag verklaar word vir 'n tydperk wat voor of by die verstryking van daardie 18-maandetydperk ten einde loop, welke bepalings, asook enige ander bepalings van die Wet op Arbeidsverhoudinge wat betrekking het op nywerheidsraadooreenkomste ingevolge daardie subartikel verleng of van krag verklaar, van toepassing is, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, met betrekking tot enige ooreenkoms wat op gesag van hierdie subparagraaf verleng of van krag verklaar word, in alle opsigte asof daardie verskeie bepalings nie herroep was nie. Die Minister mag egter nie 'n ooreenkoms op gesag van hierdie subparagraaf, van krag verklaar indien dit ná 31 Maart 1997 verstryk nie;

[Subpar. (i) vervang by s. 28 (1) (b) of Act 127 of 1998.]

(ii) in die geheel of gedeeltelik ooreenkomstig die bepalings van subartikel (5) van artikel 48 van die Wet op Arbeidsverhoudinge ingetrek word, welke bepalings, asook enige ander bepalings van die Wet op Arbeidsverhoudinge wat betrekking het op nywerheidsraadooreenkomste in die geheel of gedeeltelik ingevolge daardie subartikel ingetrek, van toepassing is, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, met betrekking tot enige ooreenkoms wat op gesag van hierdie subparagraaf in die geheel of gedeeltelik ingetrek word, in alle opsigte asof daardie verskeie bepalings nie herroep was nie.

(c) 'n Ooreenkoms bedoel in paragraaf (a) wat aangegaan is deur partye by 'n versoeningsraad-

(i) indien dit voor die einde van die 18-maandetydperk bedoel in paragraaf (a) verstryk, kan, op versoek van die partye wat op daardie versoeningsraad verteenwoordig was op die tydstip toe daardie ooreenkoms aangegaan is, verleng word ooreenkomstig en op die wyse waarvoor voorsiening gemaak is in, paragraaf (b) (i), wat saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, van toepassing is met betrekking tot ooreenkomste van dié aard;

(ii) kan, op versoek van daardie partye, in die geheel of gedeeltelik ingetrek word ooreenkomstig paragraaf (b) (ii), wat, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, van toepassing is met betrekking tot ooreenkomste van dié aard;

[Subitem (1) vervang by a. 56 (b) (i) van Wet 42 van 1996 en by GK R1734 van 1 November 1996, gewysig by GK R2025 van 6 Desember 1996 en by GK R440 van 27 Maart 1997 en vervang by a. 28 (1) (a) van Wet 127 van 1998.]

(1A) (a) 'n Ooreenkoms bedoel in subitem (1) wat aangegaan is in 'n raad wat by item 7 (1) geag word 'n bedingingsraad te wees, kan gewysig of uitgebrei word deur 'n verdere ooreenkoms wat in daardie bedingingsraad aangegaan en ooreenkomstig die bepalings van subartikels (1) en (2) van artikel 48 van die Wet op Arbeidsverhoudinge afgekondig is, welke bepalings vir die doeleindes van hierdie paragraaf van toepassing is, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, in alle opsigte asof dit nie herroep was nie.

(b) Subitems (1) (b), (3) en (8) (a) is van toepassing op enige verdere ooreenkoms wat op gesag van paragraaf (a) van hierdie subitem aangegaan en afgekondig word, in alle opsigte asof dit 'n ooreenkoms bedoel in subitem (1) (a) was.

[Subitem (1A) ingevoeg by GK R1734 van 1 November 1996 en by a. 28 (1) (a) van Wet 127 van 1998.]

(2) 'n Ooreenkoms afgekondig ingevolge artikel 12 van die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys en van krag onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet, bly van krag vir 'n tydperk van 18 maande na die inwerkingtreding van hierdie Wet of totdat daardie ooreenkoms verstryk, watter tydperk ook al die kortste is, asof die bepalings van daardie Wet nie herroep was nie.

(3) Ondanks die bepalings van subitem (1) word 'n ooreenkoms bedoel in artikel 24 (1) (x) van die Wet op Arbeidsverhoudinge en van krag onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet, geag 'n geslotegeledere-ooreenkoms te wees wat in ooreenstemming met artikel 26 van hierdie Wet gesluit is behalwe dat-

(a) die vereistes vermeld in artikel 26 (3) (d) en artikel 98 (2) (b) (ii) eers van toepassing word met die aanvang van die volgende boekjaar van die vakbond wat party is by die ooreenkoms; en

(b) die aanvangsdatum van die geslotegeledere-ooreenkoms geag word saam te val met die datum waarop hierdie Wet in werking tree.

(4) Enige hangende versoek vir die afkondiging van 'n ooreenkoms ingevolge artikel 48 van die Wet op Arbeidsverhoudinge word hanteer asof die Wet op Arbeidsverhoudinge nie herroep was nie.

(5) Enige versoek vir die afkondiging van 'n ooreenkoms wat aangegaan is voor die inwerkingtreding van hierdie Wet, en wat gerig word voor die verstryking van ses maande na die inwerkingtreding van hierdie Wet, word hanteer asof die Wet op Arbeidsverhoudinge nie herroep was nie.

(5A) Enige vrystelling van 'n ooreenkoms of toekenning, of van 'n order, bedoel in subitem (1), wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet van krag was, bly van krag vir 'n tydperk van 18 maande na die inwerkingtreding van hierdie Wet of totdat die tydperk waarvoor die vrystelling verleen is, verstryk, watter tydperk ook al die kortste is, asof die Wet op Arbeidsverhoudinge nie herroep was nie.

[Subitem (5A) ingevoeg by GK R1734 van 1 November 1996 en by a. 28 (1) (a) van Wet 127 van 1998.]

(5B) Een of meer van of al die bepalings van 'n order bedoel in subitem (1) (a) kan deur die Minister ooreenkomstig die bepalings van artikel 51A (4) (a) van die Wet op Arbeidsverhoudinge ingetrek, opgeskort of gewysig word, welke bepalings vir die doeleindes van hierdie subitem van toepassing is asof dit nie herroep was nie.

[Subitem (5B) ingevoeg by GK R1734 van 1 November 1996 en by a. 28 (1) (a) van Wet 127 van 1998.]

(6) Enige hangende aansoek om 'n vrystelling van almal of enigeen van die bepalings van enige ooreenkoms of toekenning wat ingevolge subitem (1) van krag bly, of om 'n vrystelling van enige bepaling van enige order wat ingevolge dié subitem van krag bly, word-

(a) in die geval van dié ooreenkoms of toekenning, hanteer ingevolge die bepalings van artikel 51 en, waar van toepassing, enige ander tersaaklike bepalings, van die Wet op Arbeidsverhoudinge, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, in alle opsigte asof die betrokke bepalings nie herroep was nie;

(b) in die geval van dié order, hanteer ingevolge die bepalings van artikel 51A en, waar van toepassing, enige ander tersaaklike bepalings, van die Wet op Arbeidsverhoudinge asof die betrokke bepalings nie herroep was nie.

[Subitem (6) vervang by GK R1734 van 1 November 1996 en by a. 28 (1) (a) van Wet 127 van 1998.]

(7) 'n Uitsluiting ingevolge artikel 51 (12) van die Wet op Arbeidsverhoudinge toegestaan, bly van krag totdat dit deur die Minister ingetrek word.

[Sub-item (7) ingevoeg by a. 56 (b) (ii) van Wet 42 van 1996.]

(8) Na die inwerkingtreding van hierdie Wet en ondanks die herroeping van die Wet op Arbeidsverhoudinge-

(a) kan enige persoon of klas persone gebonde aan 'n ooreenkoms of toekenning wat ingevolge subitem (1) van krag bly, ooreenkomstig die bepalings van artikel 51 van die Wet op Arbeidsverhoudinge aansoek doen om 'n vrystelling van almal of enigeen van die bepalings van dié ooreenkoms of toekenning (na gelang van die geval). Enige aansoek aldus gedoen, word hanteer ingevolge die bepalings van artikel 51 en, waar van toepassing, enige ander tersaaklike bepalings, van die Wet op Arbeidsverhoudinge, in alle opsigte asof die betrokke bepalings nie herroep was nie;

(b) kan enige persoon gebonde aan 'n order wat ingevolge subitem (1) van krag bly, ooreenkomstig die bepalings van artikel 51A van die Wet op Arbeidsverhoudinge aansoek doen om 'n vrystelling van enige bepaling van dié order. Enige aansoek aldus gedoen, word hanteer ingevolge die bepalings van artikel 51A en, waar van toepassing, enige ander tersaaklike bepalings, van die Wet op Arbeidsverhoudinge, in alle opsigte asof die betrokke bepalings nie herroep was nie.

[Subitem (8) bygevoeg by GK R1734 van 1 November 1996 en by a. 28 (1) (a) van Wet 127 van 1998.]

12A Aangewese agente

(1) Enige persoon kragtens artikel 62 van die Wet op Arbeidsverhoudinge aangestel as 'n aangewese agent van 'n nywerheidsraad wat by item 7 (1) geag word 'n bedingingsraad te wees, en wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet dié amp beklee, word geag 'n aangewese agent te wees wat kragtens artikel 33 van hierdie Wet vir daardie bedingingsraad aangestel is.

(2) Die aanstellingsertifikaat wat ingevolge artikel 62 (2) van die Wet op Arbeidsverhoudinge aan daardie aangewese agent uitgereik is, word geag ingevolge artikel 33 (2) van hierdie Wet uitgereik te gewees het.

[Item 12A ingevoeg by GK R1734 van 1 November 1996 en by a. 28 (1) (a) van Wet 127 van 1998.]

13 Bestaande ooreenkomste, met inbegrip van erkenningsooreenkomste

(1) Vir doeleindes van hierdie artikel-

(a) beteken 'n ooreenkoms ook 'n erkenningsooreenkoms;

(b) sluit 'n ooreenkoms nie 'n ooreenkoms in wat ingevolge artikel 48 van die Wet op Arbeidsverhoudinge afgekondig is nie;

[Par. (b) vervang by a. 56 (c) (i) van Wet 42 van 1996.]

(c) beteken 'n ooreenkoms 'n ooreenkoms oor diensbedinge en -voorwaardes of enige ander aangeleentheid van onderlinge belang wat aangegaan is tussen een of meer geregistreerde vakbonde, aan die een kant, en, aan die ander kant-

(i) een of meer werkgewers;

(ii) een of meer geregistreerde werkgewersorganisasies; of

(iii) een of meer werkgewers en een of meer geregistreerde werkgewersorganisasies.

(2) Enige ooreenkoms wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet van krag was, word geag 'n kollektiewe ooreenkoms te wees wat ingevolge hierdie Wet gesluit is.

(3) 'n Geregistreerde vakbond wat 'n party is by 'n ooreenkoms bedoel in subitems (1) en (2) ingevolge waarvan daardie vakbond vir doeleindes van kollektiewe bedinging erken is, is geregtig op die organiseringsregte wat by artikels 11 tot 16 van Hoofstuk III verleen word ten opsigte van werknemers wat hy ingevolge die ooreenkoms verteenwoordig, vir solank as wat die vakbond ingevolge die ooreenkoms as die kollektiewe-bedingingsagent van daardie werknemers erken word.

(4) Indien die partye by 'n ooreenkoms bedoel in subartikel (1) of (2) nie voorsiening gemaak het vir 'n prosedure om enige geskille oor die interpretasie of toepassing van die ooreenkoms te besleg nie soos in artikel 24 (1) beoog, moet die partye by die ooreenkoms so spoedig moontlik na die inwerkingtreding van hierdie Wet pogings aanwend om op 'n prosedure ooreen te kom.

(5) 'n Bestaande nie-statutêre agentskapwerkplekooreenkoms of geslotegeledere-ooreenkoms is nie bindend nie tensy die ooreenkoms aan die bepalings van hierdie item voldoen. Artikels 25 en 26 van hierdie Wet word 180 dae na die inwerkingtreding van hierdie item van krag.

[Sub-item (5) vervang by a. 56 (c) (ii) van Wet 42 van 1996.]

Deel D
Aangeleenthede betreffende die staatsdiens

14 Staatsdiensbedingingsraad

(1) Die Staatsdiensbedingingsraad bly voortbestaan, behoudens item 20.

(2) Die departementele en provinsiale kamers van die Staatsdiensbedingingsraad bly voortbestaan, behoudens item 20.

(3) Binne 30 dae na die inwerkingtreding van hierdie Wet moet die kamers van die Staatsdiensbedingingsraad die registrateur voorsien van afskrifte van hulle konstitusies wat deur hul gemagtigde verteenwoordigers onderteken is.

(4) Die konstitusies van die kamers van die Staatsdiensbedingingsraad word geag in ooreenstemming met artikel 30 te wees. Nietemin waar enige bepaling van die konstitusie van 'n kamer nie aan die vereistes van artikel 30 voldoen nie, kan die registrateur die kamer gelas om sy konstitusie reg te stel en die reggestelde konstitusie weer voor te lê binne die tydperk in die lasgewing vermeld, watter tydperk nie korter as drie maande mag wees nie.

(5) Indien 'n kamer in gebreke bly om te voldoen aan 'n lasgewing wat ingevolge subitem (5) aan hom gerig is, moet die registrateur-

(a) die wysigings van die konstitusie wat nodig is ten einde aan die vereistes van artikel 30 te voldoen, bepaal; en

(b) 'n gewaarmerkte afskrif van die konstitusie aan die kamer stuur.

(6) 'n Kamer van die Staatsdiensbedingingsraad moet enige hangende aansoek ingevolge artikel 10 van die Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens om as party daarby toegelaat te word, hanteer asof die aansoek ingevolge hierdie Wet gedoen was.

(7) Enige hangende appèl voor die nywerheidshof of 'n arbiter teen 'n besluit van die Staatsdiensbedingingsraad ingevolge artikel 10 van die Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens moet, ondanks die herroeping van enige van die arbeidsverhoudingswette, deur die nywerheidshof of arbiter hanteer word asof die aansoek ingevolge hierdie Wet gedoen was.

(8) Ondanks die herroeping van die Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens kan 'n appèl ingevolge artikel 10 van daardie Wet teen 'n beslissing van 'n kamer van die Staatsdiensbedingingsraad aangeteken word na die inwerkingtreding van hierdie Wet en word dit deur die Arbeidshof aangehoor en hanteer asof die aansoek ingevolge hierdie Wet gedoen was.

15 Kollektiewe ooreenkomste in die staatsdiens

Die volgende bepalings van die Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, het ondanks die herroeping van daardie Wet die gevolg en status van 'n kollektiewe ooreenkoms wat bindend is op die Staat, die partye by die kamers van die Staatsdiensbedingingsraad en alle werknemers in die staatsdiens-

(a) artikel 1, vir doeleindes van hierdie item, tensy dit uit die samehang anders blyk;

(b) artikel 4 (10);

(c) artikel 5 (2), (3), (4) (a) en (5);

(d) artikel 7;

(e) artikel 8, behalwe dat die verwysing na artikel 5 (1) as 'n verwysing na item 14 (1) gelees behoort te word;

(f) artikel 9 (3);

(g) artikel 10 (4) en (5);

(h) artikel 12;

(i) artikel 13, behalwe dat die verwysing na ooreenkomste gelees moet word as 'n verwysing na kollektiewe ooreenkomste, met inbegrip van die kollektiewe ooreenkoms beoog in hierdie item;

(j) artikels 14, 15 en 16 (2);

(k) artikel 17, behalwe dat subartikel (4) (b) deur die volgende subartikel vervang word:

"Indien die aansoek van 'n vakbond om erkenning geweier word, kan die vakbond die geskil binne 90 dae van die kennisgewing van die weiering na arbitrasie verwys."; en

(l) artikel 18, behalwe dat-

(i) subartikel (10) (a) deur die volgende subartikel vervang word:

"'n Werknemer of die werknemerorganisasie wat ingevolge subartikel (1) 'n geskil verklaar het, en wat versoek het dat 'n versoeningsraad ingestel word en die ingevulde voorgeskrewe vorm voorgelê het, kan die geskil na arbitrasie of na die Arbeidshof ingevolge die bepalings van hierdie Wet verwys en, ten opsigte van 'n geskil wat nie in hierdie Wet beoog word nie, na enige ander hof, indien-

(i) 'n vergadering van 'n versoeningsraad nie belê word nie soos beoog in subartikel (3);

(ii) die betrokke departementshoof in gebreke bly om die aanstelling van 'n voorsitter ingevolge subartikel (5) te versoek;

(iii) waar van toepassing, die Kommissie in gebreke bly om 'n voorsitter van die versoeningsraad ingevolge subartikel (5) aan te stel;

(iv) die partye betrokke by die versoeningsraad nie daarin slaag nie om ooreen te kom om die dienstermyn van die versoeningsraad ingevolge subartikel (7) te verleng totdat 'n skikking bereik word;

(v) die versoeningsraad nie daarin slaag om die geskil binne die tydperk bedoel in subartikel (7) te besleg nie; of

(vi) die partye by die geskil ooreenkom dat hulle nie in staat sal wees om die geskil te besleg nie en skriftelike bewys daarvan aan die betrokke hof voorlê."; en

(ii) enige verwysing na die Departement van Arbeid gelees moet word as 'n verwysing na die Kommissie.

16 Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys

(1) Die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys bly voortbestaan, behoudens item 20.

(2) Die geregistreerde bestek van die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys is die Staat en daardie werknemers ten opsigte van wie die Wet op Indiensneming van Opvoeders, 1994 (afgekondig by Proklamasie 138 van 1994), van toepassing is.

(3) Binne 30 dae na die inwerkingtreding van hierdie Wet moet die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys die registrateur voorsien van 'n afskrif van sy konstitusie wat deur sy gemagtigde verteenwoordigers onderteken is, en met die ander inligting of dokumentasie.

(4) Die konstitusie waarop ooreengekom is deur die partye by die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys, word geag aan hierdie Wet te voldoen. Nietemin waar enige bepaling van die konstitusie nie aan die vereistes van artikel 30 voldoen nie, kan die registrateur die Raad gelas om sy konstitusie reg te stel en die reggestelde konstitusie weer voor te lê binne die tydperk in die lasgewing vermeld, watter tydperk nie korter as drie maande mag wees nie.

(5) Indien die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys in gebreke bly om te voldoen aan 'n lasgewing wat ingevolge subitem (5) aan hom gerig is, moet die registrateur-

(a) die wysigings van die konstitusie wat nodig is ten einde aan die vereistes van artikel 30 te voldoen, bepaal; en

(b) 'n gewaarmerkte afskrif van die konstitusie aan die Raad stuur.

(6) Die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys moet enige hangende aansoek ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys om as party daarby toegelaat te word, hanteer asof die aansoek ingevolge hierdie Wet gedoen was.

(7) Enige hangende appèl voor die nywerheidshof of 'n arbiter teen 'n besluit van die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys moet, ondanks die herroeping van enige van die arbeidsverhoudingswette, deur die nywerheidshof of arbiter hanteer word asof die aansoek ingevolge hierdie Wet gedoen was.

(8) Ondanks die herroeping van die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys kan 'n appèl teen 'n beslissing van die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys aangeteken word na die inwerkingtreding van hierdie Wet en word dit deur die Arbeidshof aangehoor en hanteer asof die aansoek ingevolge hierdie Wet gedoen was.

17 Kollektiewe ooreenkomste in onderwyssektor

Die volgende bepalings van die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, het ondanks die herroeping van daardie Wet, die gevolg en status van 'n kollektiewe ooreenkoms wat bindend is op die Staat, die partye by die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys en alle werknemers binne sy geregistreerde bestek-

(a) artikel 6 (2) en (3);

(b) artikel 8 (3), (4) en (5) (a);

(c) artikel 10 (3) en (4);

(d) artikel 12 (1) tot (4), behalwe dat die geskille bedoel in artikel 12 (2) en (4) net na arbitrasie verwys mag word; en

(e) artikel 13 en artikel 14 (2).

18 Onderhandelingsforums in Suid-Afrikaanse Polisiediens

(1) Die Nasionale Onderhandelingsforum bly voortbestaan, behoudens item 20.

(2) Die geregistreerde bestek van die Nasionale Onderhandelingsforum is die Staat en daardie werknemers ten opsigte waarvan die Suid-Afrikaanse Polisiediens Rasionalisasie Proklamasie, 1995 (Proklamasie 5 van 1995), van toepassing is.

(3) Binne 14 dae na die inwerkingtreding van hierdie Wet of die ondertekening van sy konstitusie deur sy gemagtigde verteenwoordigers, moet die Nasionale Onderhandelingsforum die registrateur voorsien van 'n afskrif van sy konstitusie wat deur sy gemagtigde verteenwoordigers onderteken is en met die ander inligting of dokumentasie.

(4) Die konstitusie waartoe die Nasionale Onderhandelingsforum ingestem het, word geag aan hierdie Wet te voldoen. Nietemin waar enige bepaling van die konstitusie nie aan die vereistes van artikel 30 voldoen nie, kan die registrateur die Nasionale Onderhandelingsforum gelas om sy konstitusie reg te stel en die reggestelde konstitusie weer voor te lê binne 14 dae.

(5) Die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet enige hangende aansoeke om registrasie en erkenning ingevolge die Regulasies betreffende Arbeidsverhoudinge in die Suid-Afrikaanse Polisiediens hanteer asof die aansoek ingevolge hierdie Wet gedoen was.

19 Kollektiewe ooreenkomste in Suid-Afrikaanse Polisiediens

Die bepalings van die Regulasies betreffende Arbeidsverhoudinge in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, het, ondanks die herroeping van daardie regulasies, die gevolg en status van 'n kollektiewe ooreenkoms wat bindend is op die Staat, die partye by die Nasionale Onderhandelingsforum en al die Werknemers binne sy geregistreerde bestek

20 Gevolge vir staatsdiensbedingingsinstellings wanneer Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad ingestel word

Wanneer die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad ingevolge item 2 van Bylae 1 ingestel word-

(a) hou die Staatsdiensbedingingsraad en sy kamer op sentrale vlak op bestaan; en

(b) gaan die volgende kamers van die voormalige Staatsdiensbedingingsraad, ondanks paragraaf (a), voort om as regspersone te bestaan, naamlik-

(i) die kamer vir elke departement, wat geag word 'n bedingingsraad te wees wat ingevolge artikel 37 (3) (a) van hierdie Wet vir daardie departement ingestel is;

(ii) die kamer vir elke provinsiale administrasie, wat geag word 'n bedingingsraad te wees wat ingevolge artikel 37 (3) (a) van hierdie Wet vir daardie provinsiale administrasie ingestel is;

(c) word die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys geag 'n bedingingsraad te wees wat ingevolge artikel 37 (3) (b) van hierdie Wet vir die onderwyssektor ingestel is; en

(d) word die Nasionale Onderhandelingsforum geag 'n bedingingsraad te wees wat ingevolge artikel 37 (3) (b) van hierdie Wet vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens ingestel is.

Deel E
Geskille en howe

21 Geskille wat voor inwerkingtreding van hierdie Wet ontstaan

(1) 'n Geskil beoog in die arbeidsverhoudingswette wat voor die inwerkingtreding van hierdie Wet ontstaan het, word hanteer asof daardie wette nie herroep was nie.

(2) Ondanks subitem (1) moet 'n staking of uitsluiting wat na die inwerkingtreding van hierdie Wet 'n aanvang neem, ingevolge hierdie Wet hanteer word. Hierdie reël geld selfs al het die geskil wat tot die staking of uitsluiting aanleiding gegee het, ontstaan voordat hierdie Wet in werking getree het.

(3) Vir die doeleindes van 'n staking of uitsluiting bedoel in subitem (2) word voldoening aan artikel 65 (1) (d) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, artikel 19 (1) (b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens en artikel 15 (1) (b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys geag voldoening aan artikel 64 (1) (a) van hierdie Wet te wees.

21A Geskilbeslegting deur rade voor hul akkreditering

(1) Ondanks die bepalings van artikel 52 mag 'n raad-

(a) poog om 'n geskil wat voor 1 Desember 1996 ingevolge hierdie Wet na hom verwys word, deur versoening te besleg; en

(b) indien die raad voor 1 Desember 1996 aansoek gedoen het om akkreditering ingevolge artikel 127 van hierdie Wet, ook poog om enige geskil deur versoening te besleg wat aldus na hom verwys is na 1 Desember 1996 maar voordat die beheerliggaam van die Kommissie ingevolge artikel 127 (5) van hierdie Wet 'n besluit oor dié aansoek geneem het.

(2) Vir die doeleindes van subitem (1) is enige persoon wat deur 'n raad aangestel word om namens hom die geskilbeslegtingswerksaamheid bedoel in daardie subitem te verrig, geregtig om enige van die bevoegdhede wat by artikel 142 van hierdie Wet aan 'n kommissaris verleen word, uit te oefen, behalwe die bevoegdhede beoog in subartikel (1) (c) en (d) van daardie artikel. By die toepassing van daardie artikel vir die doeleindes van hierdie subitem, moet daardie artikel saamgelees word met die veranderinge wat in die konteks nodig is, en word enige verwysing in dié artikel na die direkteur gelees as 'n verwysing na die sekretaris van die raad.

(3) 'n Raad verwys vir arbitrasie na die Kommissie enige geskil wat-

(a) op gesag van subitem (1) na die raad ingevolge hierdie Wet verwys is; en

(b) onbesleg bly nadat die raad gepoog het om die deur versoening te besleg; en

(c) volgens voorskrif van hierdie Wet deur arbitrasie besleg moet word.

[Item 21A ingevoeg by GK R1734 van 1 November 1996, gewysig by GK R440 van 27 Maart 1997 en ingevoeg by a. 28 (1) (a) van Wet 127 van 1998.]

22 Howe

(1) By enige hangende geskil ten opsigte waarvan die nywerheidshof of die landbou-arbeidshof jurisdiksie gehad het en ten opsigte waarvan verrigtinge nie voor die inwerkingtreding van hierdie Wet ingestel was nie, moet verrigtinge in die nywerheidshof of landbou-arbeidshof (na gelang van die geval) ingestel word en word dit hanteer asof die arbeidsverhoudingswette nie herroep was nie. Die nywerheidshof of die landbou-arbeidshof kan enige van die werksaamhede en bevoegdhede wat hy ingevolge die arbeidsverhoudingswette gehad het, verrig of uitoefen wanneer hy die geskil beslis.

(2) 'n Geskil ten opsigte waarvan verrigtinge hangende was in die nywerheidshof of die landbou-arbeidshof, word voortgesit asof die arbeidsverhoudingswette nie herroep was nie.

(2A) Die reëls wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet van krag was kragtens die bepalings van paragraaf (c) of (d) van artikel 17 (22) van die Wet op Arbeidsverhoudinge is, behoudens subitem (2B), van toepassing met betrekking tot enige verrigtinge wat ingevolge hierdie Bylae in die nywerheidshof aanhangig gemaak of voortgesit word, asof daardie bepalings nie herroep was nie.

[Subitem (2A) ingevoeg by GK R1734 van 1 November 1996 en by a. 28 (1) (a) van Wet 127 van 1998.]

(2B) Die Minister, na oorleg met die president van die nywerheidshof, kan reëls ooreenkomstig die bepalings van paragraaf (c) van artikel 17 (22) van die Wet op Arbeidsverhoudinge uitvaardig, en kan, ooreenkomstig die bepalings van paragraaf (d) van daardie artikel, enige reël herroep of verander wat aldus uitgevaardig is asook enige van die reëls beoog in suitem (2A), asof daardie bepalings nie herroep was nie en die Minister die Raad beoog in daardie bepalings was.

[Subitem (2B) ingevoeg by GK R1734 van 1 November 1996 en by a. 28 (1) (a) van Wet 127 van 1998.]

(3) Enige hangende appèl voor die Arbeidsappèlhof ingestel by artikel 17A van die Wet op Arbeidsverhoudinge word deur die Arbeidsappèlhof hanteer asof die arbeidsverhoudingswette nie herroep was nie.

(4) Enige hangende appèl teen 'n beslissing van daardie Arbeidsappèlhof of 'n appèl na die Appèlafdeling teen 'n beslissing van die Arbeidsappèlhof ingevolge artikel 17C en artikel 64 van die Wet op Arbeidsverhoudinge word hanteer asof die arbeidsverhoudingswette nie herroep was nie.

(5) Enige appèl teen 'n beslissing van die nywerheidshof of die landbou-arbeidshof ingevolge subitem (1) of (2) word gerig aan die Arbeidsappèlhof ingestel by artikel 167 van hierdie Wet, en daardie Arbeidsappèlhof hanteer die appèl asof die arbeidsverhoudingswette nie herroep was nie.

[Sub-item (5) vervang by a. 56 (e) van Wet 42 van 1996.]

(6) Ondanks enige ander wetsbepaling maar behoudens die Grondwet, word geen appèl toegelaat teen 'n vonnis of bevel wat deur die Arbeidsappèlhof, ingestel by hierdie Wet, gegee of gemaak is by die beslissing van 'n appèl wat ingevolge subitem (5) aanhangig gemaak is nie.

[Subitem (6) bygevoeg by GK R1734 van 1 November 1996 en by a. 28 (1) (a) van Wet 127 van 1998.]

22A Minister kan Kommissie magtig om nywerheidshof se werksaamhede te verrig

(1) Die Minister kan, na oorlegpleging met die Kommissie, by wyse van kennisgewing in die Staatskoerant die Kommissie magtig om die nywerheidshof se werksaamhede ingevolge item 22 (1) te verrig-

(a) ten opsigte van die Republiek in die geheel of enige provinsie wat in die kennisgewing vermeld word; en

(b) met ingang vanaf 'n datum aldus vermeld.

(2) Die magtiging van die Kommissie ingevolge subitem (1)-

(a) raak nie die bevoegdheid van die nywerheidshof ingevolge item 22 (1) om alle hangende aangeleenthede wat hy gedeeltelik verhoor het, te beslis en af te handel nie, en onthef ook nie daardie hof van sy werksaamhede, pligte en verantwoordelikheid met betrekking tot daardie aangeleenthede nie;

(b) verleen nie aan die Kommissie die bevoegdheid om enige van die nywerheidshof se werksaamhede met betrekking tot die aangeleenthede genoem in paragraaf (a), te verrig nie; en

(c) het tot gevolg dat die Kommissie vir die nywerheidshof gesubstitueer word vir sover dit alle ander hangende aangeleenthede betref.

(3) By die toepassing van hierdie item-

(a) is die bepalings van item 22 (1) op die Kommissie van toepassing in alle opsigte asof hy die nywerheidshof was; en

(b) is die reëls wat ingevolge item 22 (2A) en (2B) die verrigtinge by die nywerheidshof reël, van toepassing op die verrigtinge by alle hangende aangeleenthede wat deur die Kommissie beslis moet word uit hoofde van sy magtiging ingevolge hierdie item.

[Item 22A bygevoeg by a. 28 (2) van Wet 127 van 1998.]

Deel F
Pensioenaangeleenthede

23 Voortsetting van bestaande pensioenregte van personeellede van Kommissie by diensaanvaarding

(1) 'n Personeellid van die Kommissie wat onmiddellik voor diensaanvaarding by die Kommissie 'n lid was van die Regeringsdienspensioenfonds, die Pensioenfonds vir Tydelike Werknemers of enige ander pensioenfonds of -skema deur die Departement van Finansies geadministreer (hierna 'n beampte of werknemer genoem), kan by daardie diensaanvaarding-

(a) kies om 'n lid van daardie pensioenfonds te bly, en vanaf die datum waarop die keuse uitgeoefen word, word die beampte of werknemer, ondanks die bepalings van enige ander wet, geag 'n rustende lid van die tersaaklike pensioenfonds binne die bedoeling van artikel 15 (1) (a) van die Algemene Pensioenwet, 1979 (Wet 29 van 1979), te wees;

(b) versoek om 'n lid van die Pensioenfonds vir Geassosieerde Inrigtings ingestel ingevolge die Wet op die Pensioenfonds vir Geassosieerde Inrigtings, 1963 (Wet 41 van 1963), te word asof die Kommissie kragtens artikel 4 van daardie Wet tot 'n geassosieerde inrigting verklaar was; of

(c) versoek om 'n lid te word van enige ander pensioenfonds geregistreer ingevolge die Wet op Pensioenfondse, 1956 (Wet 24 van 1956).

(2) Ingeval 'n beampte of werknemer 'n lid van 'n fonds word na 'n versoek ingevolge subitem (1) (b) of (c)-

(a) moet die pensioenfonds waarvan die beampte of werknemer 'n lid was ("die voormalige fonds"), 'n bedrag oordra aan die pensioenfonds waarvan die beampte of werknemer 'n lid word ("die nuwe fonds"), wat gelykstaan met die befondsingsvlak van die voormalige fonds vermenigvuldig met sy aktuariële aanspreeklikheid ten opsigte van daardie beampte of werknemer soos op die datum wat die beampte of werknemer by die Kommissie diens aanvaar, verhoog met die rente op daardie bedrag teen die prima koers bereken vanaf die datum wat diens by die Kommissie begin het tot op die datum van oordrag van die bedrag;

(b) verval die beampte of werknemer se lidmaatskap van die voormalige fonds op die datum van diensaanvaarding by die Kommissie, en van daardie datum hou die beampte of werknemer op om enige verdere eis teen die voormalige fonds te hê, behalwe soos in paragraaf (a) bepaal; en

(c) moet die voormalige fonds enige eis wat hy teen die beampte of werknemer het, aan die nuwe fonds oordra.

(3) Ingeval 'n beampte of werknemer 'n lid van 'n nuwe fonds word na 'n versoek ingevolge subitem (1) (c), moet die Staat die nuwe fonds 'n bedrag betaal wat gelykstaan met die verskil tussen die aktuariële aanspreeklikheid van die voormalige fonds ten opsigte van die beampte of werknemer soos op die datum van diensaanvaarding by die Kommissie, en die bedrag ingevolge subitem (2) (c) aan die nuwe fonds oorgedra, verhoog met die rente daarop teen die prima koers bereken vanaf die datum van diensaanvaarding tot die datum van die oordrag van die bedrag.

(4) Subitems (2) en (3), saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, is van toepassing ten opsigte van 'n beampte of werknemer wat uit hoofde van 'n keuse ingevolge subitem (1) (a) 'n rustende lid geword het en daarna versoek dat die opgelope pensioenvoordele ingevolge artikel 15A (1) van die Algemene Pensioenwet, 1979, oorgedra word na 'n ander pensioenfonds in daardie Wet bedoel of 'n pensioenfonds ingevolge die Wet op Pensioenfondse, 1956, geregistreer.

(5) Indien, nadat 'n beampte of werknemer 'n lid van enige ander pensioenfonds geword het na 'n keuse ingevolge subitem (1) (c), 'n enkelbedrag deur daardie pensioenfonds betaalbaar geword het weens die afsterwe, of die onttrekking of bedanking uit die pensioenfonds, of aftrede van die beampte of werknemer, of by likwidasie van die pensioenfonds, word die pensioenfonds vir doeleindes van paragraaf (e) van die omskrywing van "bruto inkomste" in artikel 1 van die Inkomstebelastingwet, 1962 (Wet 58 van 1962), geag, met betrekking tot die beampte of werknemer, 'n fonds bedoel in paragraaf (a) van die woordomskrywing van "pensioenfonds" in artikel 1 van daardie Wet te wees.

(6) Vir doeleindes van hierdie item beteken-

"aktuariële aanspreeklikheid" van 'n pensioenfonds, ten opsigte van 'n bepaalde lid of groep lede van die fonds, die aktuariële aanspreeklikheid wat bepaal word deur 'n aktuaris wat vir daardie doel deur die Minister benoem is;

"befondsingsvlak", met betrekking tot 'n pensioenfonds, die markwaarde van die bates van die fonds uitgedruk as 'n persentasie van die totale aktuariële aanspreeklikheid van die fonds, nadat daardie bates en laste verminder is met die bedrag van die laste van die fonds ten opsigte van al sy pensioentrekkers, soos bepaal ten tyde van die jongste aktuariële waardasie van die fonds of enige hersiening daarvan uitgevoer in opdrag van die verantwoordelike Minister; en

"prima koers" die gemiddelde prima koers van die drie grootste banke in die Republiek.

[Datum van inwerkingtreding van item 23: 1 Januarie 1996.]

Deel G
Noodsaaklike dienste

[Deel G bygevoeg by GK R1734 van 1 November 1996 en by a. 28 (1) (a) van Wet 127 van 1998.]

24 Noodsaaklike dienste in die Staatsdiens

(1) 'n Noodsaaklike diens beoog in artikel 20 (1) van die Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens, word geag ingevolge hierdie Wet as 'n noodsaaklike diens aangewys te gewees het vir 'n tydperk wat eindig op 'n datum 10 maande na die inwerkingtreding van hierdie Wet of op die datum waarop die kennisgewing van aanwysing in subitem (2) genoem, in die Staatskoerant gepubliseer word, watter datum ook al eerste is.

(2) Die komitee vir noodsaaklike dienste moet, in die geval van die dienste beoog in artikel 20 (1) van die Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens, so spoedig moontlik na die inwerkingtreding van hierdie Wet 'n nuwe aanwysing kragtens artikel 71 van hierdie Wet doen van dienste wat noodsaaklike dienste is. So 'n aanwysing is van krag vanaf die datum waarop die kennisgewing ingevolge artikel 71 (8) van hierdie Wet in die Staatskoerant gepubliseer word.

[Item 24 bygevoeg by Goewermentskennisgewing R1734 van 1 November 1996 en vervang by Goewermentskennisgewing R654 van 9 Mei 1997 en by a. 28 (1) (c) van Wet 127 van 1998.]

25 Noodsaaklike dienste waarvoor in Wet op Arbeidsverhoudinge voorsiening gemaak word

(1) Die dienste waarmee werkgewers bedoel in paragrawe (a) en (b) van artikel 46 (1) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, en werknemers bedoel in paragrawe (e) en (f) van daardie artikel gemoeid is, asook enige diens beoog in paragraaf (a) of (b) van artikel 46 (7) van daardie Wet waarmee die werkgewers en werknemers op wie 'n kennisgewing ingevolge laasgenoemde artikel onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet van toepassing was, gemoeid is, word geag ingevolge hierdie Wet as noodsaaklike dienste aangewys te gewees het vir 'n tydperk wat eindig op 'n datum 10 maande na die inwerkingtreding van hierdie Wet of op die datum waarop die kennisgewing van aanwysing in subitem (2) genoem, in die Staatskoerant gepubliseer word.

(2) Die komitee vir noodsaaklike dienste moet, in die geval van die dienste beoog in subitem (1), so spoedig moontlik na die inwerkingtreding van hierdie Wet 'n nuwe aanwysing kragtens artikel 71 van hierdie Wet doen van dienste wat noodsaaklike dienste is. So 'n aanwysing is van krag vanaf die datum waarop die kennisgewing van die aanwysing ingevolge artikel 71 (8) van hierdie Wet in die Staatskoerant gepubliseer word.

[Item 25 bygevoeg by Goewermentskennisgewing R1734 van 1 November 1996 en vervang by Goewermentskennisgewing R654 van 9 Mei 1997 en by a. 28 (1) (c) van Wet 127 van 1998.]

Bylae 8
GOEIE PRAKTYKSKODE: ONTSLAG

1 Inleiding

(1) Hierdie goeie praktykskode behandel sommige van die sleutelaspekte van ontslag weens redes wat verband hou met gedrag, geskiktheid en bekwaamheid. Dit is doelbewus algemeen van aard. Elke geval is uniek, en afwykings van die norme wat deur hierdie Kode gestel word, kan in geskikte omstandighede geregverdig word. Die getal werknemers wat by 'n onderneming in diens is, kan byvoorbeeld 'n ander benadering regverdig.

(2) Hierdie Wet beklemtoon die belangrikheid van kollektiewe ooreenkomste en is nie bedoel om as plaasvervanger te dien vir dissiplinêre kodes en prosedures wat die onderwerp van kollektiewe ooreenkomste is of die gevolg is van kollektiewe besluitneming deur 'n werkgewer en 'n werkplekforum nie.

(3) Die hoofbeginsel in hierdie Kode is dat werkgewers en werknemers mekaar met wedersydse respek moet behandel. 'n Premie word geplaas op sowel diensregverdigheid as die doeltreffende bedryf van 'n besigheid. Hoewel werknemers teen arbitrêre optrede beskerm moet word, is werkgewers daarop geregtig om bevredigende gedrag en werkprestasie van hulle werknemers te verwag.

2 Billike redes vir ontslag

(1) Ontslag is onbillik indien dit nie om 'n billike rede en ooreenkomstig 'n billike prosedure geskied nie, selfs al voldoen dit aan enige tydperk van kennisgewing in 'n dienskontrak of wetgewing wat diens reël. Die billikheid, al dan nie, van die rede vir ontslag word bepaal aan die hand van die feite van die saak en die geskiktheid van ontslag as straf. Die billikheid, al dan nie, van die prosedure, word bepaal aan die hand van die riglyne hieronder uiteengesit.

(2) Hierdie Wet erken drie gronde waarop diensbeëindiging regtens geregverdig is. Hulle is: die gedrag van die werknemer, die geskiktheid of bekwaamheid van die werknemer en die bedryfsvereistes van die werkgewer se besigheid.

(3) Hierdie Wet bepaal dat ontslag outomaties onbillik is indien die rede vir die ontslag is dat dit die fundamentele regte van werknemers en vakbonde skend of 'n rede is wat in artikel 187 genoem word. Hierdie redes sluit in deelname aan 'n wettige staking, beoogde of werklike swangerskap, en diskriminerende optredes.

(4) In gevalle waar die ontslag nie outomaties onbillik is nie, moet die werkgewer aantoon dat die rede vir ontslag verband hou met die werknemer se gedrag, geskiktheid of bekwaamheid, of gebaseer is op die bedryfsvereistes van die besigheid. Indien die werkgewer versuim om dit te doen of versuim om te bewys dat die ontslag ooreenkomstig 'n billike prosedure gedoen is, is die ontslag onbillik.

3 Dissiplinêre maatreëls minder as ontslag

[Opskrif vervang by a. 57 van Wet 42 van 1996.]

Dissiplinêre prosedures voor ontslag

(1) Alle werkgewers moet dissiplinêre reëls aanneem wat die vereiste gedragsnorme vir hulle werknemers bepaal. Die vorm en inhoud van dissiplinêre reëls sal natuurlik wissel na gelang van die grootte en aard van die werkgewer se besigheid. Oor die algemeen sal 'n groter besigheid 'n meer formele benadering tot dissipline vereis. 'n Werkgewer se reëls moet sekerheid en konsekwentheid oor die toepassing van dissipline bewerkstellig. Die gedragsnorme moet dus duidelik wees en moet in 'n maklik verstaanbare vorm aan werknemers beskikbaar gestel word. Sommige reëls of norme is moontlik so goed gevestig en bekend dat dit nie nodig is om dit bekend te maak nie.

(2) Die howe onderskryf die beginsel van regstellende of progressiewe dissipline. Volgens hierdie benadering word dissipline beskou as 'n wyse waarop werknemers te wete kan kom watter standaarde aan hulle gestel word en dit kan verstaan. Pogings behoort aangewend te word om werknemers se gedrag reg te stel deur 'n stelsel van gegradeerde dissiplinêre maatreëls soos berading en waarskuwings.

(3) Formele prosedures hoef nie gebruik te word telkens wanneer reëls oortree word of waar daar nie aan norme of standaarde voldoen word nie. In die geval van minder ernstige oortredings van werkdissipline sal informele advies en regstelling dikwels vir 'n werkgewer die beste en doeltreffendste manier wees om die situasie te hanteer. Herhaalde wangedrag sal waarskuwings regverdig, wat ook volgens grade van erns gegradeer kan word. Meer ernstige oortredings of herhaalde wangedrag mag 'n finale waarskuwing regverdig, of ander optrede wat nog nie ontslag is nie. Ontslag behoort slegs in gevalle van ernstige wangedrag of herhaalde oortredings plaas te vind.

Ontslag weens wangedrag

(4) Oor die algemeen is dit nie gepas om 'n werknemer vir 'n eerste oortreding te ontslaan nie, behalwe waar die wangedrag ernstig en van so 'n ernstige aard is dat dit 'n voortgesette diensverhouding onhoudbaar maak. Voorbeelde van ernstige wangedrag, onderworpe aan die reël dat elke geval op sy eie meriete beoordeel behoort te word, is growwe oneerlikheid of opsetlike beskadiging van die eiendom van die werkgewer, opsetlike bedreiging van die veiligheid van andere, 'n fisiese aanval op die werkgewer, 'n medewerknemer, kliënt of klant, en growwe insubordinasie. Ongeag die meriete van ontslag in 'n bepaalde geval, sal ontslag nie billik wees as dit nie aan die vereistes van artikel 188 voldoen nie.

(5) Wanneer daar besluit word of ontslag as straf opgelê moet word, al dan nie, moet die werkgewer, benewens die erns van die wangedrag, faktore soos die omstandighede van die werknemer (met inbegrip van duur van diens, vorige dissiplinêre rekord en persoonlike omstandighede), die aard van die werk en die omstandighede rondom die oortreding self, in ag neem.

(6) Die werkgewer behoort ontslag as straf konsekwent so toe te pas dat dit strook met die wyse waarop dit in die verlede op dieselfde en ander werknemers toegepas is, en dat konsekwent opgetree word ten opsigte van twee of meer werknemers wat aan die betrokke wangedrag deelneem.

4 Billike prosedure

(1) Normaalweg behoort die werkgewer ondersoek in te stel ten einde vas te stel of daar gronde vir ontslag is. Dit hoef nie 'n formele ondersoek te wees nie. Die werkgewer behoort die werknemer van die aantygings in kennis te stel in 'n vorm en in 'n taal wat die werknemer sal verstaan. Die werknemer moet die geleentheid gegun word om 'n saak te stel in antwoord op die aantygings. Die werknemer behoort geregtig te wees op 'n redelike tyd om 'n antwoord voor te berei, en op bystand van 'n vakbondverteenwoordiger of 'n medewerknemer. Na die ondersoek moet die werkgewer die besluit wat geneem is aan die werknemer oordra, en verkieslik die werknemer van 'n skriftelike kennisgewing van daardie besluit voorsien.

(2) Dissiplinêre stappe teen 'n vakbondverteenwoordiger of 'n werknemer wat 'n ampsdraer of beampte van 'n vakbond is, behoort nie gedoen te word alvorens daar eers aan die vakbond kennis gegee is en daar met die vakbond oorleg gepleeg is nie.

(3) Indien die werknemer ontslaan word, moet die werknemer oor die rede vir die ontslag ingelig word en herinner word aan enige reg om die aangeleentheid te verwys na 'n raad met jurisdiksie of die Kommissie of vir beslegtiging deur enige geskilbeslegtingsprosedure ingestel ingevolge 'n kollektiewe ooreenkoms.

(4) In uitsonderlike omstandighede, waar daar nie redelikerwys van die werkgewer verwag kan word om aan hierdie riglyne te voldoen nie, kan daar daarvan afgesien word.

5 Dissiplinêre rekords

Werkgewers moet vir elke werknemer 'n rekord hou waarin die aard van enige dissiplinêre oortredings, die optrede deur die werkgewer en die redes vir die optrede aangedui word.

6 Ontslag en nywerheidsoptrede

(1) Deelname aan 'n staking wat nie aan die vereistes van Hoofstuk IV voldoen nie, is wangedrag. Soos enige ander vorm van wangedrag, regverdig dit egter nie altyd ontslag nie. Die wesenlike billikheid van enige ontslag in hierdie omstandighede moet bepaal word met inagneming van die feite van die geval, met inbegrip van-

(a) die erns van die oortreding van die bepalings van hierdie Wet;

(b) pogings aangewend om ooreenkomstig hierdie Wet op te tree; en

(c) of die staking plaasvind het in reaksie op ongeregverdigde optrede deur die werkgewer.

(2) Voordat ontslag plaasvind, moet die werkgewer by die eerste geleentheid wat hom voordoen met vakbondbeamptes in verbinding tree om die optrede wat hy beoog, te bespreek. Die werkgewer moet 'n ultimatum in duidelike en ondubbelsinnige taal uitreik waarin verklaar word wat van die werknemers vereis word en watter sanksie opgelê sal word indien hulle nie aan die ultimatum gehoor gee nie. Daarna moet die werknemers voldoende geleentheid gebied word om die ultimatum te oorweeg en daarop te reageer, hetsy deur nakoming of verwerping. Daar kan met hierdie vereistes weggedoen word in omstandighede waar daar nie redelikerwys van die werkgewer verwag kan word om dit op die betrokke werknemers van toepassing te maak nie.

7 Riglyne in gevalle van ontslag weens wangedrag

Enigiemand wat bepaal of 'n ontslag weens wangedrag onbillik is, moet in ag neem-

(a) of die werknemer 'n reël of norm wat optrede in of met betrekking tot die werkplek reël, oortree het, al dan nie; en

(b) indien 'n reël of norm oortree is, of-

(i) die reël 'n geldige of redelike reël of norm was, al dan nie;

(ii) die werknemer van die reël of norm bewus was, en of daar redelikerwys van die werknemer verwag kon word om daarvan bewus te wees, al dan nie;

(iii) die reël of norm konsekwent deur die werkgewer toegepas is, al dan nie; en

(iv) ontslag 'n gepaste straf vir die oortreding van die reël of norm was, al dan nie.

8 Ongeskiktheid: Swak werkprestasie

(1) 'n Nuut-aangestelde werknemer kan vir 'n redelike tydperk op proef in diens geneem word, inaggenome die omstandighede van die werk. Die tydperk behoort bepaal te word deur die aard van die werk en die tyd wat dit neem om die werknemer se geskiktheid vir voortgesette diens te bepaal. Waar gepas, moet 'n werkgewer 'n werknemer enige evaluering, onderrig, opleiding, leiding of advies gee wat ook al nodig mag wees om die werknemer in staat te stel om bevredigende diens te lewer. Ontslag gedurende die proeftydperk behoort voorafgegaan te word deur 'n geleentheid vir die werknemer om dié se kant van die saak te stel en om deur 'n vakbondverteenwoordiger of 'n medewerknemer bygestaan te word.

(2) Na die proeftydperk behoort 'n werknemer nie weens onbevredigende werkprestasie ontslaan te word nie, tensy-

(a) die werkgewer aan die werknemer toepaslike evaluering, onderrig, opleiding, leiding of berading gegee het; en

(b) die werknemer na 'n redelike tydperk wat vir verbetering toegelaat is, steeds onbevredigend presteer.

(3) Die prosedure wat ontslag tot gevolg het, behoort 'n ondersoek ter vasstelling van die redes vir die onbevredigende prestasie in te sluit. Tydens die ondersoek moet die werkgewer oorweeg of daar ander wyses buiten ontslag is om die aangeleentheid reg te stel.

(4) In die proses moet die werknemer die reg hê om aangehoor te word en om deur 'n vakbondverteenwoordiger of 'n medewerknemer bygestaan te word.

9 Riglyne in gevalle van ontslag weens swak werkprestasie

Enigiemand wat moet bepaal of 'n ontslag weens swak werkprestasie onbillik is, moet die volgende in ag neem-

(a) of die werknemer daarin geslaag het om aan 'n prestasiestandaard te voldoen, al dan nie; en

(b) indien die werknemer nie aan 'n vereiste prestasiestandaard voldoen het nie, of-

(i) die werknemer van die vereiste prestasiestandaard bewus was en of daar redelikerwys van die werknemer verwag kan word om daarvan bewus te wees, al dan nie;

(ii) die werknemer 'n billike kans gegun is om aan die vereiste prestasiestandaard te voldoen, al dan nie; en

(iii) ontslag 'n gepaste straf vir nie-voldoening aan die vereiste prestasiestandaard was, al dan nie.

10 Ongeskiktheid: Swak gesondheid of besering

(1) Ongeskiktheid op grond van swak gesondheid of besering kan tydelik of permanent wees. Waar 'n werknemer tydelik nie daartoe in staat is om in hierdie omstandighede te werk nie, moet die werkgewer die omvang van die ongeskiktheid of besering ondersoek. Indien die werknemer waarskynlik afwesig sal wees vir 'n tydperk wat in die omstandighede onredelik lank is, moet die werkgewer alle moontlike alternatiewe buiten ontslag ondersoek. Wanneer alternatiewe oorweeg word, sou as tersaaklike faktore in ag geneem kon word die aard van die werk, die tydperk van afwesigheid, die erns van die siekte of besering en die moontlikheid om 'n tydelike plaasvervanger vir die siek of beseerde werknemer te kry. In gevalle van permanente ongeskiktheid moet die werkgewer die moontlikheid van alternatiewe diens, of van die aanpassing van die pligte of werkomstandighede van die werknemer ondersoek ten einde die werknemer se ongeskiktheid te akkommodeer.

(2) In die proses van die ondersoek bedoel in subartikel (1) behoort die werknemer die geleentheid gebied te word om aangehoor te word en om deur 'n vakbondverteenwoordiger of medewerknemer bygestaan te word.

(3) Die graad van ongeskiktheid is tersaaklik ter bepaling van die billikheid van enige ontslag. Die oorsaak van die ongeskiktheid kan ook tersaaklik wees. In die geval van sekere soorte ongeskiktheid, byvoorbeeld alkoholisme of dwelmmisbruik, sou berading en rehabilitasie toepaslike stappe kon wees wat 'n werkgewer kan oorweeg.

(4) Besondere oorweging moet geskenk word aan werknemers wat by die werk beseer word of wat deur werk-verwante siektes ongeskik raak. Die howe het aangedui dat die plig van die werkgewer om die ongeskiktheid van die werknemer te akkommodeer, in hierdie omstandighede swaarder is.

11 Riglyne in gevalle van ontslag weens swak gesondheid of besering

(1) Iemand wat moet bepaal of 'n ontslag weens swak gesondheid of besering onbillik is, moet in ag neem-

(a) of die werknemer daartoe in staat is om die werk te verrig, al dan nie; en

(b) waar die werknemer nie daartoe in staat is nie-

(i) die mate waarin die werknemer wel in staat is om die werk te verrig;

(ii) die mate waarin die werknemer se werksomstandighede aangepas kan word ten einde die ongeskiktheid te akkommodeer of, waar dit nie moontlik is nie, die mate waarin die werknemer se pligte aangepas kan word; en

(iii) die beskikbaarheid van enige geskikte alternatiewe werk.

Bylae 9
MODELKONSTITUSIE* VIR 'N STATUTÊRE RAAD

[Bylae 9 ingevoeg by Goewermentskennisgewing R443 van 27 Maart 1997.]

KONSTITUSIE VAN ....................................

1 Naam

Die naam van hierdie statutêre raad is ......................................................

2 Geregistreerde bestek

Die geregistreerde bestek van die raad word gespesifiseer in die raad se registrasiesertifikaat, wat by hierdie konstitusie aangeheg is.

3 Bevoegdhede en werksaamhede

(1) Die bevoegdhede en werksaamhede van die raad is-

(a) om die geskilbeslegtingswerksaamhede in artikel 51 van die Wet bedoel, te verrig;

(b) om opleidings- en onderwysskemas te bevorder en in te stel;

(c) om pensioen-, voorsorg-, mediese hulp-, siektebetalings-, vakansie- en werkloosheidskemas of -fondse of soortgelyke skemas of fondse ten voordele van een of meer van die partye by die raad of hulle lede in te stel en te administreer; en

(d) om kollektiewe ooreenkomste te sluit wat uitvoering gee aan die aangeleenthede in paragrawe (a), (b) en (c) genoem.

(2)* Die raad kan instem tot die insluiting van enige van die werksaamhede van 'n bedingingsraad bedoel in artikel 28 (1) (a), (b), (c), (e), (h), (i) en (j) van die Wet as werksaamhede van die raad.

(3) Die raad kan hierdie bevoegdhede uitoefen en hierdie werksaamhede verrig slegs binne sy geregistreerde bestek.

4 Partye

(1) Die stigterspartye by die raad is-

(a) die volgende werkgewersorganisasie(s):

(i) _________________________________________

(ii) ______________________________________; en

(iii) ______________________________________; en
(name)

(b) die volgende vakbond(e):

(i) __________________________________________

(ii) _______________________________________; en

(iii) __________________________________________
(name)

(2) Enige geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie wat lede het wat binne die geregistreerde bestek van die raad val, kan skriftelik by die raad aansoek doen om as 'n party toegelaat te word.

(3) Die aansoek moet vergesel gaan van-

(a) 'n gewaarmerkte afskrif van die aansoeker se geregistreerde konstitusie;

(b) 'n gewaarmerkte afskrif van die aansoeker se registrasiesertifikaat;

(c) besonderhede van die aansoeker se lidmaatskap binne die geregistreerde bestek van die raad, insluitende, in die geval van 'n werkgewersorganisasie, die aantal werknemers wat sy lede binne die geregistreerde bestek van die raad in diens het;

(d) 'n opgawe van die redes waarom die aansoeker as 'n party by die raad toegelaat behoort te word; en

(e) enige ander inligting wat die aansoeker ter ondersteuning van sy aansoek wil voorlê.

(4) Binne 90 dae na ontvangs van 'n aansoek om toelating moet die raad besluit of aan die aansoeker toelating verleen of geweier moet word en moet hy die aansoeker van sy besluit in kennis stel, by versuim waarvan die raad geag word die aansoeker toelating te geweier het.

(5) Indien die raad weier om 'n aansoeker toe te laat, moet hy die aansoeker binne 30 dae na die datum van die weiering skriftelik van sy besluit en die redes vir daardie besluit in kennis stel.

5 Aanstelling van verteenwoordigers

(1)* Die raad bestaan uit-

(a) ........... verteenwoordigers van die werkgewersorganisasies wat partye by die raad is, van wie ....... klein en medium-grootte ondernemings verteenwoordig; en

(b) ............ verteenwoordigers van die vakbonde wat partye by die raad is.

(2)* Die verteenwoordigers word soos volg onder die partye by die raad toegewys-

(a) Werkgewersorganisasie(s ) Getal verteenwoordigers

____________________ ____________________
____________________ ____________________
____________________ ____________________
(name)

(b) Vakbond(e ) Getal verteenwoordigers

____________________ ____________________
____________________ ____________________
____________________ ____________________
(name)

(3) Behoudens subklousule (2) en sy eie konstitusie kan elke party by die raad die volgende verkies en aanstel:

(a) Sy verteenwoordigers in die raad; en

(b) 'n plaasvervanger vir elk van sy verteenwoordigers.

(4) (a) 'n Verteenwoordiger of 'n plaasvervanger beklee die amp vir 12 maande en kan aan die einde van daardie termyn heraangestel word.

(b) 'n Verteenwoordiger of 'n plaasvervanger wie se ampstermyn verstryk het en wat nie heraangestel word nie, kan nogtans voortgaan om as 'n verteenwoordiger op te tree totdat daardie verteenwoordiger se opvolger diens aanvaar.

(5) Ondanks subartikel (4)-

(a) kan 'n party enige van sy verteenwoordigers of plaasvervangers onttrek deur minsters 21 dae skriftelike kennis aan die sekretaris te gee; en

(b) word 'n verteenwoordiger wat sonder goeie gronde van drie agtereenvolgende vergaderings van die raad afwesig is, gediskwalifiseer om die amp langer te beklee.

(6) Indien die amp van 'n verteenwoordiger of plaasvervanger vakant raak, kan die party wat die verteenwoordiger of plaasvervanger aangestel het, 'n ander verteenwoordiger of plaasvervanger aanstel vir die onverstreke gedeelte van die voorganger se ampstermyn

6 Raadsvergaderings

(1) Die raad moet-

(a) 'n algemene jaarvergadering in die maand ............. van elke jaar hou; en

(b) minsters een keer elke ...... maand(e) gewone vergaderings hou.

(2) 'n Spesiale vergadering van die raad-

(a) kan te eniger tyd deur die voorsitter belê word om dringende sake af te handel; en

(b) moet deur die voorsitter belê word binne 14 dae na-

(i) ontvangs van 'n versoek vir daardie doel, met vermelding van die doel van die spesiale vergadering en onderteken deur minsters ............. verteenwoordigers; of

(ii) die aanvaarding van 'n resolusie deur die raad waarin 'n spesiale vergadering aangevra word.

(3) By die algemene jaarvergadering moet die raad-

(a) die bykomende lede van die uitvoerende komitee verkies;

(b) die voorsitter en die ondervoorsitter van die raad verkies;

(c) die lede van die paneel van versoeners in klousule 11 (1) (a) bedoel, aanstel;

(d) die lede van die paneel van arbiters in klousule 11 (1) (b) bedoel, aanstel;

(e) die lede van 'n vrystellingsraad aanstel om aansoeke om vrystelling van die bepalings van 'n kollektiewe ooreenkoms wat in die raad gesluit is, te oorweeg en af te handel;

(f) die jaarlikse finansiële state van die raad en die ouditeur se verslag oor daardie state goedkeur; en

(g) die raad se begroting vir die komende jaar soos opgestel ingevolge klousule 15 (10), met of sonder wysigings, oorweeg en goedkeur.

(4)* Die sekretaris moet 'n skriftelike kennisgewing van elke raadsvergadering opstel wat die datum, tyd en plek van die vergadering toon asook die sake wat behandel moet word, en moet die kennisgewing minsters ............... dae voor die datum van die vergadering per geregistreerde pos aan elke verteenwoordiger stuur. Die voorsitter kan egter korter kennisgewing vir 'n spesiale vergadering magtig.

(5) Minstens die helfte van die totale getal werkgewersverteenwoordigers en die helfte van die totale getal werknemersverteenwoordigers vorm 'n kworum en moet teenwoordig wees voordat 'n vergadering kan begin of voortgaan .

(6) Indien daar op die tyd wat vir 'n vergadering bepaal is om te begin of voort te gaan, en vir 30 minute na daardie tyd, nie 'n kworum teenwoordig is nie, moet die vergadering verdaag word tot dieselfde plek op dieselfde tyd op die ooreenstemmende dag in die volgende week tensy daardie dag 'n openbare vakansiedag is, in welke geval die vergadering moet verdaag tot die dag onmiddellik na daardie openbare vakansiedag.

(7) 'n Vergadering wat ingevolge subartikel (6) verdaag is, kan voortgaan op die datum tot wanneer dit verdaag is, met die verteenwoordigers teenwoordig op die tyd waawoor die vergadering belê is, ongeag of daar ingevolge subklousule (4) kennis gegee is en of daar 'n kworum teenwoordig is al dan nie.

(8) Die sekretaris moet 'n notule van die verrigtinge by raadsvergaderings laat hou.

(9) By elke vergadering van die raad-

(a) moet die sekretaris die notule van die vorige vergadering voorlees, tensy dit voorheen gesirkuleer is; en

(b) moet die voorsitter die notule, met of sonder wysigings, teken nadat dit bevestig is.

(10) Geen mosie mag by 'n vergadering oorweeg word nie tensy dit gesekondeer is. Die voorsitter kan vereis dat 'n mosie skriftelik voorgelê word, in welke geval die voorsitter die mosie aan die vergadering moet voorlees.

(11)* Tensy hierdie konstitusie anders bepaal, moet alle mosies beslis word deur 'n meerderheid stemme van diegene wea teenwoordig en stemgeregtig is, en daar moet met die opsteek van hande gestem word.

(12) Elke lid van die uitvoerende komitee het een stem oor enige aangeleentheid voor die komitee waaroor die komitee moet besluit. Indien die lede wat werkgewers verteenwoordig en die wat werknemers verteenwoordig by die vergadering egter nie gelyk in getal is nie, moet die kant wat in die meerderheid is, soveel van sy verteenwoordigers aan stemming onttrek as wat nodig is om te verseker dat die twee kante ewe getalsterk is ten tyde van stemming.

(13) Indien daar tussen vergaderings van die raad enige vraag ontstaan wat die uitvoerende komitee as utters dringend beskou, en dit moontlik is om daardie vraag deur 'n eenvoudige "Ja" of "Nee" te beantwoord, kan die uitvoerende komitee die sekretaris opdrag gee om die verteenwoordigers in die raad deur posstemming te laat stem. 'n Voorstel wat aan 'n posstemming onderwerp word, kan aangeneem word slegs indien dit gesteun word deur minsters twee derdes van die totale getal verteenwoordigers wat stemgeregtig is.

(14) Die uitvoerende komitee kan algemene prosedurereëls vir sy vergaderings en vir die vergaderings van die raad en sy komitees aanvaar. In geval van 'n botsing tussen daardie reëls en die bepalings van hierdie konstitusie geniet die bepalings van hierdie konstitusie egter voorrang.

7 Uitvoerende komitee

(1) Die raad het 'n uitvoerende komitee wat bestaan uit die voorsitter en die ondervoorsitter van die raad, wat uit hoofde van hulle onderskeie ampte lede is, en ............. bykomende lede wat ooreenkomstig subklousule (3) gekies word.

(2)* Behoudens die lasgewings en beheer van die raad kan die uitvoerende komitee die bevoegdhede, werksaamhede en pligte van die raad uitoefen en verrig betreffende die toesig en beheer oor die daaglikse bestuur en administrasie van die raad. Daarbenewens kan die uitvoerende komitee-

(a) ondersoek instel na en aan die raad verslag doen oor enige aangeleentheid betreffende die sektor ten opsigte waarvan die raad geregistreer is;

(b) enigiets doen wat nodig is om uitvoering aan besluite van die raad te gee;

(c) kollektiewe ooreenkomste wat in die raad gesluit is, monitor en afdwing; en

(d) enige bevoegdheid uitoefen en enige werksaamheid en plig verrig wat by of ingevolge hierdie konstitusie aan die uitvoerende komitee verleen of opgedra word of wat deur die raad aan die uitvoerende komitee gedelegeer word. Die raad mag egter nie die bevoegdhede, werksaamhede en pligte beoog in klousules 4 (4) en (5), 6 (3) 16 en 17 en subklousules (3) en (6) van hierdie klousule, en die bevoegdheid van die raad om te delegeer, aan die uitvoerende komitee delegeer nie.

(3)* Op die algemene jaarvergadering moet die raad die bykomende lede van die uitvoerende komitee en 'n plaasvervanger vir elkeen verkies. Die bykomende lede en hulle plaasvervangers moet verteenwoordigers in die raad wees, en die helfte van die bykomende lede en hulle plaasvervangers moet deur die werkgewersverteenwoordigers in die raad benoem word, en die ander helfte van die bykomende lede en hulle plaasvervangers moet deur die werknemersverteenwoordigers in die raad benoem word.

(4) (a) 'n Bykomende lid van die uitvoerende komitee beklee die amp vir 12 maande en is herkiesbaar aan die einde van daardie termyn.

(b) 'n Bykomende lid van die uitvoerende komitee wie se ampstermyn verstryk het en wat nie herverkies word nie, kan nogtans voortgaan om as 'n lid van die uitvoerende komitee op te tree totdat daardie lid se opvolger diens aanvaar.

(5) 'n Bykomende lid van die uitvoerende komitee-

(a) kan te eniger tyd uit die komitee bedank nadat hy minsters 21 dae skriftelike kennis aan die sekretaris gegee het;

(b) moet die amp onmiddellik ontruim-

(i) in die geval van bedanking, wanneer die bedanking in werking tree; of

(ii) wanneer hy ophou om 'n verteenwoordiger in die raad te wees.

(6) (a) Wanneer die setel van 'n bykomende lid van die uitvoerende komitee vakant raak, moet die raad die vakature vul uit die getal kandidate wat vir daardie doel benoem is deur-

(i) die werkgewersverteenwoordigers in die raad, indien daardie setel deur 'n bykomende lid wat die werkgewersverteenwoordig, gehou is; of

(ii) die werknemersverteenwoordigers in die raad, indien daardie setel deur 'n bykomende lid wat werknemers verteenwoordig, gehou is.

(b) 'n Lid wat aangestel is om 'n vakante setel te vul, hou daardie setel vir die onverstreke gedeelte van die voorganger se termyn.

(7) Die uitvoerende komitee moet 'n gewone vergadering minsters elke ....... hou.

(8) 'n Spesiale vergadering van die uitvoerende komitee-

(a) kan te eniger tyd deur die voorsitter belê word om dringende sake af te handel; en

(b) moet deur die voorsitter belê word binne ........ dae na ontvangs van 'n versoek vir daardie doel, wat die doel van die spesiale vergadering vermeld en onderteken is deur minstens .......... lede van die uitvoerende komitee.

(9)* Die sekretaris moet 'n skriftelike kennisgewing van elke vergadering van die uitvoerende komitee opstel wat die datum, tyd en plek van die vergadering toon, asook die sake wat behandel moet word, en moet die kennisgewing minstens ....... dae voor die datum van die vergadering per geregistreerde pos aan elke lid van die komitee stuur. Die voorsitter kan egter korter kennisgewing vir 'n spesiale vergadering magtig.

(10) Minstens die helfte van die lede van die uitvoerende komitee wat werkgewers verteenwoordig en die helfte van die lede van daardie komitee wat werknemers verteenwoordig, vorm 'n kworum en moet teenwoordig wees voordat 'n vergadering kan begin of voortgaan.

(11) Elke lid van die uitvoerende komitee het een stem oor enige aangeleentheid voor die komitee waaroor die komitee moet besluit. Indien die lede wat werkgewers verteenwoordig en die wat werknemers verteenwoordig by die vergadering egter nie gelyk in getal is nie, moet die kant wat in die meerderheid is, soveel van sy verteenwoordigers aan stemming onttrek as wat nodig is om te verseker dat die twee kante ewe getalsterk is ten tyde van stemming.

(12) Met betrekking tot enige aangeleentheid waaroor die uitvoerende komitee moet besluit, is die besluit van die meerderheid van die lede van die uitvoerende komitee wat op die vergadering teenwoordig is en stemgeregtig is, die besluit van die komitee.

8 Ander komitees

(1)* Die raad kan ander komitees aanstel om enige van sy werksaamhede te verrig, met inbegrip van ondersoek instel na en verslag doen aan die raad oor enige aangeleentheid, maar uitgesonderd die nie-delegeerbare werksaamhede in klousule 7 (2) (d) bedoel.

(2) (a) Die helfte van die lede van 'n komitee wat aldus aangestel is, moet deur die werkgewersverteenwoordigers benoem word, en die ander helfte deur die werknemersverteenwoordigers.

(b) Behoudens paragraaf (a) moet komiteelede-

(i) werkgewers of werknemers binne die geregistreerde bestek van die raad wees; of

(ii) ampsdraers of beamptes van die partye by die raad wees.

(3) 'n Meerderheid van die totale aantal lede van 'n komitee vorm 'n kworum en moet teenwoordig wees voordat 'n vergadering kan begin of voortgaan.

(4) Die bepalings van klousule 7 met betrekking tot die belê en hou van vergaderings, gelees met die veranderings wat deur die konteks vereis word, is van toepassing op vergaderings van enige komitee in hierdie klousule bedoel.

9 Voorsitter en ondervoorsitter

(1) (a) By die algemene jaarvergadering moet die raad 'n voorsitter en 'n ondervoorsitter verkies.

(b) Behoudens subklousules (3) en (6) (a) is die dienende voorsitter van die raad ten tyde van die algemene jaarvergadering die voorsitter van die vergadering en lei hy die verkiesing van die volgende voorsitter.

(2) Die voorsitter van die vergadering moet benoemings vir die amp van voorsitter vra. 'n Persoon is benoem as hy deur een verteenwoordiger in die raad voorgestel en deur 'n ander gesekondeer is.

(3) Indien die dienende voorsitter vir nog 'n termyn benoem word, meet die raad deur die opsteek van hande 'n verteenwoordiger in die raad verkies om as voorsitter van die vergadering op te tree tydens die verkiesing van die volgende voorsitter.

(4) (a) Indien net een kandidaat benoem is, word daardie kandidaat geag onbestrede tot nuwe voorsitter verkies te wees, en die voorsitter van die vergadering moet hom aldus verkose verklaar.

(b) Indien twee of meer kandidate benoem is, moet die voorsitter van die vergadering 'n stemming per stembrief hou, en hy moet die kandidaat op wie die meerderheid van die stemme uitgebring is, tot die verkose nuwe voorsitter verklaar.

(5) Indien 'n gelyke getal stemme vir twee of meer kandidate uitgebring is en geen ander kandidaat'n groter getal stemme as dié kandidate het nie, moet die voorsitter van die vergadering deur middel van loting laat bepaal watter een van daardie kandidate die nuwe voorsitter moet wees.

(6) (a) Nadat die nuwe voorsitter as verkose verklaar is, moet die nuwe voorsitter as voorsitter van die vergadering optree en vir benoemings vir die amp van ondervoorsitter vra.

(b) Indien die nuut verkose voorsitter 'n verteenwoordiger van werkgewers is, mag slegs verteenwoordigers van werknemer vir die amp van ondervoorsitter benoem word, en omgekeerd.

(c) Die bepalings van subklousules (2), (4) en (5), gelees met die veranderings wat deur die konteks vereis word, is van toepassing vir die verkiesing van die ondervoorsitter.

(7) (a) Die voorsitter en die ondervoorsitter beklee hulle onderskeie ampte totdat die volgende verkiesing van die voorsitter of ondervoorsitter, na gelang van die geval, plaasvind, of, indien die voorsitter of die ondervoorsitter ophou om 'n verteenwoordiger in die raad te wees op enige datum voor daardie verkiesing, tot daardie datum. Albei is herkiesbaar indien hulle steeds 'n verteenwoordiger is wanneer hulle on derskeie termyne as voorsitter of ondervoorsitter verstryk.

(b) Indien die amp van voorsitter of ondervoorsitter vakant raak voor die volgende verkiesing van die voorsitter of ondervoorsitter, na gelang van die geval, moet die uitvoerende komitee demand as voorsitter of ondervoorsitter, na gelang van die geval, verkies om die amp tot die volgende verkiesing te beklee.

(c) 'n Verkiesing in paragraaf (b) bedoel, moet gehou word ooreenkomstig subklousules (2), (4), (5) en (6), gelees met die veranderinge wat deur die konteks vereis word.

(8) Die voorsitter sit voor by al die vergaderings van die raad en moet-

(a) notules van vergaderings van die raad onderteken nadat daardie notules bevestig is;

(b) tjeks onderteken wat teen die raad se bankrekening getrek word; en

(c) enige ander werksaamhede en pligte verrig wat by hierdie konstitusie aan die voorsitter opgedra word, asook dié wat in die algemeen gepaard gaan met die amp van voorsitter.

(9) Die ondervoorsitter sit voor by vergaderings van die raad en verrig die werksaamhede en pligte van die voorsitter telkens wanneer die voorsitter afwesig is of om enige rede nie in staat is om op te tree of om daardie werksaamhede en pligte te verrig nie.

(10) Indien sowel die voorsitter as die ondervoorsitter afwesig is of nie in staat is om die werksaamhede en pligte van die voorsitter te verrig nie, moet die raad deur die opsteek van hande iemand uit die geledere van die verteenwoordigers verkies om as voorsitter op te tree en daardie werksaamhede en pligte te verrig.

(11) 'n Voorsitter of 'n ondervoorsitter wat nie uit die geledere van die verteenwoordigers in die raad verkies is nie, mag nie oor enige aangeleentheid voor die raad of die uitvoerende komitee stem nie.

(12) 'n Voorsitter of 'n ondervoorsitter kan deur die raad van sy of haar amp onthef word vir em stige pligsversuim, ernstige wangedrag of ongeskiktheid.

10 Beamptes en werknemers

(1) Die raad moet 'n sekretaris aanstel wat verantwoordelik is vir die administratiewe en sekretariële werk voortspruitend uit die werksaamhede van die raad en vir die verrigting van die werksaamhede en pligte wat by of ingevolge die Wet en hierdie konstitusie aan die sekretaris opgedra word. Daardie werk en daardie werksaamhede en pligte sluit in-

(a) om die rekeningboeke en rekords te hou wat die raad gelas ten einde die finansiële transaksies en stand van die raad volledig te weerspieël;

(b) om alle vergaderings van die raad en sy uitvoerende komitee by te woon en die notule van die verrigtinge by daardie vergaderings aan te teken;

(c) om die korrespondensie van die raad te voer en oorspronklike briewe wat ontvang en afskrifte van briewe wat gestuur is, te hou;

(d) om by elke vergadering van die raad belangrike korrespondensie wat sedert die laaste vergadering plaasgevind het, voor te lees;

(e) om alle gelde wat namens die raad ontvang is, binne drie dae na ontvangs te bank;

(f) om state van die finansiele sake en posisie van die raad voor te lê telkens wanneer die raad dit vereis, maar minstens een maal elke kwartaal van die boekjaar;

(g) om 'n begroting vir die volgende boekjaar en 'n jaarverslag waarin die belangrikste bedrywighede van die raad opgesom word, op te stel vir voorlegging op die algemene jaarvergadering van die raad; en

(h) om tjeks getrek teen die raad se bankrekening te mede-onderteken.

(2) Die sekretaris moet-

(a) 'n afskrif van die bevestigde en ondertekende notule van elke vergadering van die raad, die uitvoerende komitee en enige ander komitee van die raad in veilige bewaring in die kantoor van die raad hou vir 'n tydperk van minstens drie jaar na die datum waarop die notule bevestig is;

(b) elke finansiële staat in subklousule (1) (f) bedoel en alle bewysstukke en rekords met betrekking tot state van daardie aard vir minsters drie jaar na die datum van die staat hou; en

(c) die aanstellingsertifikate wat uitgereik moet word aan die persone wat deur die Minister as aangewese agente van die raad aangestel word, onderteken.

(3) Die raad kan enige bykomende beamptes en enige aantal werknemers aanstel wat nodig is om die sekretaris by te staan met die verrigting van die werksaamhede en pligte van daardie amp.

(4) Die raad kan die Minister versoek om enige aantal persone as aangewese agente aan te stel om die raad te help om enige kollektiewe ooreenkoms wat in die raad gesluit is, af te dwing.

(5) Wanneer daar twee of meer geskikte kandidate vir aanstelling in die betrekking van sekretaris of as 'n aangewese agent is, moet die raad die sekretaris of aangewese agent verkies deur 'n stemming deur middel van stembriewe te hou onder die verteenwoordigers teenwoordig by die vergadering waar die aanstelling gedoen moet word, en die kandidaat wat die grootste getal stemme ontvang, word aangestel.

(6) Die sekretaris, aangewese agente en ander beamptes en werknemers van die raad mag by die verrigting van hulle onderskeie werksaamhede nie partydig vir of bevooroordeeld teenoor enige party wees nie.

11 Panele van versoeners en arbiters

(1) Op sy algemene jaarvergadering moet die raad-

(a) 'n paneel van versoeners aanstel, bestaande uit .... lede, met die doel om geskille te versoen;

(b) 'n paneel van arbiters aanstel, bestaande uit ... lede, met die doel om geskille te beslis.

(2) Die raad kan 'n lid van die paneel van versoeners of arbiters van sy of haar amp onthef-

(a) vir ernstige wangedrag;

(b) as gevolg van ongeskiktheid; of

(c) indien minstens die helfte van die werkgewersverteenwoordigers in die raad en minsters die helfte van die werknemersverteenwoordigers in die raad ten gunste van die ampsontheffing van daardie lid gestem het.

(3) Indien daar om enige rede 'n vakature in die paneel van versoeners of die paneel van arbiters is, kan die raad 'n nuwe lid in die betrokke paneel aanstel vir die onverstreke gedeelte van die voorganger se ampstermyn.

(4) Tensy die partye by 'n geskil op 'n lid van die paneel van versoeners of die paneel van arbiters ooreengekom het om hulle geskil te versoen of te arbitreer, moet die sekretaris 'n lid van die betrokke paneel aanstel om die geskil te versoen of te arbitreer.

(5)(a) 'n Persoon kan in sowel die paneel van versoeners as die paneel van arbiters aangestel word.

(b) 'n Lid van die paneel van versoeners of die paneel van arbiters wie se ampstermyn verstryk, kan aan die einde van daardie termyn heraangestel word.

12 Geskille na die raad verwys vir versoening

(1)* In hierdie klousule beteken "geskil" 'n geskil tussen enige van die partye by 'n raad wat ingevolge die Wet na 'n raad verwys kan word, uitgesonderd 'n geskil in klousule 14 bedoel.

(2) Vir doeleindes van subklousule (1) sluit 'n party by die raad die lede van enige party by die raad in.

(3) Enige party by 'n geskil kan die geskil skriftelik na die raad verwys.

(4) Die party wat die geskil verwys, moet die sekretaris daarvan oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is.

(5) Indien die sekretaris daarvan oortuig is dat die verwysing beteken is ooreenkomstig subklousule (4)-

(a) kan hy, indien daar 'n kollektiewe ooreenkoms is wat bindend is vir die partye by die geskil en wat voorsiening maak vir 'n alternatiewe prosedure vir die beslegting van geskille, die geskil verwys vir beslegting ingevolge daardie prosedure; of

(b) moet hy 'n lid van die paneel van versoeners aanstel om te probeer om die geskil deur middel van versoening te besleg.

(6) Niks in hierdie klousule vervat, belet 'n beampte of 'n werknemer van die raad om die geskil te ondersoek of om te probeer om die geskil te versoen voor die aanstelling van 'n versoener ingevolge subklousule (5) (b) nie.

13 Geskille na die raad verwys vir arbitrasie

(1) Vir doeleindes van hierdie klousule beteken 'n geskil enige geskil tussen enige van die partye by die raad wat-

(a) ingevolge klousule 12 na 'n versoener verwys is maar steeds onbesleg is; en-

(i)* waar die Wet vereis dat die geskil gearbitreer word en enige party by die geskil versoek het dat die geskil deur arbitrasie besleg word; of

(ii) al die partye by die geskil tot arbitrasie ingestem het; of

(b) dit 'n geskil oor die interpretasie of die toepassing van die bepalings van hierdie konstitusie is.

(2) Enige party by 'n geskil kan versoek dat die geskil deur arbitrasie besleg word.

(3) Die sekretaris moet 'n lid van die paneel van arbiters aanstel om die geskil te besleg.

(4) Die arbiter kan die arbitrasie doen op 'n wyse wat die arbiter geskik ag ten einde die geskil billik en spoedig te beslis, maar moet die wesenlike meriete van die geskil met die mins moontlike regsformaliteite hanteer.

(5) Die arbitrasieverrigtinge moet geskied in ooreenstemming met die bepalings van artikels 138 en 142 en, indien van toepassing, artikels 139, 140 en 141 van die Wet, gelees met die veranderinge wat deur die konteks vereis word.

14 Prosedure vir onderhandeling oor kollektiewe ooreenkomste

(1) Enige party by die raad kan voorstelle vir die sluit van 'n kollektiewe ooreenkoms in die raad maak.

(2) Die voorstelle moet skriftelik aan die sekretaris voorgelê word en moet die ander partye by die voorgestelde ooreenkoms identifiseer.

(3) Binne sewe dae na die voorlegging van die voorstelle moet die sekretaris afskrifte van die voorstelle aan die ander partye by die raad beteken.

(4) Binne 21 dae na die voorlegging van die voorstelle moet die voorsitter'n spesiale vergadering van die uitvoerende komitee belê om die voorstelle te oorweeg en om te besluit op 'n proses om oor die voorstelle te onderhandel, met inbegrip van-

(a) die maak van teenvoorstelle;

(b) of die onderhandelinge deur die raad, die uitvoerende komitee of enige ander komitee van die raad gevoer moet word;

(c) die aanstelling van 'n versoener uit die paneel van versoeners om die onderhandelinge te fasiliteer, en

(d) die tydrooster vir die onderhandelinge.

(5) Indien daar nie op 'n onderhandelingsproses ooreengekom word nie-

(a) moet die sekretaris 'n versoener uit die paneel van versoeners aanstel om die onderhandelinge en die sluit van 'n kollektiewe ooreenkoms te fasiliteer;

(b) moet die raad binne 30 dae na die vergadering van die uitvoerende komitee ten minste twee keer vergader om oor die voorstelle en enige teenvoorstelle te onderhandel, tensy 'n kollektiewe ooreenkoms gesluit is;

(c) moet die versoener die onderhandelinge op daardie vergaderings en die sluit van kollektiewe ooreenkomste fasiliteer.

(6) Indien daar in die loop van hierdie proses of prosedure beoog in hierdie klousule geen kollektiewe ooreenkoms gesluit word nie-

(a) kan die partye by die raad-

(i) ooreenkom om die geskil vir arbitrasie te verwys; of

(ii) hulle toevlug neem tot 'n staking of 'n uitsluiting wat ooreenkomstig die bepalings van Hoofstuk IV van die Wet is; of

(b) kan enige party by die geskil wie se lede by 'n noodsaaklike diens betrokke is, versoek dat die geskil ten opsigte van die werkgewers en die werknemers wat by daardie diens betrokke is, deur arbitrasie besleg word.

(7) In die omstandighede in subklousule (6) (a) (i) of (ii) beoog moet die sekretaris 'n lid van die paneel van arbiters aanstel om die geskil te arbitreer.

(8) Die bepalings van klousule 13 (4) en (5) is van toepassing op arbitrasieverrigtinge wat ingevolge hierdie klousule gevoer word.

(9) (a) Tydens die staking of uitsluiting moet die partye by die geskil elke vergadering bywoon wat deur die versoener belê word om die geskil te besleg.

(b) Indien enige party by die geskil vender grondige rede versuim om 'n vergadering wat aldus belê is by te woon, sal die lede van daardie party-

(i) indien hulle aan 'n staking deelneem, die beskerming verbeur wat hulle ingevolge artikel 67 van die Wet sou geniet het;

(ii) indien hulle aan 'n uitsluiting deelneem, die beskerming verbeur wat hulle ingevolge artikel 67 van die Wet sou geniet het.

15 Finansies

(1) Die raad kan fondse insamel deur middel van 'n heffing op werknemers en werkgewers binne die geregistreerde bestek van die raad.

(2) Die raad moet 'n rekening op sy naam open en in stand hou by 'n bank van sy keuse wat in die Republiek geregistreer is, en-

(a) alle gelde wat hy ontvang, binne drie dae na ontvangs in daardie rekening deponeer; en

(b) die uitgawes van en alle betalings ten behoewe van die raad betaal deur middel van tjeks getrek teen daardie rekening.

(3) Die raad kan enige surplusfondse wat nie onmiddellik vir lopende uitgawes of gebeurlikhede nodig is nie, belê in-

(a) spaarrekeninge, permanente aandele of vaste deposito's in enige geregistreerde bank of finansiele instelling;

(b) binnelandse geregistreerde effekte soos beoog in artikel 21 van die Skatkiswet, 1975 (Wet 66 van 1975);

(c) 'n geregistreerde effektetrust; of

(d) enige ander wyse deur die registrateur goedgekeur.

(4) Alle betalings uit die raad se fondse moet-

(a) deur die raad goedgekeur word; en

(b) per tjek getrek teen die raad se bankrekening en onderteken deur die voorsitter of ondervoorsitter en mede-onderteken deur die sekretaris, betaal word. Die raad kan egter, by spesiale resolusie, enige verteenwoordiger in die raad, beampte of werknemer van die raad magtig om tjeks wat teen die raad se bankrekening getrek word, te onderteken of te mede-onderteken indien sowel die voorsitter as die ondervoorsitter of die sekretaris nie vir daardie doel geredelik beskikbaar is nie.

(5) (a) Ondanks subklousule (4) kan die raad 'n kleinkasrekening hou, waaruit die sekretaris kontantbetalings van hoogstens R...... by enige een geleentheid kan doen.

(b) Fondse benodig vir die kleinkasrekening kan na daardie rekening oorgeplaas word slegs deur die trek van 'n tjek wat uitgereik en onderteken is op die wyse in subklousule (4) vereis.

(c) Tensy die raad goedkeuring verleen, mag tjeks wat getrek word om fondse na kleinkas oor te plaas, nie altesaam R...... per maand oorskry nie.

(d) Die raad kan die vorm bepaal van rekords wat vir die kleinkasrekening gehou moet word.

(6) Aan die einde van elke kwartaal van die boekjaar moet die sekretaris 'n staat opstel wat die inkomste en uitgawes van die raad vir daardie kwartaal toon, en nog 'n staat wat die bates, verpligtinge en finansiële posisie soos aan die einde van daardie tydperk toon.

(7) Die boekjaar van die raad begin op 1 ... van elke jaar en eindig op ..... van die volgende jaar, uitgesonderd die eerste boekjaar, wat ... begin op die dag waarop die raad geregistreer word en eindig op .....

(8) Nie later nie as .... na die einde van die boekjaar moet die sekretaris 'n staat van die raad se finansiële aktiwiteit ten opsigte van daardie boekjaar opstel wat die volgende toon:

(a) Alle gelde ontvang vir die raad-

(i) ingevolge enige kollektiewe ooreenkoms wat ingevolge die Wet afgekondig is; of

(ii) uit enige ander bronne;

(b) uitgawes aangegaan ten behoewe van die raad, onder die volgende hoofde:

(i) Besoldiging en toelaes van sy beamptes en werknemers;

(ii) bedrae betaal aan verteenwoordigers en plaasvervangers ten opsigte van die bywoning van vergaderings deur hulle, die reis- en verblyfuitgawes deur hulle aangegaan, en die safaris of loon afgetrek of nie deur hulle ontvang nie as gevolg van hulle afwesigheid van werk omrede hulle betrokkenheid by die raad;

(iii) besoldiging en toelaes van lede van die paneel van versoeners en arbiters;

(iv) kantoorakkommodasie;

(v) drukwerk en skryfbehoeftes;

(vi) diverse bedryfsuitgawes; en

(c) die raad se bates, verpligtinge en finansiële posisie soos aan die einde van daardie boekjaar.

(9) (a) Die jaarlikse finansiële state moet deur die sekretaris onderteken word en moet deur die voorsitter mede-onderteken word en voorgelê word aan 'n ouditeur vir ouditering en vir 'n verslag aan die raad.

(b) Gewaarmerkte afskrifte van die geouditeerde state en die ouditeur se verslag moet beskikbaar gestel word vir insae by die kantoor van die raad aan lede en verteenwoordigers van die partye, wat daarop geregtig is om afskrifte van daardie state en die ouditeur se verslag te maak.

(c) Die sekretaris moet gewaarmerkte afskrifte van die geouditeerde finansiele state en die ouditeur se verslag binne 30 dae na ontvangs daarvan aan die registrateur stuur.

(10) Die sekretaris moet elke jaar 'n begroting vir die raad vir die volgende boekjaar opstel vir voorlegging aan die algemene jaarvergadering van die raad.

(11) Op die algemene jaarvergadering moet die raad 'n ouditeur aanstel om die oudit van die raad vir die volgende boekjaar te doen.

16 Likwidasie

(1) By 'n spesiale vergadering wat vir dié doel belê is, kan die raad, deur 'n resolusie wat deur die meerderheid van die totale getal verteenwoordigers in die raad aangeneem word, besluit om gelikwideer te word.

(2) By aanneming van 'n resolusie om te likwideer moet die sekretaris die nodige stappe doen om te verseker dat -

(a) daar onmiddellik by die Arbeidshof aansoek gedoen word om 'n bevel wat uitvoering gee aan die resolusie; en

(b) die raad se rekeningboeke en rekords en 'n inventaris van sy bates, met inbegrip van fondse en beleggings, oorhandig word aan die likwidateur wat deur die Arbeidshof aangestel word, en dat alles wat nodig is gedoen word om die bates, fondse en beleggings van die raad tot beskikking en onder beheer van die likwidateur te plaas.

(3) Elke party by die raad bly aanspreeklik vir enige van sy onbetaalde verpligtinge teenoor die raad soos by aanvaarding van 'n resolusie vir die likwidasie van die raad.

(4) Indien aan al die verpligtinge van die raad voldoen is, moet die raad enige oorblywende bates oorplaas na-

(a) 'n bedingingsraad binne dieselfde of 'n soortgelyke sektor, waarop daar ooreengekom is op die spesiale vergadering in subklousule (1) bedoel;

(b) die Kommissie, indien-

(i) daar geen bedingingsraad binne dieselfde of 'n soortgelyke sektor is nie; of

(ii) die partye by die raad nie daarin slaag om ooreen te kom op 'n bedingingsraad wat die oorblywende bates moet ontvang nie.

17 Verandering van die konstitusie

(1) Die raad kan hierdie konstitusie te eniger tyd verander-

(a) deur 'n resolusie aangeneem deur 'n eenparige stemming van al die verteenwoordigers in die raad oor 'n mosie om te verander wat sonder voorafkennisgewing ingedien is; of

(b) deur 'n resolusie aangeneem deur minstens twee derdes van al die verteenwoordigers in die raad nadat minstens-

(i) een maand kennis van daardie mosie om te verander aan die sekretaris gegee is; en

(ii) twee weke kennis van daardie mosie aan al die ander verteenwoordigers gegee is.

(2) 'n Verandering van hierdie konstitusie word van krag nadat die resolusie wat daardie verandering teweeg bring, ingevolge artikel 57 (3) van die Wet deur die registrateur gesertifiseer is.

18 Noodsaaklike eerste stappe

(1) Met die oog daarop om die raad vender vertraging in werking te stel en funksioneel te maak, is die bepalings vervat in die Aanhangsel by hierdie konstitusie van toepassing en moet dit gelees word as deel van hierdie konstitusie totdat daar voldoen is aan die vereistes en prosedures beoog in daardie bepalings.

(2) Enige handeling verrig ter nakoming van die bepalings vervat in die Aanhangsel word geag verrig te wees ingevolge en in ooreenstemming met hierdie konstitusie.

19 Woordomskrywing

In hierdie konstitusie het enige uitdrukking wat in die Wet omskryf is, daardie betekenis en, tensy dit uit die samehang anders blyk, beteken-

"Minister" die Minister van Arbeid;

"ondervoorsitter" die ondervoorsitter van die raad, wat, uit hoofde van daardie amp, ook die ondervoorsitter van die uitvoerende komitee is;

"sekretaris" die sekretaris van die raad;

"uitvoerende komitee" die uitvoerende komitee beoog in klousule 7;

"voorsitter" die voorsitter van die raad, wat, uit hoofde van daardie amp, ook voorsitter van die uitvoerende komitee is; en

"die Wet" die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995).

Aanhangsel

Noodsaaklike eerste stappe wat die raad moet doen

1.* Op die eerste vergadering van die raad, wat gehou moet word
....................................................................................................................
....................................................................................................................
...................................................................................................................

(a) moet die raad, deur die opsteek van hande, 'n geskikte persoon kies om as voorsitter van daardie vergadering op te tree, behoudens paragraaf (c), asook 'n ander persoon om die notule van die vergadering te hou;

(b) moet die raad die voorsitter en die ondervoorsitter en die bykomende lede van die uitvoerende komitee verkies op die wyse uiteengesit in onderskeidelik klousules 7 en 9, gelees met die veranderings wat deur die konteks vereis word;

(c) moet die nuut verkose voorsitter van die raad die stoel op die vergadering inneem;

(d) moet die raad die beamptes beoog in klousule 6 (3) (c), (d) en (e) aanstel; en

(e) moet die raad 'n ouditeur aanstel om die oudit van die raad te doen ten opsigte van sy eerste boekjaar.

2. Die sekretaris, op die wyse beoog in klousule 10 (1) (g), moet so gou moontlik 'n begroting vir die raad vir sy eerste boekjaar opstel vir voorlegging aan die volgende gewone vergadering van die raad.

[OPMERKING: Volgens bostaande modelkonstitusie moet die raad se registrasiesertifikaat, by ontvangs, aan hierdie konstitusie geheg word (kyk klousule 2). Indien dit nie aldus aangeheg is nie, is die konstitusie van 'n raad wat die model volg, onvolledig.]

Bylae 10
INSTELLINGS* BEDOEL IN ARTIKEL 32 (4)*

[Bylae 10 bygevoeg by Goewermentskennisgewing R1865 van 15 November 1996.]

1. Ntsika-ondernemingbevorderingsagentskap.

2. "Centre for Small Business Promotion".